Amper onvoorwaardelike verskoning aan Anton Bredell

“I know nothing”

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 9 April 2012. 07h43. Opdat elke man en sy hond OO deesdae wil dagvaar, vir akurate beriggewing, gaan OO nou maar verskoning vra aan Anton Bredell vir akurate beriggewing oor hom en sy ministerie… voor hý ook dreig om ‘n oorwerkte hof se tyd te mors.

Daar kom nie veel van die dagvaardreigemente nie… wonder hóékom nie!?

Kyk, OO verwag te veel van die arme Anton Bredell – hy was ‘n plattelandse burgemeester voor hy in ‘n jop aangestel is wat van die begin af te groot was vir hom en elke dag groei.

Die man dóén niks want hy wéét niks. En OO vra vandag om verskoning vir die onregverdige verwagtinge wat hierdie blog aan die arme Anton gestel het.

Hier is ‘n tersaaklike voorbeeld uit die onmiddelike verlede.

Warda Meyer, daardie deeglike joernalis van die Weekend Argus – en een met ‘n heerlike humorsin en laggie om daarby te pas – het gister berig dat Anton aan haar gesê het dat hy salig onbewus was van die multi-miljoenrandkontrak wat Oudtshoorn se munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, aan sy komryt, die ANC-streekstesourier, Major Sokopo, toegeken het… in minagting van voorraadverskaffingsbeleid en die wet.

Daarom het OO onmiddelik ‘n brief aan die voorsitter van die DA se plaaslike kiesafdelingsbestuur gestuur:

Die Voorsitter
Mnr Hannes Barnard
DA-Kiesafdelingsbestuur
Oudtshoorn

Beste Hannes

Die Independent Group-joernalis, Warda Meyer, skryf in die Weekend Argus dat Anton Bredell (die Wes-Kaapse DA-minister van plaaslike regering en die party-sekretaris in die Wes-Kaap) glo nie geweet het dat Major Sokopo ‘n multi-miljoenrandkontrak op Oudtshoorn gekry het nie.

Die arme vent! (Dis nou Bredell.)

Weet hy darem van dít, Hannes:

– Thandekile Mnyimba is aangestel as munisipale bestuurder.
– Francois Hugo is aangestel as direkteur korporatiewe dienste.
– Deon Lott is aangestel as direkteur finansies.
– Mandy Cornett is aangestel as begrotingsbestuurder.
– Zukiswa Ntile is aangestel as direkteur teginiese dienste.
– Gordon April is aangekla van diefstal – en terwyl die DA duidelik al bes gegee het dat “April uit die wip geglip het”, is Afriforum besig met ‘n privaatvervolging… April gaan verantwoording doen, al is die DA nie bereid om daarvoor te veg nie.
– Oudtshoorn se finansiële jaarstate is laat.
– Die raad het die Oudtshoorn Burgerlike Beweging máánde lank aan ‘n lyntjie gehou en geweier om antwoorde op eenvoudige vra te verskaf.
– April weier om sy verblyfskuld by die Bergoord te betaal omdat hy “die eerste burger is en verniet mag bly”.
– ‘n Onwettige begroting, volgens die DA-raadslede, wat nié van die “leierskap” verskil nie (ha-ha), is goedgekeur.
– R60,000 is aan ‘n sektariese groep gegee vir ‘n “Mighty Word Conference”.
– R313,267.99 is aan Avontuur en Genote betaal terwyl Avontuur die raad R622,640.39 skuld.

Daar is nog ander goeg ook, maar die bogenoemde is wat gebeur het sedert Bredell op 1 November gesê het…

“Together with senior officials of the Department of Local Government and the Provincial Treasury, I visited the Oudtshoorn and Kannaland municipalities yesterday and met with both the political and administrative leadership of these municipalities.

“The purpose of the meetings was to establish closer cooperation between Province and the relevant municipalities, to offer Provincial support and to resolve issues of mutual interest to the two spheres of government.

“The discussions at both these municipalities were extremely positive, open and to the point and I believe that a strong basis has been established for my Department of Local Government and the Provincial Treasury to now, on an administrative level take forward the matters so identified in the spirit of good governance.”

Die arme Bredell het duidelik nie die váágste benúl wat op Oudtshoorn aangaan nie.

Hoekom sê die DA op Oudtshoorn nie vir die Wes-Kaapse party-sekretaris (Bredell) wat op Oudtshoorn aangaan nie?

Hoekom sê die DA op Oudtshoorn nie vir die DA provinsiale minister van plaaslike regering (Bredell) wat op Oudtshoorn aangaan nie?

Hel, Hannes, ek kritiseer die arme Bredell, maar dit smaak my die arme vent weet nie wat aangaan nie!

Hoekom lig julle hom nie in nie!?

Jy kan tog nou sekerlik nie verwag iemand so belangrik soos Bredell moet OO lees nie!?

Ag nee man, Hannes! ‘n Mens maak nie só nie: ‘n Mens verneder nie iemand só nie!

Dis nie… Christelik nie!

Vertel vir Anton wat aangaan, man!

Ek is seker Anton sal energiek optree as hy net íngelig is!
_______________

Ek wonder, my lankmoedige lesers wat ondernemings besit en bestuur, of julle sorg dat julle wéét wat in julle ondernemings gebeur; wat in julle takke gebeur; wat in julle sektore gebeur; wat in julle industrieë gebeur?

As jý nie weet nie, Anton Bredell, gee pád man, en maak spasie vir iemand wat die jop kán en wíl doen!

Onder hierdie omstandighede is die plaaslike DA se enigste reaksie op OO se aanklagte dat die DA en die DA se tersaaklike leiers en woordvoerders die ANC se soustrein op Oudtshoorn stook, dat OO verkeerd verstaan en dat OO nie verstaan hoe moeilik die arme DA-funksionarisse se werk is nie en hier te kort en daar te lank en dat OO in elk geval die woorde van die DA-praters (nié dóéners nie; nóóit dóéners nie) hé-lé-mál verkeerd verstaan en dat OO sommer aspris is.

Wat ‘n useless lot!

Maar jammer, gehoor Anton, dat OO sulke onredelike verwagtinge van jou het. OO besef dat jou hande afgekap is en die stompies agter jou rug vasgemaak is en dat die ANC báie sterk is en dat jy niks kan doen nie.

Hel man, gaan net wég!

Is dit te veel gevra dat die provinsiale minister ten minste sal weet wát op Oudtshoorn áángaan!? Mense in sy kantoor lees OO élke dág!

En om die kroon te span: Bredell was óp Oudtshoorn – om te KKNK – toe die Sokopo-storie gebreek het!

Waar’s Bredell nóú!?

Wat was Manuel te skreeusnaakse verskoning altoos aan Basil Fawlty van Fawlty Towers: “I know nothing , Mr Fawlty, I know nothing!”

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Amper onvoorwaardelike verskoning aan Anton Bredell

  1. Hannes, Hannes, Hannes !!!

    Die mense (ek ok) vra baie baie vrae aan jou, ook aan Bredell, maar jul is soooooooo doodstil en morsdood !
    Wil jy vir ons se hoekom ?

    Die nuutste rondgaande spekulasie is wie eerste gaan loop (padgee is dalk meer gepas), Hannes of Bredell ?
    As jy regraai (en teen wanneer )wen jy n Datsun !! As beide gelyktydig loop en jy raai dit reg is daar n gratis vakansie vir beide Bredell en Hannes op Deyseldorp vir twee weke. What a bargain – maar julle moet eers vanself loop menere, want as jul afgedank word is daar geen pryse en sal jul dalk, wie weet, moet inbetaal !!

  2. Hannes Swanepoel – As jarelange DA ondersteuner wil ek u meedeel dat ek net soos baie ander DA lede op Oudtshoorn met reg uiters teleurgesteld is met die sogenaamde dienslewering van die DA Raadslede en veral die Traak my nie agtige houding van ons Wes Kaapse leiers.
    Hoe is dit moontlik dat OO, Afriforum, OBB en ander organisasies op Oudtshoorn korrupsie en wanadnibistrasie ontbloot by Oudtshoorn Munisipaliteit waarvan die DA Raadslede skynbaar nie bewus is nie of wil hulle nie daarvan bewus wees nie.
    Die grootste verleendheid is dat wanneer hierdie korrupsie en wanadministrasie ontbloot word,wil die DA geen kommentaar lewer nie en wil ook niks daaraan doen nie.
    Hannes hoe hoe is dit moontlik dat daar van die kiesers verwag kan word om weer vir die DA te stem by die volgende verkiesing of tussen verkiesing.
    Oudtshoorn verdien baie beter leiers , leiers wat diep spore kan trap en bewys dat hulle korrupsie en wanadministrasie met woord en daad beveg.
    Dit is mooi as ‘n Raadslid so af en toe wys dat hy bossies skoffel om ‘n wyk skoon en mooi te maak, maar dit is baie belangriker dat die onkruid en parasiete wat Oudtshoorn Munispaliteit versmoor en doodmaak uitgeroei word.

  3. Miskien moet “OO” sy nuut ontvangde ANC lidmaatskap aanwend (gebruik) en sy besorgdheid oor Thandekile Mnyimba se onwetige optrede aan die “komryts” wat hom hier geplaas het rapporteer. (“OO” skryf dan sulke oulike briewe). En dan kyk ons wat maak die “komryts” met die optrede van hul “Golden Boy”.

  4. Die maklikste manier om nie verkeerd te doen nie, en nie polietiese tone te trap nie, is om niks te doen nie. Anton het tot dusver niks verkeerd gedoen nie. Die DA van Oudtshoorn het ruggrate, net jammer dis vergelyk baar met die van n adder, buigsaam en slap.

  5. Snaaks hoe vinnig mens die pad ken na Oudtshoorn as jy gratis kaartjies en etes tydens die KKNK kan kry.

  6. OO- ek weet nie wie lieg nie maar iewes slaap ‘n haas, die probleem is egter dat dit wil lyk asof die DA raadslede op Oudtshoorn nie oor die nodige ruggraat beskik wat die kiesers van hulle verwag nie. Hannes hoekom is dit nodig dat AFRIFORUM die saak teen Goron April verder voer terwyl die DA arms gevou sit en Gods water oor Gods akker laat loop. Hannes wat gaan die DA doen oor die onwettige kontrak wat Thandekile Mnyimba aan sy vriend Major Sokopo toegeken het sonder dat die regte prosesse gevolg is. Gaan die DA weer arms gevou sit en wag dat Afriforum die leiding neem met regstappe of het julle die ruggraat om iets daaraan te doen, of het julle ook nog niks daarvan geweet nie!!!!!!!!!!!!!Dit help nie om vergaderings in die gemeenskap te hou met mooi beloftes en julle wys nie wat julle doen aan dit wat werklik saak maak nie, so skrik wakker terwyl julle nog kan asseblief, dit is nie OO wat julle beeld skaad nie maar die ANC en julle lafhartige, ruggraatlose onvermoë om iets daadwerklik te doen om ‘n verskil te maak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s