Oudtshoorn en Modimolle

Soek die verskil…

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 7 April 2012. 11h35. Só sê adv Renier van Rooyen, senior staatsaanklaer, aan die drie mans wat daarvan aangekla word dat hulle Johan Kotzé bygestaan het in die aanval op Ina Bonette op Modimolle (Nylstroom) op 3 Januarie vanjaar: “Julle is lafaards. Julle het meer as ‘n uur gestaan en níks gedoen terwyl ‘n vrou… gemartel is.”

Staan en kyk is presiés wat Helen Zille en Theuns Botha en Anton Bredell en Marius Fransman doen: Staan en kyk hoe Oudtshoorn verkrag word sonder om ‘n vinger te veroer.

Verkrag!?

Inderdáád:

– Thandekile Mnyimba is aangestel as munisipale bestuurder.
– Francois Hugo is aangestel as direkteur korporatiewe dienste.
– Deon Lott is aangestel as direkteur finansies.
– Mandy Cornett is aangestel as begrotingsbestuurder.
– Zukiswa Ntile is aangestel as direkteur teginiese dienste.
– Gordon April is aangekla van diefstal – en terwyl die DA duidelik al bes gegee het dat “April uit die wip geglip het”, is Afriforum besig met ‘n privaatvervolging… April gaan verantwoording doen, al is die DA nie bereid om daarvoor te veg nie.
– Mnyimba en Human se aanstellings is in die hooggeregshof bevraagteken – en Bredell het die aansoek om die aanstellings ter syde te stel ondersteun!
– Oudtshoorn se finansiële jaarstate is laat.
– Die raad het die Oudtshoorn Burgerlike Beweging máánde lank aan ‘n lyntjie gehou en geweier om antwoorde op eenvoudige vra te verskaf.
– April weier om sy verblyfskuld by die Bergoord te betaal omdat hy “die eerste burger is en verniet mag bly”.
– ‘n Onwettige begroting, volgens die DA-raadslede, wat nié van die “leierskap” verskil nie (ha-ha), is goedgekeur.
– R60,000 is aan ‘n sektariese groep gegee vir ‘n “Mighty Word Conference”.
– R313,267.99 is aan Avontuur en Genote betaal terwyl Avontuur die raad R622,640.39 skuld.
– Mnyimba ken ‘n multi-miljoenrandkontrak toe aan sy komryt, die streekstesourier van die ANC, sonder om hom aan die verskaffingsbeleid of die wet te steur.

En dís maar net sedert Bredell se ondersteunende geluide vir die Gordon April-administrasie op 1 November verlede jaar!

Nie net staan Zille, Botha, Bredell en Fransman en kyk hoe Oudtshoorn verkrag word nie, Bredell, en die DA se Wes-Kaapse segsman oor plaaslike regering, Johan Visser, maak gemoedelike geluidjies onder die wreedaardige gepomp!

Maar hulle bedoel dit glo nie regtig “só” nie.

Zille, Botha, Bredell, Fransman: Lafaards!

Oor ordentlikheid (decency) in kritiek op die politiek voel ek soos Carol Shields oor “sincerity” voel in haar boek Unless: “Decency? Decency’s over. Decency’s lost whatever edge it had. I will never again be pointlessly, endlessly decent”…  about politics.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Oudtshoorn en Modimolle

  1. Strains of Faulty Towers – and the famous exchange bewteen Manuel and Faulty on the lost 100 pounds –

    “Oh noooo Mr Faulty – I know nooooothing!”

    —-just not as funny though!

  2. OO, soek die verskil?

    Op Modimole het daardie lafhartige vernederende en angswekkende lyding vir meer as n uur geduur wat lewenslange littekens gaan laat.

    Op ODN duur die pyniging al vir JARE en die politici kyk gerieflikheidshalwe annerkant toe met net meer lee beloftes elke 5 jaar en………..
    Hannes BARNARD is so stil………….
    Sal graag wil weet wat hy hieroor te se het en waarop gaan hy fokus na die Paas, aangesien Zille Bredell en Fransman blykbaar lankal ALLE FOKUS verloor het !!!!!!!!!!!!

    UITSLAG: Uiteindelik gaan iemand LOOP, tyd sal leer wie (tensy sommige gedwee willens en wetens willekeurig toelaat dat hul gewetens ook tegelykertyd ook oor en oor verkrag gaan word, want die trog waar almal lustig vreet, is belangriker, of hoe ??)

    Ja jul’t my reg gehoor, OF HOE, OF HOE, OF HOE, OF HOE ?
    Spreek, die dade en gepaardgaande stilte is OORVERDOWEND !!
    Integriteit ! Wat is dit ????

  3. Skrikwekkende berig.

    Ongelukkig spot on.

    Jy maak seer, OO. Jy maak baie, baie seer.

    Waar ek ook al kyk bloei die liddorings.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s