So deurmekaar soos groentesop

Die minister weier om die sweep te klap;
nou klap die sweep maar die minister

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 2 April 2012. 06h40. Bid jou aan!

Die DA-sweep van Oudtshoorn weier dat sy koukus werkswinkels en vergaderings bywoon wat deur Oudtshoorn se uitnemende bestuurspan (Gordon April; Mpho Mogale, nou vervang deur Thandekile Mnyimba; Johannes Stoffels; en Vlancio Donson) gereël word.

Die Wes-Kaapse DA-minister van plaaslike regering, Anton Bredell – hy is ook die DA se provinsiale sekretaris, het op 1 November verlede jaar sy steun aan dié bestuurspan toegesê: “The discussions at both these municipalities were extremely positive, open and to the point and I believe that a strong basis has been established for my Department of Local Government and the Provincial Treasury to now, on an administrative level take forward the matters so identified in the spirit of good governance.” (Klik hier vir die volledige verklaring.)

En op 29 Februarie – nou-die-dag-wannir – het die DA se Wes-Kaapse segsman vir plaaslike regering, Johan Visser, gesê dat Oudtshoorn se bestuurspan stabiliteit in die munisipaliteit vestig. (Klik hier vir die volledige verklaring.)

Nou vra OO met moerse trane wat onwillekeurig oor sy dik wangetjies biggel: Wáár kom Chris MacPherson aan die aanmatiging om sy minister van plaaslike regering; en sy provinsiale party-sekretaris; en sy party se provinsiale woordvoerder oor plaaslike regering so blatant teen te staan en te weier om vergaderings by te woon wat deur die uitnemende munisipale bestuurspan van Oudtshoorn gereël word!?

MacPherson behoort summier geskors te word! Party-gesag kan mos nie so ondermyn word nie!

So wragtag, op 28 Maart, maar net ‘n máánd nadat Visser so opgewonde oor Oudtshoorn se bestuurspan geraak het, en ‘n dag nadat die DA-raadslede die dream team van onwettighede beskuldig het, skryf MacPherson dié onbeskofte woorde aan die speaker: “Dit is verregaande dat u verwag dat ons ‘n werkswinkel en spesiale raadsvergadering moet bywoon…”

En dan gaan MacPherson selfs nog vérder en kritiseer die juiste bedryfsoptrede van die dream team: “Ons wil dit ook duidelik aan u stel dat u die Speaker is en nie die munisipale bestuurder nie en dat uitnodigings aan raadslede vanaf u behoort versend te word…”

Ag nee sies man Chris man!

En wat doen die DA se kiesafdelingsbestuur aan hierdie weerspannigheid; hierdie insubordinasie!?

Wat doen die voorsitter, Hannes Barnard, om partybeleid op Oudtshoorn te vestig?

MacPherson meen duidelik dat Bredell ‘n kartonhouer is en Visser ‘n boks.

MacPherson moet geskors word!

OO het reeds Saterdag aan Barnard geskryf:

Die Voorsitter
Mnr Hannes Barnard
Die DA-kiesafdelingsbestuur
Oudtshoorn

Beste Hannes

Ek wou nou ‘n lekker brief skryf en met Wittgenstein afgeskop het en so, maar ek is te gatvol. En ek het boonop ‘n onderste lugweginfeksie ook wat my skuins teen die grond bedonerd maak terwyl ek einlik al wou ge-KKNK het.

Bredell het op 1 November en Johan Visser op 29 Februarie gesê Oudtshoorn se bestuur is heel hônkiedôrie.

Niemand het nog daarop gereageer nie en ek sou seker ook nie as ek Zille, Botha, of Bredell was nie want wat de hel moet ‘n mens nou sê?

Maar die plaaslike DA-raadslede se houding is vir my so, soos die apostel Paulus gesê het, ‘skubala’ – kak.

So wragtag weier hulle per brief op 28 Maart om ‘n werkswinkel en spesiale raadsvergadering by te woon wat deur Oudtshoorn se kompetente bestuurspan (wat die ondersteuning van beide Anton Bredell en Johan Visser het, maaind joe) geskeduleer is!

Ag nee man, Hannes, man!

Hoe kan die DA-koukus so aanja as die DA-leiers so tevrede is met die manier waarop Oudtshoorn bestuur word?

Op grond wáárvan het die DA geweier om Bredell en Visser se bestuurshelde se opdrag te veronagsaam?

Kyk of jy dié slag iewers van iemand ‘n antwoord kan kry, ‘seblief Hannes.

Hopelik drink ons mekaar iewers dié week raak.

Want drínk is ál wat oorbly in die patetiese politiek van Oudtshoorn.

Ai, ek het lekker verwysings gehad na Wittgenstein en Blackadder wat ek nou nie gebruik nie. Andermaal, perdalkies.

Maar wat werklik verstandsverstommend is, is die feit dat Zille en Botha en Bredell en Selfe en dié snare meen OO se opstandigheid is onnodig.

Verstandsverstommend?

Gemoedsbekakkend.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “So deurmekaar soos groentesop

  1. Dankie guardian vir die versekering. Ek sal egter graag OO se aandag wil vestig op die rol van ou Worsie – Vuyisa Foreplay in die hele skandaal. Ek hoor Worsie is n lid van die provinsiale bestuur van die ANC en hy vertel wyd en suid vir almal dat hy deesdae “in besigheid is”. Het mnr Worsie enige persoonlike finansiele voordeel getrek uit hierdie skandaal? Het mnr Worsie die toekenning van die “deviation” aan Major gefasiliteer, en het hy enige finansiele voordeel daaruit getrek? Dit is sommige van die vrae wat beantwoord moet word !

  2. Jenson., moenie OO onderskat nie. As hy in sy afwesigheid “real time” verslaglewing kan doen van vergaderings wat hy by verbied was, hoe dink jy gaan die ondersoek lyk?

  3. Ek hoor by my pelle dat n horde woedende ANC ondersteuners afgelope Vrydag vir Mnyimba trompop geloop het in die gange van beroerdplein oor die aangeleentheid. Hulle het hom na bewering gyselaar gehou en gedwing om met die sak patats vorendag te kom en te erken dat hy die “deviation” alreeds op 1 Maart geteken het. Selfs in ANC kringe is daar blykbaar ongekende woede daaroor. Hulle het seker rede want terwyl werkloosheid en armoede hoogty vier, terwyl ons paaie verkrummel kom hoogeplaaste ANC leiers soos Major en steel brood van ons tafel af. Die 25% tarief wat Major kry beloop miljoene rande oor die tydperk van 3 jaar wat sy maatskappy op n skelm ondeursigtige onwettige manier aangestel is. Hierdie geld kon beter aangewend word vir broodnodige dienslewering. OO en dit terwyl die si useless daagliks in die gange van beroerdplein ronddwaal. Miskien is dit n wekroep vir die OBB en ander dat memorandums oorhandig en briewe skryf nie gaan werk by die onbeholpe spul nie.

  4. He-he-he… OO is al veeeeeer gevorder met dié ondersoek.

    Watch this space!

  5. Ek hoor by my pelle dat Mnyimba onlangs n grooot tender toegeken het aan die ANC streeks kassier ene Major vir die die invordering van BTW verskuldig aan die munispialiteit vanaf Sars. Hoe de hel ! En dit sonder om enige tender proses te volg. Dit is glo op sogenaamde “deviation” gedoen. Wat is so dringend en emergency om n multi miljoen rand tender te gee op “deviation”? Daar is so baie kundigheid binne die Munisipaliteit – waarom moes hulle n buite maatskappy kry? Waarom spesifiek die maatskappy wat behoort aan die ANC se streeks kassier?Die maatskappy wat op “deviation” aangestel is kry glo 25 % van alle btw geld wat hulle by Sars invorder. Dis daylight robbery ! Ek ruik n groot rot en ons kan nie toelaat dat die komryts ons belasting geld so onverpoos wegdra nie. n Volledige ondersoek moet gelas word na die aangeleentheid en as daar sprake is van wanadministrasie moet Mnyimba onmidellik afgedank word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s