Sakekamer-voorsitter verwelkom feesgangers

“Oudtshoorn het die Absa KKNK nog nooit so nodig gehad as vanjaar nie”

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 31 Maart 2012. 09h00. Mnr André van Greunen, voorsitter van die Oudtshoorn Sakekamer, het Donderdag aan OO gesê dat die dorp die Absa KKNK nog nooit so nodig gehad het as onder vanjaar se ekonomiese omstandighede nie.

“Oudtshoorn Sake loop tans behoorlik deur” het Van Greunen gesê.

Hier is die voorsitter se volledige v erklaring:

Die wêreldwye ekonomniese verval laat Oudtshoorn se toerisme-bedryf kromtrek. Die voëlgriepvirus het ons boere in ‘n doodsgreep en ons georganiseerde landbou kou harde bene.

Daarom is die Absa KKNK vanjaar meer as net ‘n ekonomiese inspuiting vir Oudtshoorn; die Absa KKNK is vanjaar ‘n ekonomiese hartomlyding!

Die fees fokus aandag op Oudtshoorn en ek hoop, soos Eitemal Shakespeare vertaal het, Die spel is nou die ding Waarmee ‘k die koning se gewete dwing.

Voltaire het gesê dat die kunste almal broers is: die een gee lig aan die ander. Soos die Absa KKNK die kunste laat bymekaarkom hoop die sakekamer dat die fees ook die mense van Oudtshoorn sal laat bymekaarkom.

Oudtshoorn het Absa KKNK nódig!

En Oudtshoorn se hotelle en gastehuise en kampeerterreine; Oudtshoorn se restaurante; Oudtshoorn se winkels; Oudtshoorn se skole; Oudtshoorn se mense staan reg om feesgangers se tyd op Oudtshoorn onvergeetlik te maak.

Die Oudtshoorn Sakekamer verwelkom elke feesganger en hoop dat almal Absa KKNK 2012 sal onthou vir heerlike kuier; voortreflike produksies; en uitsonderlike dienslewering van die ondernemings op Oudtshoorn.

Die sakekamer wens Brett Pyper en Rhodé Snyman en hulle begaafde span by die KKNK-kantoor hartlik geluk met wat verseker nóg ‘n suksesvolle fees gaan wees. Toewyding kenmerk hierdie mense; feesgangers sal dié toewyding ook op Oudtshoorn se sakepersele ervaar.

Absa KKNK 2012 is gróén! Hierdie inisiatief hou besonderse voordele in vir sake en die sakekamer nooi feesgangers uit om hulle koolstof-voetspoor by die Trapsuutjies-tent by die Absa Wynsaal te bepaal.

Besoek gerus die sakekamer se kantore langs die toerismeburo en ons vertel jou van sakegeleenthede op Oudtshoorn!

Mag jy Oudtshoorn vanjaar só geniet dat jy sommer wil aanbly!

Of dat jy ten minste weer sal kom kuier. Die mense van Oudtshoorn wil feesgangers ook graag sien tydens ons hemelse winters met wolklose sonskyn en snoesige aande vol kuiervure en plaaslike produkte wat ons nie meer Port mag noem nie!

Feesgroetnis!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s