AfriForum vervolg Gordon!

Die standerd vier-klong word privaat vervolg!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 28 Maart 2012. 12h55. Die plaaslike voorsitter van AfriForum, George Kersop, het Maandag amptelik dokumente op die hoofstaatsaankler van Oudtshoorn, me Carol Coetzee, beteken om die privaatvervolging van die Verleentheid van die Groter Oudtshoorn, Gordon April, af te skop.

Coetzee moet nou die polisie-dossier en ‘n sg nolle prosequi-sertifikaat, wat bevestig dat die NVG April nie gaan vervolg nie, aanvra om die privaatvervolging te begin.

Die DOV het vroeër geweier om April te vervolg op diefstalklagtes wat spruit uit die gebruik van munisipale eiendom. April is op 23 Desember verlede jaar gearresteer en het dieselfde dag in die hof verskyn.

OO het reeds op 8 Maart berig dat AfriForum teen April gaan optree.

Intussen is dit nog onduidelik of April al sy rekening by die Bergoord betaal het – vir die Verleentheid se vakansieverblyf vir Desember 2010 én Desember 2011.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “AfriForum vervolg Gordon!

  1. Dit lyk asof privaatvervoilgings dalk een van die dae die aangewese sal wees want die DOV is blykbaar te bang om teen comrades op te tree.Ek hoop van harte dat hierdie n suksesvolle vervolging gaan wees sodat ander hogeres bietjie meer in hul spooor sal trap.

  2. Pragtig.
    Dis die enigste manier om Korrupte “Entitlement ” te stop en seker te maak ingevorderde belastings word eweredig op die hele ODN bestee. So word onbevoegde trogvreters in hul spore gestop omdat hul die gemeenskap wat die swaarste kry besteel en stroop !!!!!!!!. Diesulkes behoort in die TRONK – Punt !!

    Dankie OO en hou aan om die publiek in te lig.
    Sterkte !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s