Eljada-beskuldigde kry borg

Landdros meen dit sal ‘n miskenning van die reg wees indien die beskuldigde in aanhouding bly.

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 23 Maart 2012.

15h08. Landdros venter staan borg van R500 toe.

Die saak word uitgestel tot 26 April vir verdere ondersoek.

15h05. Landdros Venter vra die beskuldigde na sy stelling dat die ondersoekbeampte voorgestel het dat hy R500 borggeld beskikbaar moet hê. Die verdagte bevestig dit.

Van der Bergh vra dat borg van R500 toegestaan word.

15h02. Die aanklaer het verskeie vrae. Oor die verdagte se gesondheid (“you are sick?”) en sy omstandighede.

Die ondersoekbeampte het bykans ‘n halfuur geneem om die klagtes aan hom te verduidelik, sê die beskuldigde.

Hy is aangesê om Donderdagoggend by die hof te wees en dat hy dan gearresteer sou word.

Hy herhaal dat hy nie skuldig sal pleit nie: “Beslis nie.”

14h55. Die beskuldigde getuig dat een van die Eljada-kinders se pa hom gevra het om die kind se peetpa te wees, indien die pa te sterwe sou kom.

Hy sê dat daar geen rede is vir hom om op Eljada se perseel te kom nie, of om met enige van die klaer(s) of getuies kontak te maak nie.

Hy sal nie met die klaer(s) of getuies of die saak inmeng nie.

Hy sal terugkom hof toe wanneer die hof dit vereis, selfs al sou hy skuldig bevind word, asa die hof hom op borg vrylaat.

Daar is geen hangende sake teen hom nie en hy het geen rekord nie.

Hy sê hy het R500 beskikbaar as borg, ‘n bedrag wat doe ondersoekbeampte voorgestel het.

Hy is nie by sy huis in hegtenis geneem nie, maar het om 08h00 gister by die hof aangemeld. Hy het nie gevlug nie.

Van der Bergh volstaan.

14h47. Van der Bergh stel dit aan sy kliënt dat daar waarskynlik 2 klagtes teen hom gebring word wat verband hou met seksuele misdrywe sedert 2010.

Die beskuldigde sê hy is bewus van die klagtes en dat hy skuld sal ontken en dat hy nie daaroor gaan praat nie.

14h40. Die beskuldigde word nie oor die klagtes teen hom gevra nie; slegs oor sy en sy eggenote se omstandighede en gesondheidstoestand.

14h32. Die aanklaer gee toe dat “uitsonderlike omstandighede” heers.

Van der Bergh gaan voort met die borg-aansoek en bied die beskuldigde se getuienis aan.

14h21. Die aanklaer meen dat die feit dat die Staat nie gereed is om voort te gaan nie, genoegsame rede is vir die hof om die aansoek uit te stel.

Van der Bergh sê dat die hof het gister gelas dat die ondersoekbeampte teenwoordig moet wees.

Landdros Venter sê dat die hof reeds vanoggend uitstel toegestaan het tot vanmiddag om die ondersoekbeampte geleentheid te gee om teenwoordig te wees.

Landdros Venter verdaag die hof tydelik.

14h12. Christo van der Bergh argumenteer dat sy kliënt se regte nie ondergeskik moet wees aan die ondersoekbeampte se werk elders nie.

Hy haal onlangse regsgesag aan dat uitstel nie eenvoudig sonder grondige redes toegestaan behoort te word nie.

Hy sê dat hy die hof reeds gister toegespreek het oor die belang van geregtigheid wat nie gedien sal word indien sy kliënt in aanhouding bly nie.

14h08. Die staatsaanklaer sê dat die Staat nie gereed is vir die borgaansoek nie en dat die ondersoekbeampte nie teenwoordig kan wees nie.

Die Staat stel voor dat die saak tot Woensdag uitgestel word.

14h04. Die beskuldigde gesels met ondersteuners wat net agter die beskuldigdebank sit.

Landdros Mia Venter neem haar plek in.

14h02. Die beskuldigde en sy prokureur, Christo van der Bergh, is in druk gesprek.

14h00. Die beskuldigde word ingebring.

13h56. Die beskuldigde se regsverteenvoordiger en die staatsaanklaer is reeds in die hof, saam met enkele waarnemers in die galery, waaronder Hein Coetzee van Son.

11h00. Die borgaansoek begin om 14h00 vanmiddag en OO sal uit die hof berig.

Die beskuldigde het gister in kettings in die hof verskyn en na ‘n onderonsie tussen die Staat en die verdediging is die kettings tydens die verskyning verwyder en is die verdagte weer geketting om selle toe te gaan.

Die saak maak groot opslae en word reeds druk bespreek.

Die beskuldigde het die Oudtshoorn Courant en die koerant se destydse redakteur, Christo Vermaak, vir R1m gedagvaar nadat die Courant ‘n paar jaar gelede oor molesteringklagtes teen die verdagte berig het.

Oudtshoorn. 22 Maart 2012. 16h30. Die beskuldigde wat na bewering twee manlike inwoners van die Eljada Instituut seksueel gemolesteer het, bly in aanhouding nadat hy vanoggend gearresteer is en om 14h00 vanmiddag in die hof verskyn het.

Artikel 50 van die strafproseswet maak voorsiening dat ‘n beskuldigde tot 7 dae in aanhouding kan bly voor ‘n borgaansoek aangehoor moet word en die staat het vanmiddag betoog dat die ondersoekbeampte nie voor volgende Vrydag beskikbaar sal wees vir ‘n borgaansoek nie.

Mnr Christo van der Bergh, vir die beskuldigde, het aan die hof gesê dat sy kliënt reeds 15 jaar gelede ‘n hartaanval gehad het en dat sy voortgesette aanhouding nie in belang van geregtigheid is nie.

Landdros Mia Venter het gelas dat die borgaansoek môre, Vrydag, aangehoor sal word.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “Eljada-beskuldigde kry borg

  1. @sadruid. Verduidelik gou asb wat jy onder VERSTANDELIK/LIGGAAMLIK GESTREMDES? Van die mense by eljada het die verstand van ‘n 4 jarige kind.

  2. sadruid – ons sal die ou wat die mense by Eljada misbruik, op jou sit dan sal jy met iets erger as ” dislexsies ” sit.

  3. Vir die wat hom reeds skuldig befind het, ek hoop; jul was daar om dit te sien. As jul bietjie deur die hof blaaie gaan sal jul sien hoe die wet misbruik word. Weet jul hoeveel lewens verwoes is deur jul veroordeelings. Sal jul netso gou wees om die persoon wat jul vertrap weer op te help as die onskuldig is, of net skouers optrek en aangaan as of jul optrede geen nagevolge het nie? Dink maar aan die Jurie Els / Robby Klay saak?

    Ek praat die dade nie goed nie, maar soms is die beskuldige die slagofer, en die “slagofer” die misbruiker. Die “slagofer” vertel die storie, en die staat vat oor, alles word gedoen om die “slagofer” te beskerm, die gemeenskap ondersteun. Die beskuldige verloor sy inkomste/werk, word deur die staad beperk, die gemeenskap veroordeel, verag, en verwerp. Die beskuldige moet oorleef sonder ondersteunnig en teen depressie bekly.

    As die saak verby is tot 2 jare later en nie skildig nie, Loop die “slagofer” net weg en gaan aan asof niks gebeur het nie. Die beskuldigde, moet nou weer van voor begin, inkomste kry om regskoste te dek.

  4. Jammer, Maria, die beskuldigde moet eers pleit. Die saak is uitgestel tot 26 April. Dis nog onseker of hy dan sal pleit.

  5. Dis n miskenning van die slagoffers se reg om die beskuldigde agter tralies te sien.Hoe weeg die slagoffers se verontregting op teen die beskuldigde se reg .OO ontmasker die beskuldigde se identiteit,groot asseblief!Dis ons reg om te weet wie hy is!

  6. Die verdagte se hart het hom nie geplae toe hy die inwoners seksueel gemolesteer het nie.Die persoon hoort in die selle en tronk sodat hulle van die vark ‘n vrou maak, miskien koel hy dan af.

  7. Ek hoop tog nie hy gaan ook n Schabir Shaik of Jackie Selebe front voorgooi nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s