Korrupsieklagtes teen Zuma mag hersien word

Die DA gee Zuma ‘n opstopper

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Media Statements and opinion on the SCA Judgement

Why the SCA’s judgment is of seminal importance – Helen Zille

DA using courts to try and paralyse govt – ANC

DA using courts to destabilise govt – SACP

SCA decision in DA appeal ‘no surprise’

“Why are folks getting excited about the SCA ruling? It makes no pronouncement on the merits of Mpshe’s decision.” ~ Eusebius McKaiser, political analyst.

“Anyone who wishes to use SCA judgment for party political point-scoring would be doing a disservice to our country.” ~ Mac Maharaj.

Oudtshoorn. 20 Maart 2012. 12h20. Die Appèlhof het vanoggend beslis dat die Nasionale Vervolgingsgesag die rekords oor die opskorting van kriminele klagtes teen president Zuma openbaar moet maak.

Die NVG moet ‘n verkorte weergawe van die besluit om die korrupsieklagte teen Zuma te laat vaar, aan die aansoeker, die DA, voorlê.

Dit beteken dat die Appélhof in ‘n eenparige besluit, geskryf deur regter Mohamed Navsa, bevind het dat die NVG se besluit van 6 April 2009, om korrupsieklagtes teen Zuma terug te trek, inderdaad in die hooggeregshof hersien kan word.

Die hof het ook bevind dat die DA die reg het om in sy eie, en in die openbare belang, op te tree en geregtig is om met die klagtes teen Zuma voort te gaan.

Die uitspraak lui dat dit in ‘n demokrasie van fundamentele belang is dat die NVG in ooreenstemming met konstitusionele voorskrifte optree.

Die korrupsieklagtes is destyds laat vaar toe die NVG bevind het dat die ondersoek politiek-gedrewe was.

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het destyds gesê: “This decision is a victory for the rule of law, decency and common sense.”

Die hoofaanklaer, Mokotedi Mpshe, het die besluit só verduidelik: “I have come to the difficult conclusion that it is neither possible nor desirable for the NPA to continue with the prosecution of Mr Zuma,”

Transkripsies van telefoongesprekke tussen die destydse NVG-hoof, Bulelani Ngcuka, en die hoof van die gewese Skerpioene, Leonard McCarthy, sou glo aangedui het dat die tydsberekening van die aanklagte daarop gemik was om Zuma soveel moontlik politieke skade te berokken.

“Mr McCarthy used the legal process for a purpose outside and extraneous to the prosecution itself. It was pure abuse of process,” het Mpshe gesê.

Hellen Zille het onmiddelik na die destydse NVG-besluit aangedui dat die DA die beslissing sou beveg en het só gereageer: “What we’ve seen here today is an abuse of the NPA’s role. What we have seen here today is a show trial two weeks before an election by the National Prosecuting Authority using a press conference as if it’s a court of law.”

Die BBC se Afrika-analis, Martin Plaut, het destyds gesê dat die Suid Afrikaanse regstelsel, ondanks oorweldigende getuienis (“mountains of evidence”) onbevoeg was om ‘n saak te hanteer wat ten nouste saamgehang het met die interne werkinge van die regerende party, die ANC.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het in 2011 in die guns van die NVG beslis nadat die DA die NVG se besluit in dié hof bevraagteken het, maar het die DA die reg om te appelleer toegestaan. Die saak is nou na dieselfde hof terugverwys.

Volgens Karyn Maughan van eNews het die NVG pas gesê dat hy by Mpshe se destydse beslissing om Zuma nie te vervolg nie, staan.

Zuma moet die DA se regsonkoste betaal.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Korrupsieklagtes teen Zuma mag hersien word

  1. Dit, sadruid, is eintlik presies soos ek ook oor die saak voel.

    And the fact that the DA’s own Travelgate MP Manie van Dyk was found not guilty on all the charges by DA DC doesn’t help to abate my concerns. (He is the MP who claimed high mileage.)

  2. Ek weet nie of ek moet juig of moet huil nie. Juig vir geregtelikheid, huil want as die DA nie eers n burgermeester sonder n kloe, op sy plek wil/kan sit nie, wil hul dit met JZ doen, en hy ken van die houe te vat maar nie te gaan le nie. Die DA gaan hulp nodig kry,om te koup, en Bahdies a Baan en n mal emma mag die stelling van, n vyhand van my vyhand is n vriend, vul.

  3. Ek veronderstel ons regstelse faal ons in baie opsigte & die DA is seker geregtig om n saak op appel te vat & hopelik n plig teen oor hulle kiesers …ook dat dit plus sal wees as die DA n punt aan die volk sal kan bewys…my opinie is as volg: dit kan tot groot chaos afgee ,dit kan ook baie bewys aan die stelsel dat kan betwis word…maar wat is die kanse dat ons n beslissing gaan kry indien die DA wel n saak sal kan bewys…ek dink dit is n politieke “ploy” om ons president se vuil wasgoed te openbaar & dis n politieke punt kan bewys….so go for it for what it’s worth DA……….

  4. Smart move
    Whether now or later when Zuma leaves the Presidency , either voluntary or forced out, his chickens will come home to roost.

    He knows it very very well, is panicking and you’ll possibly experience more and more side shows from his side in future , even possibly promoting violence, to deflect the focus away from his past, let alone the present. See – http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=6fzRSE_p1Ys and judge for yourself !!!!!!!!!!!!!

    In the end it will probably be between Motlanthle or Cyril Ramaphosa or,…..yes you’ve guessed it….planned violence (another side show detractor) – maar uiteindelik gaan die hoenertjies ( definately, not possibly) huistoe kom vir die Groot Braai !!
    Koebaai JZ !!

  5. Walloon, dit lyk asof die nasionale pers nou ook nie by OO kan bybly nie. Hier op Oudtshoorn is OO soms soveel aa ‘n week voor die kompetisie.

  6. Baie dankie dis die eerste oorsig met details van die 2009 se besluit wat ek te lese kry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s