April antwoord OBB; Bredell antwoord OO nie

Die een is 4 maande laat; die ander…

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 15 Maart 2012. 06h50. So, die uitvoerende verleentheid van die groter Oudtshoorn het glo uiteindelik die Oudtshoorn Burgerlike Beweging geantwoord.

Die OBB het OO nie laat weet nie; ‘n gemeenskapsleier het OO Dinsdagoggend ‘n e-pos gestuur nadat hy in gesprek met een van die OBB-leiers toevallig verneem het dat die standerd-vierklong geantwoord het.

Hopelik sal “die media” vandeesweek oor die reaksie berig.

Intussen verneem OO gesaghebbend dat die duiwel behoorlik los is in DA-kringe oor die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, se uitlating oor Oudtshoorn en oor die verklaring van die DA LPP, Johan Visser. OO het verskeie berigte hieroor gepubliseer – die skakels is op die voorblad.

Op Oudtshoorn is die duiwel los oor Bredell se huidige stílte.

Liewe magtag, die een ding wat politici móét doen, is práát. Maar hulle gorrel eintlik maar net. Veral net voor verkiesings.

Wanneer gaan die plaaslike DA se maandelange belofte van ‘n besoek deur Helen Zille, Theuns Botha en Anton Bredell realiseer?

Wíl die drietjies nie kom nie!?

Hoe moeilik kan dit nou wees om drie dagboeke so te koördineer dat drie mense uit ‘n groot organisasie soos die DA 400km van die hoofkantoor kan opdaag?

‘n Uur uit die middestad tot in die lug bokant Kaapstad; ‘n uur-lange vlug; drie ure met die mense van Oudtshoorn; ‘n uur terug; ‘n uur huis toe en siédaar!

Die DA stel eenvoudig nie belang nie. Ons sal een of meer van die drie wel sien net voor ‘n verkiesing.

Maar elke enkele stem vir die DA in enige toekomstige verkiesing sal ‘n aanklag teen die intelligensie van Oudtshoorn se mense wees.

Alhoewel, synde bykans 44% van die mense van Oudtshoorn vir die ANC stem (soos hoenders wat vir kolonel Sanders stem!) en selfs gorpartytjies soos Icosa en die NPP stemme trek, staan kieserwaansin hierlanges blou in die blom, soos Alk Burger (‘n paar lesers sal dié Afrikaans onderwyser van die Hoërskool onthou) altoos oor onnoselheid gesê het.

Ons moet wakker skrik hier op Oudtshoorn: die ANC is vrótsleg en gewoon onkapabel; die DA is nie ‘n waardige alternatief nie.

Hou in gedagte dat ‘n party gewoonlik sy beste voet voor sit as hy nié regeer nie, want hy wil kiesers wys dat hy béter sal regeer as die regering.

Soos die DA Oudtshoorn tans behandel, kan ‘n mens ‘n DA-regéring op Oudtshoorn met reg vréés!

As hulle nie omgee as hulle nié regeer nie, sal hulle nie omgee ás hulle regeer nie.

Oudtshoorn het ‘n party-onafhanklike regering nodig. Bítter nodig.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

10 thoughts on “April antwoord OBB; Bredell antwoord OO nie

  1. GLEN, where have you been the past few years ?
    Definately not reading OO or experiencing the plundering of ODN resources by incompetent corrupt officials and a DA sitting with folded hands.
    Either you are uninformed or complicit, please tell us which !!

  2. Pieter, nee dis nie JOU skuld nie, maar eerder die verkose lede wat te slapgat isen nie die soustreintjie wil skud nie perdalk salhul dan uitval. Soos baie dinge op pampier en in teorie, was die Da vir ons n logiese keuse, maar toe dit by werklikheid kom, sit ons met die swakste. In teorie moes die Titanic nie kon sink nie, maar dit het. Dan kan mens die albetros vliegtuig neem, die manne met geleerthiud het gese die ding sal nie vlieg nie, wel hul was verkeerd.

    Pieter ek respekteer jou want jy is n man wat uitstaan bo baie ander. Die ding is die Gastropoda wat daar buite doenig is.

  3. Ons het almal saam besluit, Pieter… En ‘n harde les geleer. Ons sal die fout nie herhaal nie.

    Wat vandag in Bitou gebeur is die lááste strooi.

  4. Dis alles my skuld ,ek was die een wat tydens vergaderings by Riempie met sakemanne, gesê het, ons moet kies vir wie gaan ons ondersteun ,Oudtshoorn Eerste , OD ,of DA .Ek het gesê ons moet die DA ondersteun want hulle het die infrastruktuur om ons te help om die verkiesing te wen . Die sakemanne wie daar teenwoordig was het alles ingesit ,hulle geld ,hulle tyd ,ons het lank en hard gewerk ,dit was geen wonderwerk nie ,ons het meer stemme as die ANC gekry .Ons het die beste raadslede gekies,en ek glo as hulle n’ kans kon kry om Oudtshoorn te regeer hulle dit baie goed sal doen ,maar hulle is nooit die kans gegun nie, die “eie ek ” het gesëevier en Outshoorn het laaste gekom.

    OO word wyd gelees ,ek sal graag kommentaar wil hoor op my skrywe van die lesers , net nie doods dreigemente nie asseblief.

  5. @glen. A) either you live in another place or (b) you’re blind perhaps? Go to vanderrietstreet and look at the roads, go to noord street and look at the tidyness on the pavements. Why? Cause there’s no money! Why? Cause it was pinched.

  6. VIVA the independant vote – if we elect our leaders and they do not lead it is our responsibility to denounce them from their roles and elect capable people in their place. One can no longer entrust the goVernance of our town in just anyones hands, the days of blindly trusting a person because they have a track record, or because they have been a fine citizen of our town for a lifetime is long gone – candidates standing in the next election must be placed there by the peope to work for the people and the people must vet such canditate with scritiny not because he is my brothers brother etc…- IN OTHER WORDS THE VOTERS NEED TO GET INVOLVED AND THEY MUST BE EDUCATED TO NOT FALL INTO THE TRAP OF A POLITICAL PARTIES PROPAGANDA CAMPAIGN! Leaders are people who not interested in their ow ego’s they are sincere in their attitude to change the world we life in for everyones benefit not just a select few!

  7. Jy kry vir wie jy gestem het!

    Om vir die ANC te stem omdat hulle teen wit is, is net so pateties as om vir die DA te stem omdat hulle teen Swart is! – dit is nou maar eenmaal die hoe dit is!

    Dit is tyd dat ware leiers hulleself weer verkiesbaar stel, dat ons vir die persoon en nie die party kan stem – wit of swart! voor dit nie gebeur nie help dit nie om van die kantlyn te speel nie – jy moet op die veld wees!

    Die top leiers in elke SA party moet sekerlik baie verontrus wees met baie van die “verkose leiers” wat diens moet lewer maar net daar is vir die salaris en ander maniere om geld uit die mense van die land te steel!
    kom ons staan saam om salarise vir stadsraadslede, provinsies en nasionale regering af te skaf en hulle net te vergoed vir vergaderings wat hulle wel bywoon en wakker in is!

    Ons sal almal baie meer wakker moet wees oor wie op die verkiesingslyste is en daarop aandring dat hierdie lyste lank voor die tyd beskikbaar is want tans is daar, so lyk dit vir die man in die straat, meer pateete, skelms en loosers in hierdie sitplekke wat net nie die verstand het om goeie bestuurs besluite te kan neem nie!

  8. Glen, first hand experince with the local DA, They make promises they do not intend to keep, they mis leed their own kin. I have minuts of meeting held in November, stateing that the councilor “SHALL” meet with people in his ward before December, we are still waiting. With the DA you have to walk in with a court order to get them to move, seen it allover.

    Pseudo intelligence, is a term that I would use for the current council, OBB, Bredell and the mayor. (I maintain that the OBB is only a covert front for the mayor.) Do they really think that people in Oudtshoorn are so blind to their rapeing of the municipale funds?

  9. Glenn

    I give you Diane de Jager;

    I give you a Caucus and a Provincial leadership that kept De Jager in power;

    I give you James Swigelaar and Mary May and Sonja Biljohn and a Provincial leadership that even returned two of them as candidates in May last year;

    I give you Anton Bredell;

    I give you Helen Zille, who keeps Bredell in office;

    I give you a DA Management speaking from more than two mouths on a single Janus face;

    And, my dear sir, I give you Jac Bekker.

    O, my dear sir…

    I rest my case.

  10. Mr Editor, I don’t agree with you one bit.
    The elected members of the DA in Oudtshoorn might be–and most probably are–a very intelligent and capable bunch who would “govern” Oudtshoorn very efficiently.
    I think a large part of your problems with the DA, is your attitude towards them, and it is doubtful if it will ever be improved. Needless to say, and I know you poo-poo the concept, but a split vote by non-ANC voters will forever leave Oudtshoorn in the dogbox, so I suggest, instead of forever insulting both the local DA as well as the bosses in Cape Town, you change your attitude and start being positive in your very valid attempts to improve the lot of Oudtshoorn.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s