Óf Bredell, óf die DA-raadslede, moet bedank

DA minister en DA koukus verskil lynreg

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 13 Maart 2012. 07h15. Dit is ‘n ondenkbare situasie.

Die DA koukus meen Oudtshoorn se bygewerkte begroting is “onwettig”; die DA minister van plaaslike regering in die Wes-Kaap meen Oudtshoorn se finansiële bestuur is kerngesond – klik hier.

Toe OO hierdie ongelooflike toedrag van sake Sondag gepubliseer het, het die voorsitter van die DA se kiesafdelingsbestuur, Hannes Barnard, binne minute gereageer.

Die DA-sweep, Chris MacPherson, het vroeg Maandag gereageer nadat hy oor die naweek nie beskikbaar was nie.

Die DA LP vir Oudtshoorn, Jac Bekker, is ook Maandagoggend betrek en al die tersaaklike DA-leiers het reeds Sondag ‘n kopie van die berig ontvang: Bredell; Helen Zille; James Selfe; Theuns Botha; Alan Winde; Bekker; Jaco Londt. Die hoof van die Wes-Kaapse tesourie, Johan Stegman, is ook ingelig. Bredell se “taakspan” – Michael Brewis en Graham Paulse – het die berig ook ontvang.

Teen laat gisteraand, toe OO vlugtig die Alphen-partytjie by Su Casa op Surval gaan gadeslaan het, het die DA-leierskap nog niks te sê gehad oor hierdie opgeskote skandaaltjie nie.

Die DA-leierskap ken Oudtshoorn se eiesoortige problematiek maar al te goed. Die DA-leierskap kiés om Oudtshoorn te ondermyn. Oudtshoorn, vir alle praktiese doeleindes, bestáán nie vir die DA-leierskap nie.

Neem nou dié eenvoudige punt: Die raadslede hou vol dat ‘n “senior afvaardiging” Oudtshoorn eersdaags sal besoek – dié afvaardiging sal Zille, Botha en Bredell (die nasionale leier; die Wes-Kaapse leier; en die Wes-Kaapse sekretaris) glo insluit… Oudtshoorn wag sedert Junie verlede jaar vir dié lotjie. Hulle stel duidelik eenvoudig nie belang nie.

Die minister, Bredell, het twaalf dae nadat sy woordvoerder ‘n verregaande verklaring oor Oudtshoorn se sogenaamde goeie finansiële bestuur uitgereik het, nog geen vinger verroer om die saak in die reine te stel nie.

En 48 uur nadat die verklaring gerapporteer is en uiters negatiewe reaksie by plaaslike DA-leiers en by OO-lesers ontlok het, het Bredell nog stééds niks te sê nie!

Hierdie man is ‘n verleentheid vir Zille; vir die DA; vir die Wes-Kaap; vir Eden; vir Oudtshoorn.

Dat Zille Bredell nog as minister gedoog plaas haar voortgesette DA-leierskap onder ernstige verdenking. Haar oordeel is verdag.

OO kan nie insien hoe die plaaslike koukus sy werksaamhede kan voortsit terwyl die koukus se siening van Oudtshoorn se finansiële bestuur lynreg verskil met die siening van die minister – wat ook die DA se provinsiale sekretaris is – nie.

Of Bredell, óf die koukus, moet bedank.

Wie het die nodige integriteit om te doen wat eenvoudig nie ongedaan gelaat kan word nie: Anton Bredell, of die DA-raadslede van Oudtshoorn?

Die DA het Oudtshoorn met ‘n stomp dolk tussen die blaaie gesteek. Die DA het nie ‘n greintjie geloofwaardigheid oor nie.

Wat Oudtshoorn nou nodig het is tussenverkiesings in wyke 1; 2; 3; 6; 7; 11; en 12. Die DA sal sy 5 proporsionele setels behou – en nuwe raadslede aanwys in die plek van die wat bedank. Dis ‘n ideale geleentheid vir onafhanklike kandidate om die DA-wyke te wen – miskien selfs dieselfde kandidate wat genoeg integriteit gehad het om weg te stap uit ‘n party vir wie Oudtshoorn nie bestaan nie.

Maar helaas. Dit gaan hier oor politiek. Integriteit is dun gesmeer. Gaan Oudtshoorn verras word?

Daar is ‘n verkieslike alternatief: Oudtshoorn moet sonder verwyl onder administrasie geplaas word.

Nou kyk, die DA se jammergattige gekerm dat só iets nie moontlik is nie, is twák – en twak, soos OO-lesers weet, is ‘n baie lang woord.

Op enige gegewe tyd is daar verskeie munisipaliteite in Suid Afrika onder administrasie. Dit gebeur gereeld en aanhoudend. Nes die nasionale regering onlangs provinsiale departemente onder administrasie geplaas het.

Die DA se gekerm is dat dit o, tog so móéilik is. ‘n DA provinsiale regering moet ‘n ANC-raad onder administrasie plaas terwyl die nasionale raad van provinsies en die parlement deur die ANC beheer word.

Wil die DA net máklike joppe doen!? Is die DA in die Wes-Kaap verkies om máklike joppe te doen!? Wat nodig is, is vir mense met moed en durf om die régte ding te wíl doen en inderdaad te doen, ongeag hoe móéilik dit is!

Die enigste probleem met administrasie, en dis ‘n geweldige probleem, is dat Oudtshoorn onder administrasie deur Anton Bredell regeer sal word… Behalwe as Zille hom afdank en ‘n bekwame minister aanstel.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Óf Bredell, óf die DA-raadslede, moet bedank

  1. Mense dit help nie meer ons kla nie, dit val alles op dowe ore, die DA gaan nie luister nie. Zille, Bredell , Jac Bekker en Theuns Botha het duidelik geblyk dat hulle nie belangstel in Oudtshoorn se probleme nie. Ek wil egter net vir die DA van Oudtshoorn en die leiers van Wes Kaap die versekering gee dat daar baie kiesers op Oudtshoorn is wie se steun julle vir altyd verloor het. Oudtshoorn het nie tyd vir ruggraatlose slapgatte wat ons net ken as dit verkiesings tyd is nie. Julle het Oudtshoorn se kiesers gefaal en daarom SAL julle die gevolge moet dra of wat sê ek tannie Diana.

  2. Red 5, ek stem saam almal moet bedank, en sommer vir n ruk gaan mediteer oor hoekom.

    Al wat ek weet is dat as die DA weer my stem wil kry, dat hul n wonderwerk sal moet uit pluk. Op die oomlik sit ons met slapgatgeid, wat “pas the buck” speel. Vir die wat hoer op is soos Jac en die lot wel kom ek se net jul beloftus is nie tyd om dit aantehoor werd nie, ( in November is beloftes gemaak om lede se sake reg te stel, voor Desember, toe verkooning/belofte op verskooning/belofte!). Wel Jac ons wag nie meer nie, jy hoef nie meer verskooning uit tedink of te bekly nie, trouens ons se net jac-all is die verkorting van niks.

  3. Hi OO,

    My opinie is dat jou voorstel nie gaan help nie en moet is die oplossing dat Bredell EN die DA raadslede almal bedamk. Nie die een of die ander nie. Die feit dat hulle sulke teenstrydighede kan kwytraak is mos klink klare bewys van hul onbevoegdheid – ek meen, as hulle nie eers uit een mond kan lieg nie!

  4. Tyd dat Zille Bredell summier afdank en vervang
    Dis waar, dit plaas Zille se oordeel en die hele DA onder verdenking
    Cut your losses now Zille, the longer you wait, the more the damage and loss of faith and support by constituents.

    Aan die DA raadslede opODN – doen die eerbare ding nou en BEDANK
    Die hoop dat Zille vir Bredell gaan afdank is NUL, dus is die bal nou in jul skoot!

    Die ODN publiek wag angstig of verkies jul om toe te sien hoe ODN verder gestroop word en jul is dus ook aandadig !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s