Brief aan Stedenband

OO skryf aan Koos van Arkel oor die regering van Oudtshoorn

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 12 Maart 2012. 05h45. Die voortgesette ondersteuning van die Stedenband aan Oudtshoorn is van opperste belang, maar die Stedenband het ook ‘n bepaalde verantwoordelikheid as ondersteuner.

Oudtshoorn se huidige verwoestende regering plaas ‘n besondere verantwoordelikheid op die Stedenband om Oudtshoorn by te staan in ‘n krisis wat dreig om die dorp te vernietig.

OO het Saterdag aan die Stedenband se voorsitter geskryf:

Die Voorsitter: Stichting Platform Stedenband Oudsthoorn ZA
Dr Koos van Arkel

Geagte dr van Arkel

‘n Afvaardiging van Alphen was die afgelope week weer op Oudtshoorn…

Ek verneem graag van u waarom Oudtshoorn se mense nie ‘n woord van die Stigting hoor oor die afgryslike toestand van Oudtshoorn se regering en administrasie nie!

U ondersteuning word erg waardeer, maar u ondersteuning word gekompromitteer deur onvoorwaardelike ondersteuning aan ‘n dorpsraad wat sy mense in die rug steek.

Ek moet nou noodwendig wonder of die Stigting meen dat hierdie klein dorpie in Afrika nie belangrik genoeg is om iets meer te verdien as geskenke wat die gewer laat goed voel, maar die ontvanger in sy kwaad sterk nie!?

Ek verwys u na ‘n tersaaklike oorsig van Oudtshoorn se finansiële en administratiewe toestand en vra dat die Stigting Oudtshoorn sal HELP deur aan te dring op skoon regering en ‘n administrasie wat sy eie wette nakom!

Hier is die berig oor Oudtshoorn se finansiële toestand.

Die uwe

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Brief aan Stedenband

  1. Dankie OO, die sal hierdie gewer noop om bietjie navraag te doen oor die resultate van en presiese aanwending van hul donasies.

  2. Is die Stedenbond ook maar net een vaan daardie “liberale” Hollandse organisasies wat saans beter slaap omdat hulle vir “Afrika” gegee het, of wil hulle regtig ‘n verskil maak? Daar moet verantwoordelikhede wees by die voorregte van hulp!!!!!

  3. Ek wil ook weet watter ondersteuning die Stedenbond verskaf en wat van enige en alle geld word wat moontliik betrokke is.

    Dit sal swak reflekteer op die Stedenbond as hulp deur die raad vermors word.

    Ek verneem dat die GG kamp ramp fonds feitlik heel temaal deur die Stedenbond befonds is en eers aangewend is nadat Lizanne Pelham oor die situasie gekla het? Is dit so?

  4. Dit sal interrssant wees om te sien hoe hulle gaan reageer op al hierdie aantygings, met bewyse van korrupsie en wan- administrasie. Mens wil tog sekerlik jou geld investeer in n dorp waar daar vooruitgang is en nie algehele stilstand nie? Net ter inligting: Waar word hierdie geld gebruik van Alphen en wie is die persone wat dit monitor dat dit reg en funksioneel aangewend word. Oudtshoorn se mense sal ook graag wil weet?

  5. OO, terugvoer van die Stigting sal baie interessant wees
    Ons verneem graag. Alle sterkte

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s