DA keer finaal die rug op Oudtshoorn

Oudtshoorn is afgeskryf!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

“Is nie!” sê KAB-voorsitter

Oudtshoorn. 26 Maart 2012. 13h00.
Die voorsitter van die DA se kiesafdelingsbestuur, Hannes Barnard, het pas aan OO gesê dat die DA nié die rug op Oudtshoorn gekeer het nie.

Barnard sê OO se uitwysing van die teenstrydige DA-uitsprake oor Oudtshoorn was eerder ‘n “katalisator vir vrugbare interaksie”.

Barnard het onderneem om binnekort uit te wei oor hierdie standpunt.

_______________

Leierskap grafstil oor kwellende vrae

Oudtshoorn. 25 Maart 2012. 11h45. Die DA-leierskap het nog geen woord gesprak of énige aanduiding gegee dat die party bereid is om aan die mense van Oudtshoorn te verduidelik waarom die leierskap se standpunt oor die regering van Oudtshoorn se finansiële bestuur lynreg verskil met dié van plaaslike DA-raadslede nie. Die konteks van die teenstrydighede kan hieronder gelees word.

OO kan eenvoudig geen ander afleiding maak as dat die DA Oudtshoorn afgeskryf het nie.

Die DA het verlede jaar die meeste stemme op hom verenig tydens die plaaslike regeringsverkiesing en 50.8% van Oudtshoorn se kiesers het vir die DA en Cope gestem.

Maar die ANC regeer Oudtshoorn omdat die DA-leierskap nie beried is om die kiesers van Oudtshoorn se mandaat te aanvaar nie.

Die DA is selfs ook nie bereid om sy skokwekkende minagting van Oudtshoorn eers te probeer verduidelik nie.

OO meen dat géén kieser wat Oudtshoorn se belange op die hart dra óóit weer ‘n stem vir die DA op Oudtshoorn durf uitbring nie.

Die DA het Oudtshoorn afgeskryf; die mense van Oudtshoorn sal dit maar moet aanvaar en ‘n werkbare alternatief vir die ANC se onverantwoordelike en onbekwame regering elders soek: soos in ‘n party-onafhanklike raadsmeerderheid, of ten minste ‘n party-onafhanklike magsbalans.

OO daag die DA se kiesafdelingsbestuur en die DA-raadslede om uit die DA te bedank, in solidariteit met die meerderheid plaaslike kiesers, en om hierdie raadslede se onafhanklike kandidature in die wyke wat hulle ontruim te steun.

Geen DA-raadslid, of -bestuurslid met selfrespek kan hierdie flagrante miskenning gedoog nie!

Bedank, as julle enigsens vir Oudtshoorn omgee!

Hier is OO se vorige berigte oor hierdie weersinswekkende skandaal:

Wonderwerk! Oudtshoorn is eensklaps gered!

Bredell: “Doeltreffende omkeerstrategie verseker stabiliteit.”

Oudtshoorn. 14 Maart 2012. 05h20. die voorsitter van die DA se kiesafdelingsbestuur, Hannes Barnard, het gisteroggend net die koukus vergader oor die kloof en onenigheid tussen die koukus en die DA minister van plaaslike regering, Anton Bredell.

Die onenigheid spruit uit die koukus se klagtes dat Bredell nie die administratiewe ondersteuning verskaf wat van ‘n provinsiale minister van plaaslike regering verwag word nie en ook nie die politieke ondersteuning wat hy as provinsiale sekretaris van die DA moet gee nie.

Nóg Barnard, nóg die DA-sweep, Chris MacPherson, wou besonderhede van die vergadering verskaf, maar Barnard het bevestig dat hy ‘n “dringende onderhoud met leierskap in Kaap aangevra het om die aangeleentheid te bespreek”.

Nadat Bredell erg gekritiseer is oor ten minste twee bedenklike verklarings oor die bestuur van Oudtshoorn (klik hier) is hy nou grafstil oor dié uitlatings.

Eers kommunikeer Bredell nie met sy koukus nie en maak uitsprake wat die koukus in die verleentheid stel en ondermyn, en dan het hy nie eens die kroonjuwele om sy optrede te verduidelik nie.

Barnard moet nou vrá vir ‘n afspraak met die DA-leierskap! As die DA-leierskap ‘n flenter omgegee het en ‘n ons integriteit gehad het, sou Bredell reeds gister op Oudtshoorn opgedaag het om sake met sy koukus reg te stel.

Bredell se “bestuursvaardigheid” sou lagwekkend gewees het as dit nie so verbysterend en nadelig was nie!

Nee wat, die DA kan gaan doppies blaas; die party behandel Oudtshoorn met minagting.

Oudtshoorn. 12 Maart 2012. 07h50. ‘n Duidelik ontstoke voorsitter van DA-kiesafdelingsbestuuur, Hannes Barnard, het vanoggend amptelik gereageer op die Wes-Kaapse ministerie se verklaring, nadat Barnard reeds gister telefonies uit Kaapstad met OO oor die verklaring gespraat het:

“Om te se dat ek nie verbyster is nie, sou onwaar wees. Ek sal vandag uitklaring tussen die koukusleier aan die een kant en die minister aan die ander kant bekom.”

‘n Senior DA-raadslid van die Suid-Kaap se lakoniese kommentaar was dít: “En dan lag ons vir die Antie en die weerlig!!!”

Dié reaksie verwys na ‘n onlangse mediaberig waar ‘n LUR van KwaZulu-Natal die minister van wetenskap gevra het om die oorsake van weerlig te ondersoek omdat weerlig mense doodslaan in die provinsie.

Genoeg gesê, of hoe?

Oudtshoorn. 11 Maart 2012. 07h50. Nee kyk, nes ek dink nóú het ek áls gehoor…

Luister bietjie na Johan Visser, die Wes-Kaapse DA-woordvoerder vir plaaslike regering: “The municipalities of Swellendam and Oudtshoorn have a long history of political instability which has impacted on their ability to manage their finances and administrations. However, their top managements are now implementing an effective turnaround strategy which will ensure stability within these municipalities. It will also ensure that they comply with the requirements of the Municipal Finance Management Act and would be able, by the end of August 2012, to table their financial reports to the Department of Finance and their performance reports to the Department of Local Government.”

Klik hier vir die verklaring van 29 Februarie. Dis 10 dae gelede, die dag na die mees onlangse raadsvergadering, toe die ANC-raad die aangesuiwerde begroting aanvaar het – ‘n begroting wat die plaaslike DA as onwettig en krities gebrekkig afgemaak het!

Die DA… dieselfde party waarvan Bredell die provinsiale minister van plaaslike regering is.

Weet die plaaslike DA en die DA-minister van mekaar se bestaan?

Watter ondenkbare bestuurswaansin en administratiewe onbeholpenheid en plein verleentheid heers daar nie wanneer ‘n politieke party se koukus op Dinsdag besluit dat Oudtshoorn ten gronde gaan en die party se minister op Woensdag aankondig alles is honkie-dôrie!

OO het vanoggend só aan Bredell geskryf:

Sê my Anton, is jou departement ook oortuig van die bestaan van die Tandemuis en die Paashaas?

Om iets só te verklaar terwyl dit eintlik sús is, is die prerogatief van die Teologie, nie die Politiek nie!

Visser se standpunt van die 29ste is verlede week bespotlik gemaak deur die Oudtshoorn-raad!

Ek kan nie begryp dat politici nie besef dat die jop nie klaar is voordat die jop kláár is nie! Dit help nie om mooi woordjies te sprak as die riool steeds in die strate loop nie!

Visser se deprimerende, doldriftige stelling grens aan kriminele roekeloosheid en dui onteenseglik op versuim in jou kantoor wat die juiste ondergang van munisipaliteite soos Oudtshoorn tot gevolg kan hê.

Ek verneem graag van jou wáárom jou departement meen Oudtshoorn is nou oukei!

En net in geval jy my nie krý nie: Oudtshoorn is nié oukei nie, magtag!

Voordat Anton Bredell nie loop of afgedank word nie en voordat Oudtshoorn se DA LP, Jac Bekker, nie uit sy jop, wat hééltemal te groot is vir hom, gehaal word nie, is daar nie ‘n káns dat die opposisie énigiets sal kan doen om Oudtshoorn van totale ondergang te red nie.

Bid jou aan: Oudtshoorn is oukei, want Gordon April, Thandekile Mnyimba en Deon Lott het nou ‘n “effective turnaround strategy which will ensure stability”!

In die naam van die pantheons! Op wátter planeet lééf Anton Bredell!?

Lóóp, Anton! Om vadersnaam, lóóp net! Jy’s in die pad, man!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

24 thoughts on “DA keer finaal die rug op Oudtshoorn

  1. Ja verstaanbaar, maar lyk my sodra iemand van kleur iets positief doen stel jy nie belang om dit te bevorder nie.

    Is cool, het nie jou hulp meer nodig nie.

    onthou jy die….

    Denvor

    Great idee!!

    Ek gee graag blootstelling aan hierdie inisiatief.

    Laat weet my asb wie se inisiatief dit is – is dit plaaslik, van Oudtshoorn?

    Laat weet ook of daar geld of ander ondersteuning benodig word.

    Groetnis

    Drewan Baird
    Uitgewer & Redakteur
    OudtshoornOnline

  2. Ek vra weer en haal OO aan…”Voordat Anton Bredell nie loop of afgedank word nie en voordat Oudtshoorn se DA LP, Jac Bekker, nie uit sy jop, wat hééltemal te groot is vir hom, gehaal word nie, is daar nie ‘n káns dat die opposisie énigiets sal kan doen om Oudtshoorn van totale ondergang te red nie.

    Ons wag steeds op die eerbare here om die regte ding te doen !

  3. Denvor, ek is besig. Baie besig. Uiters besig. Ek kan nie jou bepaalde agenda bevorder wanneer en soos jy dit vereis nie.

    Daar is stories waarby ek eenvoudig nie uitkom nie. Soos een oor Eden FM, die radiostasie.

    Dit moet maar wag. Nes jou storie.

    Ek skuld jou nie eens ‘n verduideliking nie, so aanvaar hierdie nota as ‘n teken van goedertrou.

  4. Gelukkig het die munisipaliteit ‘n studiehulpskema wat kan betaal vir die klong se studies, glo dit sal darem betaal vir standerd 5. Hoop net die klong raak die wiskunde baas anders moet hy maar vir Kawa vra om hom te help, die ken glo van somme maak naamlik 2 en 2 maak 5 of so iets.

  5. Hoe lekker het ek nou gelag !!!! maar watter groot skool sal hom wil hê , sê nou net hy dra die skool se goed huistoe .

  6. Werklike wonderwerk, lyk my die geld wat vir Mighty Word betaal is om vir Oudtshoorn te bid was toe wel die moeite werd, eerstens het Oudtshoorn se Raadslede nie net ‘n omkeerstrategie maar het die standerd 4 klong ingeskryf vir aandklasse vir standerd 5, een van die dae kan die klong grootskool toe gaan jippie!!!!!!!

  7. Tawwe Tienie – wil heelhartig saam met jou stem. Zille kan maar in die Kaap sit en lag en die kommentaar op OO afmaak as nonsens. Ek wil net vir Zille sê dat daar maar ‘n paar mense is wat kommentaar lewer en hul ontevredendheid uitspreek oor die diens wat die DA aan sy kiesers op Oudtshoorn bied maar daar is honderde en selfs duisende wat daagliks gretig OO lees en wat begin dink en besin oor of hulle weer hulle kruisie agter die naam van die DA gaan trek. Die DA is tans besig om ‘n baie groot toets te dop en Zille sal regtig moet begin vrae vra hoekom en werklik moet begin optree anders is dit NAG.

  8. “Haai oeee, Karel Kat”, sou Liewe Heksie gese het. Nou is die vet in die vuur en ons het die durf en deursettingsvermoee van OO hiervoor te danke!!!! Goed so dat OO dwarsdeur Suid-Afrika gelees word en dat die kiesers kan sien wat gebeur met ‘n dorp waarvan die meerderheid vir die DA gestem het – die kiesers word vir die wolwe gegooi omdat dit nie Godzilla “pas” om in Oudtshoorn te regeer nie, al word sy dit op ‘n skinkbord gegee! Dit help geensins om nou skielik anderskleuriges as parlementere leiers in al die provinsies aan te stel net om stemme van die ANC te probeer wegtrek en jy weier om jou verkiesingsbeloftes na te kom nie. Oudtshoorn is die beste bewys en rede daarvoor dat almal wat vir die DA stem hul koppe moet laat lees. Hoe kan jy steun aan ‘n party verleen wat enige dorp in die wurggreep van wanadministrasie van die ANC “weggooi” omdat dit nie vir Zille pas om daar te regeer nie, al het die meerderheid van die kiesers in die dorp vir die DA gestem? OO, stuur jou boodskap die wye wereld in!!! Jy het lank reeds jou kop laat lees, daarom is hy so oop!

    Bredell kan enige dag met enige van die ander dom en onbeholpe ANC ministers vergelyk word en hy mag moontlik nog sleg daarvan afkom. Dit is nou nie meer net ‘n geval dat Zille van hom ontslae moet raak nie, daar moet INDRINGEND gevra word of daar nie dringend van Zille ontslae geraak moet word nie omdat sy volstrek geweier het om beheer te neem in Oudtshoorn toe dit op ‘n skinkbord aan haar aangebied was! Wat kon sy verloor het as die party wat dit moontlik sou maak maar net een stem sterk was? Maak dit vir enige regdenkende mens sin? Nie vir my nie!

    Die DA gaan ‘n GROOT verrassing kry met die volgende verkiesing. OO doen so voort! Jy is ‘n wenner!

  9. Ja, dis die vraag. Hoe vinnig gaan Zille van Bredell ontslae raak. Hy is ‘n verleentheid vir die DA en vir die land.

  10. Ek dink jy is reg, Gryse. Bredell is vas. Zille is vas. Iets sal moet meegee.

  11. Oom skryf nie baie nie, maar nou moet oom skrywe. Minister Bredell kan nie vir hom uit hierdie hoek losverf nie. Minister bredell is vas. Die vraag is nie wat gaan Minister Bredell doen nie, die vraag is wat gaan Helen Zille doen om van Minister Bredell ontslae te raak. Want raak sy nie van Minister Bredell ontslae nie, kan sy nooit ooit weer ‘n vinger wys na ‘n ploeterende, oningeligte, traak-my-nie-agtige kader nie.

    Hoe lyk dit Mev Zille?

  12. OO – Ek hoop Zille, De Lill en Bredell besef dat daar mense in die Vrystaat en self die hele hele land is wat ook OO lees en is die toestande wat op Oudtshoorn heers skokkend en glad nie ‘n goeie advertensie vir die DA nie. Hoe verwag die DA om beheer te kry in ander provinsies as hy nie eers die munisipaliteite in die Wes Kaap se kiesers kan tevrede stel nie. Zille gaan julle ons ook in die steek laat , soos wat julle op Oudtshoorn doen.

  13. Ek wil heelhartig saamstem met bostaande kommentare, al hoe meer mense op Oudtshoorn gaan die DA by die volgende verkiesing in die steek laat omdat die DA bewys het dat hulle nie ‘n opposisie party se gat werd is nie. Hoe kon daar toegelaat word dat dinge so ver gedryf word deur die ANC sonder dat daar ‘n vinger veroer is deur Zille en Bredell. Moet Oudtshoorn maar ten gronde gaan omdat die DA nie lus of die ” guts” het om sy belofte aan die kiesers op Oudtshoorn na te kom nie.

    Sakman – Zille en Bredell wil nie op Oudtshoorn kom nie want hulle weet voor hulle siel hulle het Oudtshoorn en sy mense vieslik in die steek gelaat, Oudtshoorn is nie die eerste en laaste dorp wat deur die DA in die steek gelaat gaan word nie.

    Siek en sat! – wil saam met jou stelling van “klomp sleg moere ” stem, daar is geen ander woord vir die verraaiers van die volk nie. Laat die ANC Oudtshoorn met die volgende verkiesing Oudtshoorn oorneem, hulle is in elk geval in beheer sonder dat die DA iets daaraan doen. Oudtshoorn is totaal in sy moer deur die toedoen van die ANC en wat het die DA daaraan gedoen, NIKS – SIES !!!!!!!!!!!!

    Red – ek wil saamstem dat jy en elke inwoner wat vir Oudtshoorn omgee hulle koppe moet laat lees, los die DA en ANC dat hulle die dorp verder opfok en daar een van die dae nie meer geld is vir die wonderlike, slim Raadslede en amptenare se salarisse nie, dan sal hulle vanself gee pad.

  14. Ook ek kom agter dat die amptenary in die minister se kantoor en in tesourie bitter ongemaklik is met OO se berig. OO slaan altyd raak en hard, maar dié een is ‘n snotklap! Welgedaan, meneer! Miskien skrik die minister en die minister se mies nou ‘n slag wakker.

  15. Hier onder die mense wat nogals saak maak in die Kaap roer dinge vanoggend oor OO se berig. Goed gestel meneer die redakteur. Die bye is nou omgekrap. Jy sê niemand antwoord jou nie. Dit mag so wees, maar almal hier rond LEES jou!

  16. Ek stem so wragtag NOOIT weer vir die DA op Oudtshoorn nie. Provinsiaal en nasionaal sal ek seker maar moet, maar NOOIT WEER OP OUDTSHOORN NIE!!!!
    Die DA sal se dan gaan die ANC oorneem. Maar so what? Wat gaan die DA doen as hulle aan bewind is op Oudtshoorn en hulle Minister kan nie tussen op en af onderskei nie? Klomp sleg moere.

  17. Anton Bredell is sekerlik ‘n antwoord verskuldig aan die inwoners van Oudtshoorn. Nooi die man om dit wat hy kwytraak in die openbaar te kom se.

  18. Wat het geword van die dreigement om belasting – en dienstegelde te weerhou? Dit was op jul almal se lippe paar weke terug. Nes ek gedink het…klomp praatjies en neimand kan plug vasmaak nie. Ek sien op SABC coverage van DA Gauteng konferensie Zille jive nou op die beat van Vulindlela – n brenda fassie hit wat 1999 die ANC se amptelike election song was. By die vergaderings wat Kersop die volgende paar weke hier gaan hou moet julle try om te leer toyi-toyi of jive op die beat van Vulindlela. Sit n bietjie funkyness in jul campaign for christ sake ! Miskien moet julle toekomstige koalisie venote, die konserwatiewe dawid piet en pietie mooney probeer om vir anton te skryf en hul ( jul ) lot te bekla dat niemand hier plaaslik notisie vat van julle nie. Al wat julle kry is free airtime in die hoorn en oudtshoorn courant maar geen mass popular support nie.

  19. OO. Jy’t ‘n punt beet daar. Lyk my almal wat vir Oudtshoorn omgee is dan “sielkundig onstabiel”?

  20. As n eerbaare lid van die DA sulke uitlaatings maak, wonder ek oor die D.( vir demokratiese, wat meer soos n Diktatorskap van Zillerville is ) A. ( vir alleansie, wat meer soos oorname is en Absorbsie. ) Dalk het hul in die geheim n ooreenkoms met die A( vir absorb )N( new )C( contributors ). Gelukig ken ons die DA, praat een ding en bedoel n twede, meen om n derde te se, en as die ANC by kom was hul verkeerd vertolk. In kort wil ek net se maak nie saak hoe die DA die spiel hou nie, hul het hul “nuts” in die kruis hare.

  21. Nou wonder ek… As die skrywer sy kop moet laat lees, wat van die wat die skrywer wat sy kop moet laat lees so getrou en noukeurig lees?

  22. Foeitog jou arme drommel die mense dink jys mal! en baie mense se so en ek se ook so jys befok in jou kop. Gaan sien asb ‘n kopdokter so gou as moontlik voor jy vrek neerval!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s