Politieke standpunt

Hier staan OO

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 9 Maart 2012. 08h20. Oudtshoorn moet bestuur word deur party-politieke onafhanklike raadslede wat aan niemand anders as die inwoners van Oudtshoorn verantwoordelik is nie.

Raadslede – van alle politieke partye – is verplig om hulle partye se beleid toe te pas selfs al druis dit teen hulle eie oortuigings en beginsels in.

OO voel vere vir die sogenaamde “groter prentjie” wat beide die ANC en die DA in kiesers se kele probeer afdruk om hulle eiegewin politiekery te verdoesel. Vir OO gaan dit nét oor die “groter Oudtshoorn” en basta.

OO-berigte loop oor van voorbeelde waar die DA en die ANC Oudtshoorn teen teen wil en dank en met minagting van selfs die eenvoudigste algemeen aanvaarbare bestuursbeginsels geredelik en selfs entoesiasties op die altaar van politieke doelmatigheid keelaf gesny het.

Vat nou maar die voortslepende teenwoordigheid van Diane de Jager, een van die vrotste burgemeesters wat Oudtshoorn nóg gehad het, in die DA-koukus. Vat nou maar die standerd vierklong van Dysselsdorp: Búrgemeester!? Die ANC en die DA hou Oudtshoorn se mense vir die gek!

In die onlangse verlede is “Noël Pietersen” waarskynlik die beste voorbeeld van politieke waansin en administratiewe narrespel wat Oudtshoorn ooit ondermyn het. Dit was ‘n ANC-kaderaanstelling deur die ANC-administrateur Louis Scheepers in Augustus 2007; dit was ‘n DA-bevestigde aanstelling in November 2007; dit was ‘n DA-bestuurspan wat Pietersen se dissiplinêre proses skandalig verbrou het; dit was ‘n ANC-bestuurspan wat Pietersen se heraanstelling en uiteindelike skeiding met ondenkbare onbeholpenheid hanteer het. Uiteindelik het “Noël Pietersen” Oudtshoorn meer as R6m gekos – bo en behalwe sy vergoeding terwyl hy nou en dan in die munisipale bestuurstoel was, én ‘n gemeenskap aan flarde geskeur.

Oor twee termyne heen is “Noël Pietersen” ‘n skandvlek op tientalle raadslede se skokkende en weersinswekkende onvermoë en bykans kriminele agterlosigheid.

Baie raadslede op Oudtshoorn sal niks meer as hande-arbeid en los werkies kan losslaan as hulle nie raadslede is nie. Sal jý iemand soos Gordon April in jóú onderneming aanstel – en teen meer as R50,000 per maand? Wat van Vlancio Donson om jou bemarking te behartig? Hendrik Botha om jou finansies te bestuur? Johannes Stoffels as die voorsitter van jou direksie?

Hoekom gedoog jy dan hierdie mense as die hoofbestuurders van jou dorp – van jóú belastinggeld?

Wat Oudtshoorn nodig het – en waarvoor OO staan en wat OO tot die bittereinde sal bevorder – is ‘n raad onder party-onafhanklike beheer.

Dis sommer baie moontlik. Dis eintlik heel maklik.

In die volgende algemene verkiesing moet mense wat Oudtshoorn eerste stel ‘n onafhanklike party op Oudtshoorn stig en in elke wyk ‘n onafhanlike kandidaat stel. ‘n Onafhanklike hoef nie eens ‘n wyk in te palm nie. As lawwe klein politieke partyjies soos die NPP en Icosa en ‘n piepklein verdeelde politieke party soos Cope, met geen identiteit en selfs minder politike persoonlikheid, elk ‘n proporsionele setel in die raad kon wen, kan toegewyde gemeeskapsleiers onder hulle ten minste drie setels in die raad inpalm – genoeg om die magsbalans op Oudtshoorn te hou.

OO hóór al die DA se gekerm en gekla en die gekners van valstande: Julle gaan die stem verdeel; kéér die ANC-gevaar.

Wel, geagte DA, staan jý dan terug en keer dat die stem verdeel word.

Die DA het Oudtshoorn oor die afgelope jare nie net geen voordeel gegee nie; die DA het Oudtshoorn benadeel. En die ANC het Oudtshoorn oor die afgrond bestuur.

Dis tyd om beide die DA en die ANC in hulle watsenaam te stuur.

Oudtshoorn verdien béter as die DA en die ANC.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Politieke standpunt

  1. investigative public -Die DA is op groot skaal besig on die vertroue van sy lede te verloor aangesien dit duidelik blyk dat hulle nie opgewasse is om die oppisisie party te wees nie. Die ANC in die anderkant is ook besig om lede te verloor omdat hy dink die belastingbetalers is melkkoeie wat net moet meer en meer opdok vir brandstof en tolpaaie sodat die werkloses wat nie eers moeite doen om werk te soek nie, versorg kan word deur middel van maatskaplike toelaes. Ek spandeer ‘n paar rand en behoort aan Afriform wat wys dat hulle ‘n verskil kan maak al is hulle nie ‘n politiek party nie.

  2. PRAGTIG OO, pragtig, jy kon dit nie beter gestel het nie.

    Ons besef die howe en SOE en Afriforum sal met April en alle ander korruptes afreken in tyd.

    Vraag bly, WANNEER GAAN BREDELL of Zille of beide bedank. Die twee in dieselfde party maak geen sin en vervreem al hoe meer ondersteuners. Hul aksies, oftewel geen aksies soos in Bredell se geval op ODN spreek boekdele !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s