Hardy Mills wil OO dagvaar vir R1.5m!

“Defamatory statements” doen Gerhardus se reputasie glo helse skade…

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 9 Maart 2012. 14h15. Noujatoe!

Gerhardus Phillipus (Hardy) Mills, van Plettenbergbaai, se regverteenwoordigers, Mills / Groenewald (sedert 1948) van Drie Riviere, het OO vanmiddag per brief ingelig dat Gerhardus se reputasie vrééslik skade gelei het (“damages to his reputation, character and profession”) oor die “false, wrongful and defamatory words” wat OO in 2011 en 2012 oor hom geskryf het.

Dan volg 12 (twaalf!) bladsye van OO-berigte.

OO het Gerhardus juis vanoggend per sms bedank dat hy so ‘n getroue leser is en dat OO baie beïndruk is as intelligente mense OO lees.

En Gerhardus is ‘n báie skerp prokureur. En hy is ook ‘n uiters aantreklike man en trek pragtig aan! En sy asem ruik lekker. En hy’s slím! En OO hou veral van sy naskeermiddel.

Die brief sluit af: “The statements were understood by the public and were intended by you to mean that our client is dishonest, unprofessional, unethical, unreliable, incompetent and unintelligent.”

Wié, Gerhárdus!?

Nooit gesién nie!

Gerhardus is eerlik, professioneel, eties, betroubaar, vaardig, en intelligent – vra énige prokureur met wie hy al sake gedoen het en enige landdros of voorsittende beampte voor wie hy al verskyn het – soos oud-appèlregter Combrinck, byvoorbeeld.

OO raak ál belangriker. Nou die dag wannir wou Cliffe Dekker OO vir slegs R500,000 dagvaar oor “valshede” wat OO oor dié se kliënt, Ian Kenned, gepubliseer het…

OO hét leuens oor Kenned gepubliseer – dat die SOE ‘n bedrogklag teen hom aanhangig gemaak het. Dit was inderdaad verkeerd – die SOE het twéé bedrogklagtes teen hom aanhangig gemaak.

Met apologie aan Monty Python, pleit OO by Gerhardus:

Oh Gerhardus please don’t burn me,
don’t kill or toast me.
Don’t put me on the barbecue
or simmer me in stock,
Don’t bake or baste or boil me
or stir-fry me in a wok.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

10 thoughts on “Hardy Mills wil OO dagvaar vir R1.5m!

  1. OO
    Jy moet in ag neem die man lees seker stadig. Die dat hy ‘n verloopte Dutchman of te wel hanskakie is maak dit ekstra moelik. Dit vat maar lank om al die hogere woorde te lees. Dan gooi hul nog ‘n paar ipso factos, de minimisse en contemelias in.

  2. “Hardy” noticed before maar dankie OO, nou weet ons alles van hierdie klong Hardy. Sal liefs n wye draai loop voor ek sy dienste oorweeg nawat ek van hom gelees het , en dit @ R75 om n bladsy te lees.

    Ek ken ook iemand anders wat R75 per bladsy vra, maar dit gaan oor tyd, een rand per minuut ! mmmm…..

  3. Ag shame, die sous-trein van Bitou het Hardy afgeskop? Arme man struggle nou eers?

    Pappa Mills sal seun seker moet represent of moet regshulp verleen?

    The fat lady isn’t even on the stage yet!!!

    Bitou gaan sal nog van sy geld terugkry, for sure!!

  4. My broek béwe, Steven! Veral omdat ek so geweldig baie respek het vir Gerhardus se deeglike regswerk.

    Byvoorbeeld, ‘n prokureur wat R75.00 per blad vra om ‘n dokument net te léés is ‘n prokureur met wie ‘n mens nie moet swaarde kruis nie.

    Nee kyk, ek is sommer báie bang.

  5. Laurel & Hardy Mills & Boons, all fictitious character, Character means- a person in a novel, play, or movie.
    • a part played by an actor.
    • [with adj. ] a person seen in terms of a particular aspect of character : he was a larger-than-life character | shady characters.
    • informal an interesting or amusing individual : he’s a real character.

    So is Hardy Mills….

  6. Aaai die boerseun tog! Gerhardus Phillipus…. Conjures pictures of mealie fields, boeppense, vet meisies, souped up Cortinas. Lekker kommin. En dis net hoe hy hom gedra. Niksgewoond en kommin, met ‘n kappie. (Hoe doen ‘n mens leestekens op ‘n blog?)

    Ons weet van ou Gerhard en hoe hy hier kom. Ons weet van sy gewoontetjies. Ons weet wie hy is en hoe oneties hy hom gedra. Sy regsverteenwoordiger is reg, hy is al daardie dinge. Kom, laat hy hof toe gaan dan kan dit eens en vir altyd bewys word. Ons sal bankvas agter OO staan, met geld en met bewyse van sy onetiese gedrag. ‘n Paar grrot manne sal kom getuig… BRING IT ON.

  7. Kan nie onthou nie – watter onaangename onwaarhede het OO dan in 2011 en 2012 kwytgeraak? Herinner ons tog. Kan dit wees dat die woorde dalk taalkundigheid te hooggeplaas was vir maklik verstaan? Ons het OO leer ken as ‘n feitgedrewe inligtingsbron en woordryke beriggewing – veral die Engels en Latyn vang selfs vir my dikwels. Dankie.

  8. Eina ! wou juis weet wie betaal Gordon se regskoste en nou lyk dit of OO die betaalkanaal gaan wees. Hoop die bank gaan OO so ‘n ou klein bedraggie voorskiet voor die munisipaliteit die groot lening kry wat hy nodig het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s