AfriForum pak Gordon

Privaatvervolging vir die standerd vierklong

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 9 Maart 2012.

14h35. Die munisipaliteit is bly, sê die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, dat die heksejag teen die standerd vierklong verby is. Daar was glo nooit enige bewyse van diefstal nie.

OO hoop die werkers en amptenare wat die vals verklarings oor arme Gordon afgelê het gaan voor stok gekry word!

‘n Mens kan darem nie só maak met ‘n agbare burgemeester nie!

12h45. Die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, hou om 13h00 ‘n mediakonfernesie oor die April-saak.

OO word nie toegelaat nie, maar OO sal soos gewoonlik die jammerlike hantering van die administrasie ook van hiérdie aangeleentheid rapporteer.

Vir OO is Mnyimba en sy administrasie en die standerd vierklong en sy burko so bang soos die duiwel vir ‘n slypsteen – want OO se feite maak darem té seer!

10h00. April se prokureur, Hardy Mills, van Plettenbergbaai, het na die hofverrigtinge aan die vryskutjoernalis Tisha Steyn gesê dat OO se inmenging in die saak, wat sub judice was, enige kans op vervolging in die wiele sou gery het.

OO se reaksie op Mills se standpunt kan môre in Die Burger gelees word.

09h45. Langer as ‘n halfuur nadat April weggestap het is daar nog steeds ‘n geroesemoes in die gange van die hofgebou… “Ek sou vervolg het!”

Inderdaad.

Inderdaad!

Die DOV sal moet verduidelik!

08h30. Oor die omstandighede in hierdie saak kan die woorde van Ayn Rand nie geïgnoreer word nie:

“When you see that in order to produce, you need to obtain permission from men who produce nothing–when you see that money is flowing to those who deal, not in goods, but in favors–when you see that men get richer by graft and by pull than by work, and your laws don’t protect you against them, but protect them against you–when you see corruption being rewarded and honesty becoming a self-sacrifice–you may know that your society is doomed.”

Kom ons kyk maar wat vandag en oor die volgende dae gebeur.

Daar word glo groot blydskap in die hof voorspel vanoggend.

Waarom sal mense bly wees dat Gordon met, ten beste, onverantwoordelike en minagtende gedrag wegkom… Wáárom?

Skokwekkend.

Oudtshoorn. 8 Maart 2012. 14h30. AfriForum se nasionale leierskap het die organisasie se regverteenwoordigers, Hurter Spies Ingelyf, opdrag gegee om die uitvoerende burgemeester, Gordon April, privaat te vervolg.

AfriForum het aangedui dat sy plaaslike voorsitter, George Kersop, so spoedig moontlik ‘n aansoek by die senior staatsaanklaer, me Carol Coetzee, sal indien vir ‘n nolle prosequi-sertifikaat – ‘n dokument wat bevestig dat die staat nie ‘n beskuldige gaan vervolg nie – sodat die privaatvervolging in aanvang kan neem.

‘n Privaatvervolging is nes ‘n gewone strafsaak, met die verskil dat die aanklaer met met die klaer se prokureur vervang word. Indien die klaer suksesvol is en die beskuldigde word skuldig bevind, onttrek die klaer se prokureur en die staatsaanklaer word verplig om die vonnis te behartig.

Die glimlag wat die standerd vierklong oefen om môre van agter sy alomteenwoordige sonbril te flits kan dus maar weggesmyt word. Daar kom pêre vir Gordon.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “AfriForum pak Gordon

  1. OO – wat het Mamba toe gesê tydens die nuuskonferensie wat jy nie kon bywoon nie, want jy is mos nou in geheel toegang geweier by die soustrein, sal jou leer om April fool te speel met die stander 4 klong.

  2. Wonder wie betaal nou vir April se regskostes ( Hardy Mills) Gaan die rekening uitgemaak word aan April of Oudtshoorn Munispaliteit!!!!!!!!!!!

  3. Jack dis waar, nie net daar nie maar by meeste firma’s. Dit is n geval van doen wat reg is en word self vervolg, bly stil en word deel van die trog vreters, by wyse van goedkeuring. Die gesegde van n vis vrot van sy kop af is waar.

  4. Hannes – volgens die Munisipale dissiplinêre prosedure mag die werkgewer ( munisipaliteit) nie teen ‘n werknemer wat ‘n ongeruimdheid, wanadministrasie, diefstal ens. openbaar, viktimiseer of teen so ‘n persoon diskrimineer nie. Ons weet natuurlik dat dit nie die geval is by Oudtshoorn Munisipaliteit nie en dat ‘n fluitjie blaser of geskors word of dat daar gesorg word dat die persoon se lewe hel gemaak word totdat die persoon noodgedwonge moet bedank. Ongelukkig beteken die vakbonde ook nie veel nie omdat hulle maar self vrees vir intemedasie vanaf die Raad en Munisipale Bestuurder.

  5. Glenn
    If private prosecution is successful and a conviction follows, then sentencing proceedings follow as normal. An interesting twist in the tail is that not alone will the DPP have egg on his face, but the State must pay the costs.
    The problem with cases such as this is that the prosecution’s case is as strong as its weakest link. When the prosecution case is built on the evidence on a whistle blower who does not have (as he should) the cover of a witness protection plan,who knows what can happen…………………or what has already happened.

  6. GLENN , no double standards should be applied. Then Pietersen’s legal team could also have requested a “warning only”, after all, he repaid the “stolen money” What is good for the goose (Pietersen), is good for April.(0ns gander mettie donki bril, wa nog stiek hy weg ?)

    It is also the Justice system under pressure here, to do the right thing, as in the Pietersen case.
    Should they fail and issue a nolli prosecu, i trust Afriforum will report that prosecutor to the correct authorities too. They should serve all, without favour or prejudice and apply the LAW, not their own agenda or stumble under undue pressures from politicians and unruly “simpletons” !!

  7. Baie dankie aanOO en Afriforum wat wys het dat hulle nie smeek en dreig nie maar werklik optree in belang van die inwoners van Oudtshhoorn. Dankie dat julle geen steen onaangeraak sal laat om korrupsie, wanadminstrasie en diefstal uit te roei nie,

  8. Mr Editor,
    I’m curious–what happens if found guilty, the state prosecutor then takes over, and pleads on advice from higher authority (the DPP/ANC) that there are extenuating circumstances (if there are or not)and Mr April should just be warned?
    Please let know if that’s a feasible expectation.

  9. Ek is bly om te sien dat daar nog iemand is wat bereid is om soos die Engelse sou se “put their money where their mouths are.” Bravo Afriforum! Julle moet miskien hande vat met die Justice and Equality Front om te help om die korrupsie stop te sit. Ten minste doen hulle iets om hul oortuiging te steun. As Mnr. April inderdaad skuldig is, moet hy sy houe vat, en as Afriforum dit kan bewys is dit wonderlik. My heelhartige steun aan Afriforum. Investigative public is 100% korrek, ek vind hierdie baie interessant, maar miskien nie presies vir die redes wat hy sou dink nie.

  10. Thank you OO and AfriForum – your determination to get to the bottom of this particular case and for that matter all fraudulent behavior by our public “servants” is much appreciated, and I am sure this sentiment is echoed by all law abiding folk, and in particular the beleaguered residents and the ratepayers of Oudtshoorn who have just about had enough of the incumbent Council and their managements’ tyranny!

  11. Dis al manier om korruptes vas te vat.
    Ek neem aan Kotane en Red 5 gaan die nuutste verwikkelinge baie interessant vind, so ook die hele SA en voornemende korrupte ANC/DA kornuite.
    Dis reg of weg, niks meer, niks minder !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s