Raad koggel OBB

Munisipaliteit ignoreer keerdatum op keerdatum op keerdatum

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 7 Maart 2012. 13h30. Dit begin nou komielik raak.

Elke keer as die munisipaliteit ‘n keerdatum van die Oudtshoorn Burgerlike Beweging ignoreer, stel die OBB ‘n nuwe keerdatum… wat uiteindelik ook deur die munisipaliteit geïgnoreer word.

Dis maar soos die raad met OO ook maak. En met die OBV. En met AfriForum. En met die inwoners en belastingbetalers wat inligting by die munisipaliteit soek.

Die raad ignoreer eenvoudig alle navrae.

OO kan uiteindelik maar net lag.

Mnyimba (MB) en Human (korporatief) en Lott (finansies) reageer eenvoudig nie op navrae nie.

Mnyimba se standaard respons is dat hy hom nog vergewis van omstandighede. Hy’s duidelik maar stadig.

Ntile (tegniese dienste) is opgeruk omdat OO haar persoonlike selnommer het en gebruik, maar is nie bereid om antwoorde op ligitieme vrae te verskaf nie.

Wat ‘n patetiese, bang, onbeholpe spulletjie is tans in beheer van Oudtshoorn!

OO het Mnr Pietie Mooney van die OBB vanmiddag gebel, maar hy was in ‘n klas besig en kon nie praat nie. In die tyd wat dit geneem het om te bevestig dat hy te besig was om te praat kon hy, as hy wou, sê of die OBB al ‘n antwoord van die munisipaliteit gekry het al dan nie. Hy sou ook nie later vanmiddag kon praat nie – te besig. Maar uiteindelik wou Mooney ‘n afspraak reël. OO wou nie ‘n afspraak hê nie; net ‘n eenvoudige antwoord…

Vir die rekord: Die raad het ook gister se finale, laaste, finale keerdatum van die OBB geïgnoreer en die OBB het ‘n verklaring hieroor en nuwe (of eerder: herbewoorde, bygewerkte eise) en ‘n lang brief van David Piedt afgelewer – aan almal behalwe aan OO. Want OO is te onbeskof. Oor die standerd vierklong en sy vrotsleg burgemeesterskomitee en onkapabele bestuur.

Ag nee wat.

Laat OO dit nou maar sê: slegs AfriForum het tande en is nie bang om dit te wys nie. En hulle het ‘n stok ôk. En hulle is nie bang om te slaan nie.

Mooipraatjies met die standerd vierklong van Dysselsdorp en sy kornuite gaan nie werk nie.

En… OO sal áánhou en áánhou en áánhou. Al swyg die ANC en die DA vir ewig en altyd – dié tweetjies is uiteindelik maar voëls van eenderse vere.

Vir Oudtshoorn se patetiese regring kan net gelag word.

Oor die provinsiale regering kan net gehuil word.

Oor die nasionale regering kan net gevrees word.

Berge val op ons; heuwels bedek ons…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Raad koggel OBB

  1. OBB lyk vir my julle soebat ook net, maar doen niks nie, menere die dae van soebat is verby, hoekom nie ‘n interdik kry wat die Raad verplig om te antwoord nie, op hierdie manier sal die raad, amptenare en vernaam die belastinbetalers sien dat OBB ernstig is met wat hulle doen. Hoe moeilik is dit nou om ‘n interdik met ‘n kostebevel te kry.

  2. I can never think well of a mans intellectual or moral character if he was habitually unfaithful to his appoitments.Thank you.

  3. Three contractors – one from Soweto, another from Pretoria , and the third from Benoni, are bidding to fix a broken fence at the Union Buildings in Pretoria ..

    They go with a Union Buildings official to examine the fence…

    The Pretoria contractor takes out a tape measure, does some measuring, and then works some figures with a pencil.
    ‘Well,’ he says, ‘I figure the job will run about R900.

    R400 for materials, R400 for my crew, and R100 profit for me.’

    The Benoni contractor also does some measuring and figuring, then says, ‘I can do this job for R700: R300 for materials, R300 for my crew, and R100 Profit for me.’

    The Soweto contractor doesn’t measure or figure, but leans over to the Union Buildings official and whispers, ‘R2,700.00’

    The official, incredulous, says, ‘You didn’t even measure like the other Guys! How did you come up with such a high figure?’

    The Soweto contractor whispers back, ‘R1,000 for me, R1,000 for you, and we hire the guy from Benoni to fix the fence.’

    ‘Done!’ replies the government official.

    And that, folks, is how it all works in S.A. these days!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s