AfriForum bult spiere

Willie Spies kyk na DOV se April-besluit

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 7 Maart 2012. 10h50. OO het verlede week ‘n hulpkreet van ‘n leser uit Gauteng gekry wat haar kommer en misnoë met die munisipaliteite in Steynsburg en Burgersdorp te kenne gegee het omdat Eskom die krag in die dorpe teen môre, 8 Maart, sou afsny weens wanbetaling.

“Ek weet regtig nie wat gaan van my pa en ouma en die res van die familie word nie…”, het sy geskryf.

OO het die leser daarop bedag gemaak dat AfriForum vanoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof om ‘n interdik teen Eskom aansoek doen om die afsluitings te keer.

AfriForum het ook gisteraand ‘n tak op Burgersdorp gestig en AfriForum se hoof plaaslike regeringsake, Pieter Rautenbach, het vanoggend aan OO gesê dat die vol saal hartlik applous gegee het toe hy na die skuldigbevinding van die Burgersdoper, Noël Pietersen, op Oudtshoorn verwys het.

Pietersen was die munisipale bestuurder van die distriksmunisipaliteit Ukhahlamba, wat Burgersddorp insluit, voordat hy Oudtshoorn kom vergal het. Die plaaslike sakeleier, Nic Barrow, het reeds in 2007 Pietersen se bestuurswanpraktyke in Ukhahlamba uitgewys. Pietersen het tydens vonnisoplegging ‘n permanente adres in Burgersdorp verskaf.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, gee tans ook aandag aan die Wes-Kaapse DOV se besluit om die burgemeester, Gordon April, nie te vervolg nie. OO het vanoggend met Spies se kantoor oor die saak gesels en sal later vandag meer inligting hê.

Op OO se voorblad pryk die uitspraak van die antieke Chinese filosoof Confucius: “It does not matter how slowly you go as long as you do not stop.”

Ons mag nóóit ophou om teen wanadministrasie te betoog nie.

Nóóit!

Selfs, en verál, wanneer die oormag te groot blyk te wees, móét daar teen wanadministrasie betoog word.

Onthou, ons het die regering wat ons verdien. Jý moet ‘n verskil maak – niemand anders gaan dit namens jou doen nie.

As jy dit perdalkies nog nie weet nie – dit gaan slég op Oudtshoorn:

– Een van ons Eskomrekeninge is verlede maand laat betaal.
– Die voormalige direkteurs, Walter Hendricks en Keith Jordaan, se skikkingsbetalings is laat uitbetaal.
– Die raad het ‘n R26m kontantvloei-tekort.
– Die kapitaalbegroting is met bykans 50% gesny.
– Die aanstellings van die munisipale bestuurder en die direkteur korporatiewe dienste word in die Wes-Kaapse hooggergeshof betwis.
– Die burgemeester was al twee maal in die hof vir diefstal van munisipale eiendom – die DOV het pas geweier om te vervolg.
– Die munisipaliteit soek tans ‘n R40m-banklening om kapitele besteding te befonds… terwyl hy ‘n massiewe kontantvloei-tekort het!
– Ons instandhouding is bykans R95m agter.
– Aanstellings word steeds gemaak sonder inagneming van die organogram.

Hierdie is die soort besluitneming wat Oudtshoorn se raad kenmerk:

1. In Augustus 2007 word Noël Pietersen as munisipale bestuurder aangestel.
2. Bykans R2m word spandeer op ‘n ondersoek om Pietersen op 14 November 2008 te skors en op 25 Februarie 2009 eenparig af te dank.
3. Op 4 Augustus 2010 word Pietersen R1.5m aangebied om sy pos weer op te neem.
4. Bykans R2m word spandeer om die besluit om Pietersen weer aan te stel in die hooggeregshof te verdedig.
5. 80 dae nadat die R1.5m uiteindelik aan Pietersen betaal word, betaal die raad hom R1.2m om sy pos te ontruim!

Dis R6.7m wat op Pietersen vermors is vir werk wat hy nié gedoen het nie – bo en behalwe sy vergoeding vir werk wat uiteindelik gelei het tot sy skuldigbevinding aan bedrog.

Nee, dis ongelukkig nié ‘n opgemaakte storie nie.

Die ANC-raadslede van Oudtshoorn het duidelik nie eens elementêre bestuursvaardighede nie – wat kan jy nou verwag van ‘n raad wat deur ‘n standerd vier-klong gelei word!?

Báie meer mense moet op Oudtshoorn in opstand kom.

Sluit aan by die belastingbetalersvereniging (Lizanne Pelham op 0828802297) en by die Oudtshoorn Burgerlike Beweging (Pietie Mooney op 0846035756) en by AfriForum (George Kersop op 0729160018) en laat hoor jou stem.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “AfriForum bult spiere

  1. OO- dit is wat die kiesers van Oudtshoorn wil sien – ‘n organisasie soos Afriforum wat nie bang is om die lamsakkige en korrupte Raad hof toe te vat in belang van die dorp en sy mense nie, VIVA AFRIFORUM ons is trots op julle.

  2. OO – Korreksie aanstellings word nie net gemaak sonder inagneming van die organogram nie maar ook sonder die nodige kwalifikasies en ondervinding.

  3. Ek plaas my geld op Afriforum wat landwyd gewys het hulle het die tande om korrupsie en wanadministrasie aan te vat

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s