DOV weier om April te vervolg!

AfriForum reageer met onmiddelike optrede!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 7 Maart 2012. 16h45. Daar is omtrént konsternasie in hof- en polisiekringe oor OO se onthulling Maandag dat die DOV besluit het om Gordon April nié te vervolg nie.

Hoekom en waarom die konsternasie!? Waarom en hoekom moet die besluit “geheim” bly tot Vrydag!?

Jý het die rég om te weet!

Andermaal word daar hoog en laag en links en regs en kruis en dwars gesoek na die ‘klikker”… en OO lag héimlik: Niémand gaan die bron ontdek nie en geen verdagte is “skuldig” nie.

Inligting is daar om te wéét.

OO het ‘n massiewe inligtingsnetwerk opgebou oor die afgelope 3 jaar en die verontwaardigdes wat OO “nooit lees nie” maar woordeliks aanhaal, sal blouaapstuipe kry as van OO se bronne aan hulle bekend sou raak.

Dis nogals ‘n lekkerte, dié geroesemoes van poelitici (sic) en amptenarre (sic) wat meer tyd spandeer om OO te probeer fnuik as tyd aan hulle joppe.

Dat Gordon April nie vervolg gaan word nie, is verregáánde. Wanneer die volle storie Vrydag bekend word gaan die poppe dans.

Maar weet gerus: Die storie wat nou in omloop is dat die DOV nié besluit het om April nie te vervolg nie, is váls.

Die DOV hét besluit om April nie te vervolg nie en die duiwel is los daaroor!

Oudtshoorn. 5 Maart 2012. 16h45. die Direkteur van Openbare Vervolgings het geweier om die uitvoerende burgemeester, Gordon April, op klagtes van diefstal te vervolg.

Die aanklagte teen April sal Vrydag onttrek word.

April kan verseker wees dat belastingbetalers nie sal toelaat dat hy willens en wetens eiendom van Oudtshoorn vir homselfs toe-eien nie.

Die standerd vier-klong van Dysselsdorp gaan Vrydag met ‘n groot glimlag uit die hof stap, maar daar gaan baie indringende vra aan die owerheid getsel word deur baie toegewyde mense wat wanadministrasie nie gedoog nie!

April het op 23 Desember verlede jaar in die hof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is op klagtes van diefstal.

Die aanklaer het toe aangedui dat die saak na die DOV verwys sou word vir ‘n beslissing en saak is tot 3 Februarie uitgestel.

Die saak is by die tweede verskyning tot Vrydag, 9 Februarie, uitgestel omdat die DOV se beslissing nog nie bekend was nie.

AfriForum het vanmiddag laat aangedui dat hy die DOV sal vra om redes vir die besluit te verskaf. AfriForum se mees senior regslui sal betrek word.

Selfs al sou die DOV sy besluit nie hersien nie, sal Afriforum op ‘n nolle prosequi verklaring aandring ten einde ‘n privaatvervolging te begin.

AfriForum is ongelukkig nie ‘n politieke party nie. Maar daar is by mý géén twyfel waar mý kruisie getrek sou word as AfriForum wél ‘n politieke party was nie!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

14 thoughts on “DOV weier om April te vervolg!

  1. @ Fred. Ek probeer niemand beindruk nie. Jou reaksie op my kommentaar is ongelooflik openbarend. Volgens jou redenasie natuurlik het NIEMAND nog ooit onder eed gelieg nie. Dus moet ons aanvaar dat al die kriminele in die tronk onskuldig is, aangesien hulle onder eed gesweer het hulle is onskuldig. Jackie Selebi het as ‘n voorbeeld maande lank sy onskuld onder eed bepleit, maar kan jy nou meer, die Hof het hom nie geglo nie! Hoe kan dit wees?! Eintlik het ons dan nie meer ‘n regstelsel nodig nie, die polisie moet maar net vir jou vra om onder eed te sweer jy het nie iets gedoen nie, of hulle moet maar net almal in die tronk gooi as iemand ‘n beedigde verklaring afle waarin BEWEER word dat hulle iets verkeerd gedoen het. Maar nou kom die probleem, wat as iemand onder eed sweer jy het dit wel gedoen, nou het ons twee weersprekende beedigde verklarings en NOODWENDIG moet (ten minste) een van die twee lieg. Jy meld ook dat die mense wat die verklarings afgele het “is briesend vir April”. Dit klink vir my na ‘n motief om te lieg om iemand anders in die moelikheid te kry. As mnr. April nou ‘n beedigde verklaring maak en se die aanklagte teen hom is gefrabiseer en vals, is my vraag aan jou of jy hom ook so sonder meer sal glo as hierdie beskuldigers? Vir jou onthalwe hoop ek werklik nie dat enige iemand ooit ‘n beedigde verklaring afle waarin jy beskuldig word van een of ander kriminele oortreding nie, want ek aanvaar dan dat jy nie jouself daarteen sal probeer verdedig nie!

  2. Ag Red5 asseblief. Vir wie probeer jy beindruk. Die beedigte verklarings van die mense wat April se sand en klip moes aflaai is aan ons almal bekend. En die tweede beedigte verklaring van die selfde mense om te se hoe April hulle toe probeer dreig en omkoop om hulle stories te verander is ook bekend. Hulle is briesend vir April. En gesien in die lig van al die ander korupsie deur vele munisipale amptenare en raadslede wat ook bekend is, is daar geen twyfel dat April wel die sand en klip gesteel het nie. As almal maar volgens jou misrabele ervaringswereld moes wag om op te tree, het al Oudtshoorn se kroeks seker met groot smiles rondgeloop!

  3. @ OO se antwoord aan Kotane. Wat vir my verstandverstommend is, is dat jyself skryf dat die saak het nog nie eens begin nie, tog blyk dit asof jy (die media) en die meeste ander lesers hier vir Mnr. Gordon April reeds skuldig bevind het. Is dit nie bietjie (en daarmee bedoel ek BAIE) hipokraties nie?! Ek het geen insae hierin nie, maar my ervaring is dat die vervolgingsgesag eerder sal vervolg as om nie te vervolg nie indien die getuienis 50/50 is. MAW, my gevoel (gebasseer op my ervaring) is dat die getuienis en saak teen meneer April waarskynlik baie minder waarskynlik sou wees om suksesvol vervolg te word. Wat het geword van mense se konstitusionele reg om onskuldig geag te word todat die teendeel bewys is?

  4. tipies van die ANC– is verheug dat daar niks gaan kom van die saak teen n korrupte ANC burgemeester – maar boeta as die ou v- n DA burgemeester moes wees !!! kotane, jou soort maak mens siek.!!!!

  5. kotane – snaaks dat jy dink die optrede van April was reg en dat Afriforum geld mors, maar die geld wat Afriforum volgens jou mors is nie die belastingbetaler se geld nie, maar die lede van Afriforum se geld. Hoekom kritiseer jy nie die ANC wat miljoene rande van die belastingbetaler steel en dat die belastingbetaler verder straf deur hoër belastings op petrol ens. om hulle plig teenoor die arm mense van Suid Afrika na te kom.

  6. DOV se besluit om nie teen die Burgemeester te vervolg nie is ‘n ope uitnodiging aan ander amptenare om munisipale eiendom te vat soos hulle lus het. Die outjie wat die stukkie kabel gegaps het kan nou maar rustig slaap wat diefstal van munisipale eiendom en voorraad is nie meer so ‘n ernstige oortreding nie. Gaan die geldjie wat Heinse homself mee ge- help het vir waarneming ook as nietig gesien word. Wonderlike soustrein waar daar vanaf die burgemeester tot die arbeider nou net goed gevat kan word sonder om aanspreeklik gehou te word. Afriform wys die mense soos Kotane dat die publiek van Oudtshoorn nie diefstal sal toelaat nie, dwarsdeur die wonderlik Suid Afrika is daar mense wat opsien na Afriform en waardeer wat daar gedoen word vir die regte van gemeenskap en dat die publiek se geld en besittings beskerm word teen korrupte politieke leiers en amptenare. VIVA AFRIFORM en OBB

  7. Dit het tyd geword dat alle groepe soos die sakekamer, toerisme, afriforum, belastingbetalersvereniging ens. saamkom en besluit watter aksies geneem behoort te word. As die minister (wat is sy naam nou weer) Bredell of soiets, dan so besig is, kan ons hom dalk help om sy las te verlig. Elke organisasie sal moet afklim vanaf sy mishoop en hande vat ter wille van Odn. Ek is regtig ernstig en hoop dat iemand hierdie organisasies sal kan mobiliseer. OO dalk kan jy die wiele net aan die rol sit.

  8. Kotane so jy herken hy het die gemeenskap be roof! As hy so eerbaar was het hy tenminste herken en die gemeenskap die inkoste bespaar, maar ontken en, aanspreuklikheid verplaasing, is by uitstek kenmerkke van die raadslede.

  9. Ek kan nie glo Afri wil honderde duisende rande spandeer op n privaat vervolging vir R 200 se sand en klip nie. Praat van aandag soek en paranoid – julle vat dit tot nuwe hoogtes.

  10. Kotane, die uitvoerende verleentheid van die Groter Oudtshoorn het sand en klip wat aan belastingbetalers behoort gevat.

    Dit is verstandsverstommend en gemoedsbekakkend dat jy kennelik meen Gordon behoort daarmee weg te kom!

    Die saak het nog nie eens begín nie; watwou óór wees!

    Maak julle reg, hier kom ‘n ding! Verseker!

  11. Jy was te voobarig met jou sakkie sand en klip OO. Hoop jy respekteer en aanvaar die DOV se besluit met dieselfde ywer wat jy die DOV se besluit om Pietersen te vervolg aanvaar het. Dis nou wat ons noem politically trumped up charges en die besluit van die speurder en aanklaer om te arresteer en aan te kla moet onder die soeklig geplaas word. Dankie DOV vir n weldeurdagte en korrekte besluit. Shame on you Kersop en OO. Sjoe maar dis lekker as julle so baie op jul moer kry. Viva ANC.

  12. Is daar enigsins n manier dat DOV uitgedaag kan word, “having applied their minds to the misconduct of this very senior office of Mayor” en dat verdere openbaarmaking in die breer media uitgenooi word.

    Is dit die manier hoe die Staat nou korrupsie beveg ?

  13. Dit wil voorkom of die dae van in watse orgenesasie/party jy lid is nog tel in DOV, maar buite is dit nie meer van belang nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s