Die munisipaliteit maak staat op ‘n R40m-lening

Sê wéér!?

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 3 Maart 2012. 12h30. Nadat OO al op 14 September verlede jaar berig het dat die munisipaliteit in ‘n vieslike finansiële verknorsing is, het daai standerd vierklong van Dysselsdorp wat tans burgemeester-burgemeester speel Dinsdag vele verskonings vir die geldnood gehad.

Maar dis nou nie meer vir die munisipaliteit moontlik om die finansiële krisis te ontken, soos Mpho Mogale so onlangs soos Desember probeer doen het nie.

Die munisipaliteit soek tans ‘n bank wat bereid is om Oudtshoorn R40m te leen terwyl die raad verklaar dat hy ‘n R26m kontantvloei tekort het wat met besparings moontlik “net” R15.2m sal beloop. Die kapitaalbegroting is met byna 50% gesny en twee van die mees senior amptenare – die munisipale bestuurder en die direkteur korporatiewe dienste – se aanstellings word tans in die Kaapse hooggeregshof bevraagteken.

Sal jý met ‘n bank sake doen wat bereid is om R40m aan die Oudtshoorn Munisipaliteit te leen!?

Die OBB is reg: Die ganse raad behoort te bedank.

Die raad en die amptenary is vrotsleg. Hoe anders kan die toestand waarin Oudtshoorn hom bevind verklaar word?

OO het só aan die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering geskryf:

My dear Anton

I quote from your media statement subsequent to a meeting with officials from Oudtshoorn and Kannaland on November 1 last year:

“The discussions at both these municipalities were extremely positive, open and to the point and I believe that a strong basis has been established for my Department of Local Government and the Provincial Treasury to now, on an administrative level take forward the matters so identified in the spirit of good governance.”

Well, my good man, the Oudtshoorn Council took “good governance” to the level of a R26m cash flow shortage and has placed its hope on a R40m loan whilst the appointment of the jockey, one Thandekile Mnyimba, is being challenged in the Cape Town High Court as I write and the Executive Mayor is to appear in Court on March 9 on charges of theft of municipal property – for the third time.

Your “strong basis” is collapsed.

What are you going to do now, Anton?

Issue another statement of cooperation and the need for good governance?

Hell, the anticipation is killing me!

Yours

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

16 thoughts on “Die munisipaliteit maak staat op ‘n R40m-lening

  1. ‘n R40mil lening moet tog sekerlik terugbetaal word of hoe? Sal die agbare Burgemeester ons asseblief verwittig van wat die terugbetalingsooreenkoms sal wees. Soos wat die saak tans staan is daar nie genoeg inkomste om die huidige begroting te laat klop nie, so hoe de m… wil die raad ‘n lening van R40mil terugbetaal.

    Waar sal ons hulp vandaan kom?

  2. Bredell sê vanoggend (5/3/2012) op KFM nuus. “Waar korrupsie is sal ons optree” haha, yeah right moroon!

  3. Ditto FEDUP, Ditto

    Will someone please expain the essence of FEDUP’s plea to Bredell NOW !!

  4. OM / april – go back and study economics and business management 101 – You are indeed running and are ACCOUNTABLE for a business – our Town’s business, our security and our future, and not your own private short term “piggy bank”.

    Burying the ratepayers and residents of Oudtshoorn in long term debt and it’s compounding interest cost is just plain “bullshit” – ask us for some sound business planning advise – you and your gang of 5 are clearly incapable of any financial intelligence, management, forward planning (that’s budgeting to you) or financial restraint and are placing our future administrations in dire circumstance.

    TAKE NOTE BREDELL – AND DO SOMETHING – NOW – BEFORE OUDTSHOORN GOES BUST AND YOU CLIMB IN WITH ANOTHER COSTLY “RESCUE PLAN” AND A MASSIVE AND LONG TERM HOLE WE HAVE TO DIG OURSELVES OUT OF!

    We demand that the WC Government place Oudtshoorn under ADMINISTRATION before it’s too late.

  5. I think I’ve missed something… Do they intend to borrow themselves out of debt. This is known as “Molefenomics” here in Plett and a recipe for disaster elsewhere.

  6. Kotane die bank mag heelmontlik met n raad sit, of wat gaan hul repo? die ondergrond goed verdwyn tussen departmente (water wat krag kables steel) , die sand en klip (lankal weg in n fool’s flash), die geboue (geen huurders en die plakkers brand dit ), die voertuie (staan), straate (vol gate), belasting (die is inweegskaal). Nee as ek n bank was sou ek nie n sent gee nie, teensy ek n dorp wil repo nie.
    As ek daar aan dink mag dit goed wees om die raad met n bank te vervang, tenminste sal daar besluite geneem word deur iemand wat moet verantwoording doen, free loaders word nie gedult nie, en klieente wat betaal word belangrik ge-ag, die wat nie wil of kan betaal nie kan wag. n Ander ding is hul wil die besigheid uitbrei, en meer betaalende klieente kry, nie verjaag nie.
    Die bank sal ook die wat hulself help om te gemoed kom, maar as hul net sit en vir grants wag, vir hul sal verduidelik word dat hul stem is n verleenthuid, en hul is n las wat op die res van die gemeenskap trug hou. Die lot free loaders is welkom om hul goed te vat en erens anders te gaan plak en paresieteer.

  7. Ek hoop nie julle wil nou die bank boikot wat die geld aan die Raad gaan leen nie. Tipe van n burgerlike protes. Dit sal nou rerig paranoid wees en aandag soek op sy ergste. Iets soos jul dreigement om dienstegeld en belastings te weerhou. Het geweet dit gaan weer net n muis baar. Aandag soek en paranoia dis al wat julle na die tafel toe bring.

  8. OO, die Raad en Gordon se dae is iedergeval getel. Hopelik sal enige tipe lening gekoppel word aan “good governance” gepaardgaand met prestasie, sonder enige trogvreters aan boord. Dis is dit of die lening, of die voortploeter met bg Raad en April, n spul …………….. Om nie te meld die KKNK is 28 dae weg .

    Wat ek die meeste waardeer is jou brief aan daai klong Bredell. “What is good for the goose,,,,,,”,hy behoort vrywillig PAD TE GEE of sy geringste teenwoordigheid selfs, gaan vir ZILLE die einde beteken. Tyd sal leer.
    Watch this space !!!!!!!!!!!!

  9. Hoeveel van die R 40 miljoen is vir verdere regskostes en pakkette. Oudtshoorn gaan sy GAT ” good en solid” sien!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s