André van Greunen is nuwe sakekamer-voorsitter

‘n Nuwe era

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 2 Maart 2012. 06h15. André van Greunen, die nuutverkose voorsitter van die Oudtshoorn Sakekamer, het ‘n lang en bewese betrokkenheid by voortreflike en suksesvolle ondernemings en organisasies. Hy sê dat sy sukses toe te skryf is aan die feit dat hy projekte met hart en siel aanpak.

In ‘n onderhoud met OO het Van Greunen met groot lof van sy voorgangers, Jacobus Maloney en Melcus Nel, gepraat en gesê dat hulle die sakekamer se verhouding met die munisipaliteit die afgelope vier jaar herstel het en ‘n platform vir toeganklikheid en samewerking geskep het.

Dié platform is van opperste belang vir Sake Oudtshoorn want besighede kan net suksesvol bedryf word in die omgewing wat die owerheid skep.

Suksesvolle besighede is ‘n dorp se lewensaar en Oudtshoorn is geen uitsondering nie.

Van Greunen sê dat Oudtshoorn tans doodbloei en dat inwoners wakker geskud moet word om die erns van Oudtshoorn se ekonomiese insinking te besef sodat almal kan saamwerk om die verderf stop te sit en ‘n oplewing teweeg te bring.

Die sakekamer moet so ‘n oplewing as hoogste roeping hê en die sakekamer kan volhoubare ekonomiese groei beïnvloed.

Die realiteit is dat politieke en ekonomiese onsekerheid wêreldwyd, en in Suid-Afrika, besigheid tans aan bande lê. Oorlewing is besigheid se voorland voordat dinge gaan draai en groei moontlik gaan word. Dit is die vooruitsig vir die georganiseerde landbou en vir toerisme, Oudtshoorn se hoof ekonomiese sektore.

Maar Van Greunen is oortuig dat Oudtshoorn se sakebedryf sal oorleef en groot hoogtes sal bereik as ondernemings op Oudtshoorn en die gemeenskap hande vat tot voordeel van al die dorp se inwoners.

Werknemers moet werkgewers se belange op die hart dra omdat werknemers se eie bestaan, en die bestaan van hulle gesinne, afhanklik is van werkgewers se sukses. Daarom is dit elke werknemer se plig om verbruikers vriendelik en met respek, en in ‘n gees van dienslewering te bedien – of die onderneming nou kitskos, of klere, of motors, of professionele dienste verkoop.

Verreweg die meeste ondernemings op Oudtshoorn word deur entrepreneurs bedryf; selfs die nasionale en internasionale handelsname word plaaslik meestal as konsessies bedryf. Oudtshoorn se besighede behoort aan mense van Oudtshoorn wat dit vir Oudtshoorn se verbruikers aangenaam en voordelig moet maak om plaaslike winkels en firmas se produkte en dienste te koop en nie hulle geld elders te gaan bestee nie.

Van Greunen het ‘n passie vir uitmuntende dienslewering en wil sien dat verbruikers alle klagtes oor dienslewering, en probleme met die beskikbaarheid van produkte, onder besigheidseienaars se aandag bring sodat dit reggestel kan word. Plaaslike verbruikers moet plaaslike sakelui eerder bedag maak op probleme as om in protes op buurdorpe te gaan koop.

Die sakekamer moedig sy lede aan om uitmuntende diens, mededingende pryse en ‘n wye reeks produkte en dienste aan te bied sodat verbruikers geen rede sal hê om hulle geld op buurdorpe te spandeer nie. Die sakekamer moedig sakelui aan om by die kamer aan te sluit sodat plaaslike verbruikers aangemoedig kan word om hulle te ondersteun.

Die sakekamer wil by lede ‘n gees vaardig maak wat Oudtshoorn as ‘n verbruikersvriendelike sake-omgewing sal vestig: ‘n Houding van uitnemendheid; die verbruiker se beste belange; en innovasie moet Sake Oudtshoorn se leuse word.

Verbruikers moet kan staatmaak op hierdie sake-etiek wanneer hulle ‘n onderneming se lidmaatskapsertifikaat in ‘n winkel of kantoor sien. Daarom wil die sakekamer lede ook help om die sakekemaer se norme en waardes te reflekteer.

Hierdie besigheidswaardes sal herken word in toekennings van die sakekamer. Sakelui wat die verbruiker eerste stel sal die ondernemers wees wat deur die sakekamer vereer word.

Van Greunen het dit duidelik gemaak dat hy onder geen omstandighede by die plaaslike politiek betrokke wil raak nie maar dat hy wanadministrasie en korrupsie in die owerheid nie sal gedoog nie.

“Die sakekamer”, sê Van Greunen, “sal ongerymdhede in die bestuur en administrasie van Oudtshoorn hard en duidelik aanspreek.”

Oudtshoorn se sakelui kan uitsien na ‘n sakekamer onder André van Greunen se bestuur wat besigheid op Oudtshoorn sal bystaan om uitnemendheid te bereik sodat plaaslike verbruikers gretig sal wees om plaaslik te koop.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

10 thoughts on “André van Greunen is nuwe sakekamer-voorsitter

  1. Even I am not that good… And I don’t pay commision, so the carpenter won’t approve. But thanks for the compliment!

  2. Arm’s length transaction. 2 Hour interview. Draft submitted. Client approved. Bill submitted for payment. No gotcha.

    If ever the ANC wants a professional media statement I’ll give ya a rate!

  3. @OO: ‘as my communications company drafted the statement’!! Gotcha.

  4. Indeed, Comment. As my communications company drafted the statement, I appreciate the point! And I take note.

    Success of the business and success of the owner are equal, but your suggestion is more… politically correct.

  5. The statement ‘Werknemers moet werkgewers se belange op die hart dra omdat werknemers se eie bestaan, en die bestaan van hulle gesinne, afhanklik is van werkgewers se sukses.’ suggests a formula for workplace relationships which would be immeasurably enhanced if it was amended to ‘Weknemers en wergewers moet mekaar se belange op die hart dra omdat die bestaan van albei en hulle gesinne is afhanklik van die sukses van die besigheid’.

  6. Kotane, ek haal die nuwe voorsitter aan: “Die sakekamer sal ongerymdhede in die bestuur en administrasie van Oudtshoorn hard en duidelik aanspreek.”

    Einde van die storie.

  7. Sal OO se respek en agting vir Andre verdwyn as hy, soos sy voorganger, met die ANC beheerde Raad vergader? Verlede jaar se polemiek is nog vars in die geheue toe die sakekamer leierskap as die skuim van die aarde uitgemaak is omdat hulle met die ANC beheerde Raad vergader het. Andre kan met die DA, Cope, Rate payers, Burgerlike Beweging ens ontmoet maar moenie hoogverraad pleeg om met die ANC gesien te word in een kamer nie. Dis die goue reel Andre. Die Franschoek – Rosenhof mafia gaan nie met jou lag nie.

  8. Andre, ek glo dat jy enige ongerymdhede die nekslag sal toedien. Met jou aan die stuur kan dit net goed gaan.

    Oudtshoorn se mense gaan koop wel op George maar in baie gevalle is dit omdat diens in Oudtshoorn baie sleg is. Daar is wel baie besighede in Oudtshoorn wat baie goeie diens lewer. Maar as iemand eers ‘n swak diens gekry het en weg beweeg het is dit moeilik om so mens terug te wen. Sekere besighede sal maar hulle sokkies moet optrek.

    Ons het nog net goeie diens van die besighede gekry en sal altyd ons dorp ondersteun. Maar ongelukkig weet ek dat die baie besigheidsmanne se families om die dood nie in Oudtshoorn koop nie. Hulle moet vir ‘n slag ook Oudtshoorn ondersteun en nie in die Kaap nie. Vir die besighede wat dalk wonder waar die koopkrag in Oudtshoorn heen is, ja sorg dat jou eie mense se koopkrag in Oudtshoorn bly.

    Sê maar net!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s