Die geheim van die gesteelde kragkabel

Waterwerkers oortyd betaal om kragkabel te steel!?

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 29 Februarie 2012. 06h15. Iets soos dít gebeur – hopelik – net een maal in ‘n skrikkeljaar…

Die munisipaliteit is besig om kragkabels te vervang en groot dele van die skouers van Van der Rietstraat en Hoogstraat Noord van Van der Rietstraat is reeds oopgegrawe.

Nadat die nuwe stuk kabel Saterdag tussen Buitekant- en Jan van Riebeeckstrate gelê en behoorlik gelas is moes werkers Maandag tot hulle konsternasie ontdek, toe hulle die lyn wou aanskakel, dat 13m van die nuwe kabel ontbreek.

‘n Plaaslike elektrisiën vertel dat dit nie sommer enigiemand is wat 120mm 11kv kragkabel langs ‘n besige pad (‘n aar tussen die Infanterieskool en die middedorp) kan steel nie.

Die kabel weeg sowat 9kg per meter en kan beswaarlik soos ‘n stuk huishoudelike kragdraad opgerol en weggedra word.

En ‘n hier is die kinkel in die gesteelde kabel:

‘n Waterpyp het oor die naweek gebars in die onmiddelike omgeweing van die nuwe kabel en die munisipaliteit het die pyp gaan herstel.

‘n Amptenaar in die Elektries Departement sê aan OO dat die kabel “pragtig afgesny is – soos ons dit amper nie kan doen nie”.

Die nuwe kabel word gelê. ‘n Waterpyp bars. ‘n Munisipale span maak die pyp reg. Die kabel verdwyn.

Laas toe ek gekyk het, het 2 en 2 nog 4 gemaak.

Kan die munisipaliteit – Zukiswa Ntile, die direkteur gemeenskapsdienste – ons dalk sê wie die waterpypspan was en wat sy en die munisipaliteit doen om die skuldiges vas te trek?

Dit kan énigiemand wees; die omstandighede dui egter ‘n bepaalde ondersoekrigting aan.

Zukiswa?

Dis darem so R13,000 se hardeware wat gesteel is. En die ekstra arbeid om die werk oor te doen moet nog bygetel word.

Soos ek sê: Hopelik net een maal elke skrikkeljaar.

Nota: die kop “Waterwerkers oortyd betaal om kragkabel te steel!?” Is deur OO-leser John kwytgeraak – sien sy kommentaar hieronder.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “Die geheim van die gesteelde kragkabel

  1. Aikona. Die term steel kom uit die “vorige” regime. Die nuwe term is :”(un)democratic redistribution of wealth.”

  2. bart vosloo – Wil nou nie jou spoed en geesdrif demp nie, maar aan watter Raadslid moet OO dit rapporteer, hulle ry op die soustrein en stel die voorbeeld wat nou deur hulle onderdane gevolg word.

  3. Die Munisipaliteit is n openbar liggaam. In geval van diefstal veral met groot waarde is die betrokke amptenaar aan die hoof verplig om n klagte te le. Kan OO dit nie aan n raadslid rapporteer en dat die raadslid op die geval ingaan en dan n klagte le as dit nog nie gedoen is nie.

  4. Fedup I do not think so (with a Z sign) Whould luv to know how the departmens explain it, to the safty board, Water and elec cable may not be near each other! As a ex safty and health rep, I fear that they may endup with a shocking seprize,.

  5. Outrageous! – but then they see their boss allegedly helping himself, so what the hell, it must be open season?

    I suggest the MM report this to our Town’s Insurance Company – they will send some mean forensic assessor to town and and get to the bottom of this “pronto”.

  6. Wil iemand vir my sê dat die toesighouer asook die bestuurder van die voertuig nie bewus was dat so klein kabeltjie onwettig verwyder word en nog vervoer word ook nie, of het die kabeltjie nou net verdwyn. Kul jou hier, kul jou daar en siedaar die kabeltjie is weg, skoon gemaak en by die skrootwerf.

  7. So-by-So – Jy ken mos die munisipaliteit daar sal nie ‘n diefstalsaak by die SAPD gemaak word nie, moontlik en dalk net heel moontlik sal daar dissiplinêr teen die persoon opgetree word as hulle kan uitvind wie dit is. Die ergste staf wat die persoon moontlik kan kry is dat hy moontlik en ek sê weer moontlik ” gefire” kan word as die dissiplinêre verhoor reg gehou word en nie uitgegooi word nie. Die grap van alles is dat indien die burgemeester homselg sand en klip kan toe- eien, hoekom kan ‘n werker nie maar ‘n stuk kabel vat nie. Gaan die Raad nou hierdie arme werker se regskostes ook betaal as hy moontlik krimineel vervolg gaan word. Lagwekkend hoe die belastingbetalers se geld gesteel word van die burgemeester tot by die gewone arbeider en die publiek moet maar tevrede wees.

  8. Kan jy ons op hoogte hou van die SAPD se vordering met die ondersoek? Bepaald is daar deur Sukizwa sonder versuim ‘n diefstalklag ingedien. Ek weet okkie; het sy? Gaan jy vasstel?

  9. Waar leer die manne om so te steel
    Antwoord; Is dit van Bo af ? ( en van die NOORDE af, watter noorde ?? Ons kom stellig daarby, is it called Afrocentrisism i guess, as opposed to Eurocentrasism ?)

    Ja, dit het onlangs ook begin by ODN MM amptenary en loop dit dalk soos n goue draad reg deur eerste, tweede en derdevlak regering.? Besluit self !
    Wat kan jy verwag van n morele basis van sg leiers wat ingekalwe het as selfs die Doomsie steel, DIE sg bewaker van sedes en moraliteit.

    Die skuldiges sal maar in gevangeniskap oor geleer en geprogrameer moet word terwyl hul baie tyd het om oor hul sondetjies na te dink terwyl hul volgelinge steeds in selfopgelegde armoede voort strompel.
    Seker ook weer alles die Kolonialiste se skuld.
    Kolonialiste ?? Watter groep kolianaliste vra ek jou ??

    Die wat van die suide noordwaarts getrek het, of die wat vanuit die Noorde suid getrek het ?
    En siedaar, is dis waar die diefstal epidemie beginne het ? Toe hul mekaar ontmoet het,(oa by die Visrivier) het die Noordelike kolonialiste onmidellik die manne van die suide se vee beginne VAT ?

    So ook moes Jan van Riebeeck groot gedeeltes “doring en digte bosse aanplant as heinings om veediefstal te bekamp. (Gaan hoor maar daardie geskiedenis by die Kaapse Botaniese tuine in n lesing) Lyk of die kultuur al honderde jare ingeburger is en altyd deel van hul tradisie was, of hoe ?
    Hoe wen mens n geveg met rowerbendes aan bewind ??
    ALMAL GAAN VERLOOR !!! – eisch, nooit darraan gedenk, maar who worries, solank ons hy word nie gevang nie, hys dan ok olraait en solank daar is hom denge om virniette te vatte, ons hy vat hom, eisch, hoekom danne al die bohaai ??!

    Laat mens beginne dink ne ?

  10. neeeeeeeeeeeeeeeeeee . seker gedink dis ‘n redundind waterpyp . was seker nie bedoeling om te steel . waa was Noelie tentye ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s