Waar’s die geld!?

Baie begroot; geen geld!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 28 Februarie 2012. 08h10. OO kan nie vanoggend se raadsvergadering en mediakonferensies op Beroerdplein bywoon nie, maar het die volgende enkele vraag vir raadslede – ANC; DA; Cope; Icosa; en NPP:

Waar is die geld!?

Om uit finansiële verslae van Beroerdplein sin te maak moet ‘n mens in ‘n troebel primordiale sop van obskure Engelse letterwoorde soos EPWP; CRR; MIG; FTE; CRDP; en PMU swem.

Alhoewel die Afrikaanse letterwoord – DISODES – genadiglik nie gebruik word nie, skreeu dit ten hemele: Dinge Is So Opgefoes Dis Eintlik Skrikwekkend.

Tot aan die einde van Desember 2011 is, byvoorbeeld, slegs 0.49% (nul punt vier nege persent; of minder as ‘n half-sent van elke rand!) van die begroting vir “Strate en Stormwater – Allerlei Projekte” spandeer!

Waar is die geld!?

Hoe is daar begroot?

Die destydse direkteur finansies, Keith Jordaan, is deur daai “Minister of Religion and Municipal Manager of Oudtshoorn” en nou veroordeelde bedrieër, Noël Pietersen, geskors terwyl die dominee en sy kornuit, Wilton Kawa, die begroting opgestel het.

Dat dié twee klaarblyklik duur advies gekry het is ‘n saak wat OO tans ondersoek.

Kan dit wees dat daar begroot is vir uitgawes wat nooit befonds sou kon word uit oorskatte inkomste nie!?

Hoekom moet OO dit uit amptenare trek dat hulle nie paaie en ander infrastruktuur kan onderhou nie omdat daar nie geld is nie!?

Iets is vrééslik verkeerd in die staat van Denemarke!

Soos ‘n baie senior munisipale bedryfskenner vir OO sê: “Daar is k@k begroot!”

Perdalkies kan die raadslede die mense van Oudtshoorn, hulle kliënte, inlig?

Intussen is alle afskrifte van die MFMA (die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur) op Beroerdplein aan flarde.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Waar’s die geld!?

  1. investigative public – moet nie verbaas wees as Ds Pietersen se appèl teen sy skuldigbevinding en straf nog gaan slaag tydens sy appèl verhoor nie. Landros van Wyngaardt het empatie gehad met Pietersen se omstandighede en het hom duidelik uitgespreek teenoor die ” disgusting behaviour of other parties”. Dit is duidelik dat die Raadslede nie onskuldig was in die hele debakel nie en openlik gelieg het om hulle eie basse te red. Politiek is die vieslikse storie wat daar is, dit is tyd dat die publiek agterkom dat hulle net misbruik word deur raadslede wat net belangstel in die eie “EK”

  2. Hier kom n grroooot ding!
    Solank as wat RAADSLEDE NIE IN HUL PERSOONLIKE HOEDANIGHEID VERANTWOORDELIK GEHOU WORD NIE, sal hierdie uiters disfunksionele raad voortgaan om als te bevark.

    Een ding wat die Pietersen saak ons geleer het is dat die vertrouensposisie tussen die raad en amptenary finaal geskaad is, wat nog te se vanaf die publiek se kant.

    Pieteresen se so, en Dianne de Jager se so. Wie praat nou die waarheid ? Niemand wil die val vat nie en storietjies word heen en weer geslinger. ?
    Pietersen is weg, hopelik tronk toe – pragtig, naaaais boodskap aan alle trogvretende korruptes !
    Het Dianne en Bredell al bedank ? WAAROM NIE !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s