Waar is ons R994,000 Mnyimba!?

Het jy ‘n bietjie vergeet, soos Liewe Heksie!?

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 26 Februarie 2012. 09h40. Die arme Thandekile Mnyimba.

Op daai gehuggie waar hy voorheen ongesteurd op sy piepklein mishopie gekraai het, Jansenville, is hy waarskynlik nooit gekonfronteer oor sy doen en late nie en kon hy sy kliënte met sy groot swart kar en sy blote teenwoordigheid beïndruk.

Hier op Oudtshoorn is die standerd vierklong van Dysselsdorp seker ook grootoog vir die japie van Jansenville.

Maar vir Oudtshoorn se belastingbetalers sal Thandekile moet uithaal en wys.

OO was eerste – en tot dusver die énigste! – om, op 10 Januarie, oor Mpho Mogale se verregaande betaling van R313,267.99 aan die prokureursfirma Avontuur en Genote te berig het.

OO het Mnyimba op 26 Januarie gevra om te verduidelik waarom sy voorganger hierdie bedrag aan Avontuur uitbetaal het terwyl Avontuur die belastingbetalers reeds sedert ten minste 10 Mei 2010 R680,581.01 skuld.

Mnyimba het nog geen woord hieroor gesprak nie.

Al wat gebeur het is dat Mogale op 25 Januarie aan sy vertrouelinge gesê het “there is big shit about that payment, about the lawyers” en dat die Valke op 20 Februarie op honderde Avontuur-lêers beslag gelê het.

Thandekile Mnyimba moet antwoorde gee! OO is absoluut onbeïndruk met Mnyimba se lamsakkige gekerm dat hy nog besig is on homself van omstandighede te vergewis. Hy is al sedert 3 Januarie op Oudtshoorn en hy weet nóú nog nie genoeg om ‘n mening te hê nie!? Hy is kennelik selfs méér onkapabel as wat OO tot dusver gemeen het.

Die uitslae van die evalueringstoetse vir munisipale bestuurder het nou wel aangedui dat Thandekile nie die skerpste potlood in die pakkie is nie, maar hy kan darem wragtag seker léés!?

Op 7 Januarie het Mnyimba al per sms aan OO gekerm: “I have no comment on questions raised. I’m still briefed on these matters. After consultation with relevant people and crafted a wayforward, I will release a statement” (sic).

En wat doen die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, om wanbestuur, korrupsie, bedrog en diefstal op Oudtshoorn hok te slaan!?

Waar ís Bredell!?

Bredell skuil heimlik agter die SOE-ondersoek. Maar dié R313,000-betaling het plaasgevind onder die ogies van die SOE en OO moes die arme drommels op 9 Januarie telefonies inlig van die betaling – hulle het nie eens daarvan gewéét nie!

Dit was daardie “Minister of Religion and Municipal Manager of Oudtshoorn” en nou veroordeelde bedrieër, Noël Pietersen, wat Avontuur en Genote in Augustus 2010 heraangestel het, nadat ‘n voormalige munisipale bestuurder, Trevor Botha, Avontuur se kontrak op 10 Mei 2010 beëindig het. Dít nadat die ANC Pietersen op 3 Augustus 2010 heraangestel het; nadat Pietersen op 25 Februarie 2009 eenparig op staande voet deur die raad afgedank is; nadat Pietersen op 20 Februarie skuldig bevind is aan opsetlike, moedswillige, doelbewuste wanbestuur “in elke opsig soos betoog deur die aanklaer”.

In haar verslag van 15 September 2011 aan die burgemeester, sê adv Linda Potgieter: “Dit is duidelik uit die ondersoek van die SOE dat Pietersen ten alle tye bewus was van die probleme wat met Avontuur & Genote ervaar is, sowel as die risiko’s wat die munisipaliteit sou dra as die ooreenkoms met Avontuur & Genote sou voortgaan. Hy het nie net die feite en risiko’s heeltemal verontagsaam nie, hy het deur sy optrede bygedra tot die feit dat Avontuur & Genote, benewens die twee bedrae (R5058,09 en R6314,72 – red.) geen gelde wat hulle namens die munisipaliteit ingevorder het, oorbetaal het nie. Deur sy instruksie dat alle regsaksie teen Avontuur & Genote summier gestaak word, het hy effektief verhoed dat die inkomste afdeling gelde wat aan die munisipaliteit verskuldig is, invorder.”

En tóg betaal Mogale op 9 Desember R313,267.99 aan Avontuur en Genote!

Hóékom Thandekile Mnyimba!?

En hóé gaan jy dié R313,267.99 én die R680,581.01 – R993,849.00 – terugkry!?

En het jy al vir Mogale aangekla!?

En wat sê jý, Bredell!?

Vrotsleg bestuurders! Die ganse lot: Pietersen, Mogale, April, Mnyimba en Bredell.

Vrótslég, sê OO!

En, vergeet tog nié: Bredell word deur Helen Zille gedoog. Wat dít van Zille se oordeelsvermoë sê laat OO maar aan sy lankmoedige lesers oor.

Hier is Potgieter se verslag oor die aansteiling van Avontuur & Genote:

1. Bogenoemde prokureursfirma is in 2005 aangestel om agterstallige skuld namens die munisipaliteit in te vorder, nadat ‘n tender aan hulle toegeken is.

2. Uit die getuienis wat deur die SOE ingewin is, is dit duidelik dat Avontuur & Genote uit die staanspoor uit tendervoorwaardes verbreek het. Die probleme wat met Avontuur en Genote ondervind is is voortdurend onder die aandag van vorige Munisipale Bestuurders gebring deur onder andere Lin Meyer. Dit het daartoe gelei dat die ooreenkoms met Avontuur en Genote op 10 Mei 2010 beeindig is deur ‘n vorige waarnemende munisipale bestuurder, mnr Trevor Botha. Daar is ook met regsaksies begin om sowat R649,973.09 in te vorder van Avontuur en Genote, synde gelde wat aan die munisipaliteit verskuldig is. Dit moet ook vermeld word dat die. munisipaliteit nie in staat was vas te stel hoeveel geld Avontuur & Genote ingevorder het namens die munisipaliteit nie aangesien hulle bitter min inligting aan die munisipaliteit deurgegee het.

3. Pietersen is heraangestel as Munisipale Bestuurder gedurende Augustus 2010. Hy het opdrag gegee dat alle regsaksies teen Avontuur & Genote gestaak word en dat die munisipaliteit kennisgewings in die media publiseer om die publiek in kennis te stel dat skuldenaars weer aan hulle betalings kan doen. Versoeke van die HFB dat die Munisipale Bestuurder verdere stappe neem teen Avontuur & Genote, is skynbaar gei’gnoreer. Dit het ook aan die lig gekom dat Avontuur & Genote by tye sonder ‘n Getrouheidswaarborgfonds sertifikaat was. Daarsonder sou die munisipaliteit nie vir hulle werk kon gee nie.

4. Aangesien die ooreenkoms met Avontuur & Genote 3 maande tevore gekanselleer was weens hulle wanprestasie, sou die ooreenkoms slegs herstel kon word indien daar weer ‘n gepaste voorskieningskanaalproses gevolg was. Daar is geen bewyse dat dit gedoen is nie.

5. Verdere ondersoek deur die SOE het aan die lig gebring dat Pietersen ‘n neef van Clyde Avontuur, een van die vennote in Avontuur & Genote, se vrou is. Avontuur en/of sy vennote het ook vir pietetersin op verskeie geleenthede verteenwoordig in regsgedinge, selfs teen die munisipaliteit.

6. Die SOE het voorts vasgestel dat Avontuur & Genote sowat R691,953.82 in hulle trust rekening moes hê, wat namens die munisipaliteit ingevorder is. Slegs twee bedrae van R5,058.09 en R6,314.72 onderskeidelik is aan die munispaliteit oorbetaal. Die SOE het verder vasgestel dat Avontuur & Genote nie rekenskap van die gelde in hulle trust rekening kon gee nie en dat daar in Junie 2011 minder as R100,000.00 in hulle trustrekening gehou is.

7. Dit is duidelik uit die ondersoek van die SOE dat Pietersen ten alle tye bewus was van die probleme wat met Avontuur & Genote ervaar is, sowel as die risiko’s wat die munisipaliteit sou dra as die ooreenkoms met Avontuur & Genote sou voortgaan. Hy het nie net die feite en risiko’s heeltemal verontagsaam nie, hy het deur sy optrede bygedra tot die feit dat Avontuur & Genote, benewens die twee bedrae genoem in paragraaf 6. hierbo, geen gelde wat hulle namens die munisipaliteit ingevorder het, oorbetaal het nie. Deur sy instruksie dat alle regsaksie teen Avontuur & Genote summier gestaak word, het hy effektief verhoed dat die inkomste afdeling gelde wat aan die munisipaliteit verskuldig is, invorder.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Waar is ons R994,000 Mnyimba!?

  1. Avontuur en Gennote het baie om op te antwoord. Is hul beweerde wanpraktyke al by die Prokureursorde ingedien vir moontlike ondersoek en skrapping van hul alle betrokkenes se ‘bedryfslisensies” en getrouheidssertifikate wanneer skuldig bevind ?

    Ons wag geduldig op Mnyimba se antwoorde, hou aan om die klong te druk OO, hy MOET reageer tensy hy iets vir die publiek wegsteek in welke geval hy ook gerapporteer moet word en ondersoek moet word as aandadig !

    Van Bredell en sy toekomstige leierlose party met Zille wat blykbaar meer rondskarrel vir n toekomstige leier- wat- steeds- nie- bestaan- nie, instede van te bestuur en leiding te neem, berus ek my saak. Daar is dus min verskil tans tussen Zille en Julia Gillard van Australie. Soos n kommentator daar se, hul is nie bekommerd dat die party-bus reeds oor die afgrond gaan (soos op ODN), maar meer bekommerd oor wie die bestuurder is (terwyl almal weet daar is nie eintlik een nie , soek seker nou n kondukteur om as drywer oor te neem) en dan daai spul DA kinders- in -opleiding met weinig gesoute ervaring !

    Nou wat nou Helen, en dan bly jul nog vasklou aan n ou soos Bredell en andere? Ja, n spul nat agter die ore kinders en dan ou Bredell en kie!! Carlisle kou aan sy “Chappies” debakel, dan vra ons of Winde blykbaar meer bekommerd oor die toestaan van dranklisensies in die verlede was om so n ekonomie te probeer bou, of hoe ? En dan verloor hul amper dubbel die geld by die agterdeur om drankverslaafdes en andere gesond te hou op staats en provinsiale belastingbetalers onkoste, of hoe ? Zille val die misbruik van drank aan in DA today op 22 Jan 2012, so dit lyk nie aldag of die regterhand weet wat die linkerhand daar in die DA doen nie. Goeie genugtig, is dit al wat jul kan opdis aangesien jul rekord vanself spreek – hier le groot probleme vorentoe vir julle !
    “Pride always comes before the fall”

    Ons vra maar vrae, want net soos op ODN betaal ons belastings en die aanwending daarvan, ook vir buitensporige en onverdiende salarispakette word ook diep bevraagteken ???????

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s