Avontuur vir Valke

Beslag gelê op honderde lêers van regsfirma

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 21 Februarie 2012. 09h00. Die Valke het gister op honderde lêers van die plaaslike regsfirma, en die munisipaliteit se jarelange adviseurs, Avontuur en Genote, beslag gelê.

Die destydse waarnemende munisipale bestuurder, Mpho Mogale, het op 9 Desember R313,267.99 aan Avontuur betaal (klik hier vir die besonderhede) en nog geen verduideliking verskaf oor die redes vir die betaling nie.

OO verneem dat die betaling gemaak is na ‘n onvolledige taksering en dat daar geen oorweging geskenk is aan die meer as R600,000 wat Avontuur aan die raad verskuldig is nie.

Mogale het glo ook die betaling toegelaat omdat Avontuur bepaalde lêers van die munisipaliteit weerhou het! Bid jou aan!

Avontuur en Genote moet verduidelik!

Hel, die raad moet verduidelik!

Maar soos gewoonlik is daar net stilte oor die belangrikste sake wat belastingbetalers se sak raak.

Ten minste word Avontuur nou in ‘n hoek gedryf. Wat sal die raad se reaksie wees?

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “Avontuur vir Valke

  1. ………jarelange adviseurs…… ja nee!

    Seems like another convenient means of “smokkeling” funds?

    So much for government’s promise to arrest corruption, fraud and thievery – Come on Zuma – walk your talk!

  2. Ek vermoet hier is n “bestand-deel” n Gwawa (of so iets) bestandeel is uitstande, hoor dit is beskikbaar oorkant die berg.

  3. Ek like, ek like. Skud die nes hard genoeg en kyk wat peul uit.

  4. Kyk maar hoe gaan die mense mekaar nog vertrap om van die sinkende titanic af te kom voor dit heeltemal sink. Wie gaan vir wie vertrap om bo uit te kom en te oorleef, mense wat baklei om te oorleef is geneig om mekaar se kele in die proses af te sny.

  5. JOSS, bedoel jy ..”huidige raad of Huigelagtige Raad ?? Laasgenoemde is meer van pas, dalk selfs te sagkuns gestel

    ROBIN, i agree, for corruption in high places, if i am not mistaken, the sentence is a mandatory 15 years and the “Shabir ploy” to get sick and get off early is now also blocked. That leaves him with one other option….to stay there and wave mortality good bye from within……” Will Diane visit “Noelie” regularly once incarserated ?
    Depends……………on a lot of things for Diane…..”papier is geduldig !!

  6. This is just the start?

    Now that the action has began against Avontuur & Genota the worms will be coming out of the woodwork!!!

    This is where Pietersen’s sentence of 5 years will be extended by 10 to 15 years?

  7. Laat ons vertrou die Valke gaan hierdie kuikens een vir een opvreet en uitsk..t.

  8. investigative public – die plesier begin nou eers, hou OO dop en sien wat val nog uit die soustrein uit, van oral is dinge vinnig besig om verkeerd te loop vir die huidige Raad.

  9. investigative public, Ek stem saam die Donner’s Aan moet ook verantwoordbaar gehou word. Ek kan onthou van n pamfletjie wat hul voor die verkiesing uitgedeul het, so een met n rooi kart in waar hul beloftes gemaak het as wyks verteen woordigers, en waar hul ook aanvaar as hul nie die beloftes na kom nie, dat hul uit hul pos verwyder kan word.

    As ek reg onthou, was n nr 0861 22 55 32 onder aan.

  10. Wat se plesier ervaar ek nie nou nie, die soveelste sedert “Noelie” se skuldigbevinding !
    Roei alle korrupsie met wortel en tak uit.
    Wanneer begin die Valke die Raad self ondersoek OO ??
    En die DA Provinsiale bestuur in Kaapstad is so ………doodstil. Spul huigelaars !!!!!!!!
    Het Diane al bedank OO, of wag sy vir die SOE en die Valke om haar te kom aanhelp ??

  11. Stel jou voor dat die Verwoerdpleiners die Valke op Avontuur losgelaat het hom die sensitiewe weerhoude leers terug in veilige bewaring te kry !!! Boohowhahahahaha…… Die Verwoerd-manne SWEET seker vandag in Oudtsies oor hierdie ‘Blackmail’-leers !! Hoogtyd menere. Boohowhahahahaha……. !!

  12. Verskriklik rassisties om die mense uit te sonder en ons geld daar te gaan soek-hulle mag mos maar!!!!
    Hier kom ‘n moerse ding-as ek hulle is hardloop ek noual ver-ver!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s