Ramp voorkom!

Oudtshoorn se rampbestuur keer katastrofe!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 00 Februarie 2012. 13h45. OO vra verskoning vir die laatte van hierdie berig, maar was die afgelope 3 ure in ‘n vergadering oor ‘n soveelste bedrogsaak wat in die Eden munisipale gebied ontbloot word.

Dié storie moet nog geskryf word.

Maar hier is lekker positiewe nuus!

Blitsvinnige reaksie van Oudtshoorn se rampbestuurspan en ‘n trokdrywer wat kop gehou het, het vanoggend ‘n katastrofe in St Johnstraat verhoed.

‘n Brandstoftenkwa van Freight Dynamics het Wes in St Johnstraat gery, net nadat hy sy tenks by Martin Bekker Motors in Voortrekkerweg leeggemaak het, toe die turbopomp ingegee het.

Die enjin het oorverhit terwyl die toere hemelhoog gedraai het. Die drywer, Jantjie Plaatjies, het sy nege jaar ondervinding gebruik om eers die turbo by die aansitter te probeer staak, en toe dit nie werk nie, om die turbo by die hoofskakelaar af te skakel. Ook dít wou nie werk nie.

Teen dié tyd het die vlamme al by die uitlaatpyp geslaan en die bedrading van die onderstel begin brand; ‘n massiewe swart rookwolk het die straat gevul.

Plaatjies het 10111 geskakel en die rampbestuur het blitsvinnig opgedaag om die vlamme te blus en die straat te beveilig.

Harold Lekay van die rampdienste het OO gevra om die SANW te bedank wat ook hulle brandweer en hyskraan na die ramptoneel gehaas het.

Man, dis lekker om so ‘n heerlike uitkoms te kan berig!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Ramp voorkom!

  1. Is dit nie tragies dat ‘n paar vrot appels maak dat buitestaanders (ons wat nie in Oudtshoorn bly nie maar tog belange daar het) onder die indruk is dat die hele plek vrot en vol skelms is nie! – dat mens deur rampe van die teendeel bewys moet word is inderwaarheid ook ‘n wonderwerk – ‘n bewys dat ons baie lekker sonder Politieke vrate kan klaar kom en die gewone mense – ONS – lekker kan saam werk as ons die geleentheid kry – miskien moet ons net die geleentheid sommer vat!?

  2. Puik, uitstekend en welgedaan aan die brandweer en verkeer en SANW. Wens net die politici en raadslede kan so vinnig wees.

  3. Yes, Harold en Konnie is en was maar nog altyd staatmakkers gewees, wat hulle werk nog altyd tot die beste van hul vermoee uitvoer, in soms baie moeilike omstandighede.

    Oudtshoorn is trots of die manne.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s