Die DA wys ‘n middelvinger vir Oudtshoorn

Diane de Jager by Helen Zille se provinsiale rede;
Die voormalige burgemeester se rol in die Pietersen-debakel

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 18 Februarie 2012.

06h45. Diane de Jager se bywoning gister van premier Helen Zille se provinsiale rede spreek van algehele stompsinnigheid en ‘n volslae afwesigheid van poliltieke inbors.

Dit was skaars 48 uur nadat Noël Pietersen skuldig bevind is aan bedrog op De Jager se wagbeurt.

Die hof het bevind dat De Jager se raad eintlik heimlik Pietersen se regsrekening wóú vereffen; en die Pietersen-misdryf met leuens en horisontale politieke tolvlugte probeer toesmeer het.

Die hof het na De Jager se raad verwys as “a nest of rotten fish” en selfs op Shakespeare probeer verbeter: “something is ‘very, very’ (sic) rotten in the State of Denmark”.

OO het in Maart 2009 nie minder nie as 4 (viér) uiteenlopende weergawes van De Jager oor hoe sy van die Pietersen-betaling sou verneem het, berig.

De Jager het selfs op of naastenby op 2 Oktober 2008 by Pietersen aanbeveel dat ‘n kollega en mede DA-raadslid, Pierre Nel, aangekla word vir die bekendmaking van sogenaamde “gepriviligeerde” raadsdokumente wat met Pietersen se uiteindelike skuldigbevinding verband gehou het!

Nadat Nic Barrow in Mei 2008 die bedrogklagte teen Pietersen gelê het, het De Jager geweier om tersaaklike dokumente aan die ondersoekbeampte te oorhandig. Twéé a.205-aansoeke om die inligting te bekom was nodig voordat sy gehoor gegee het!

In ‘n epos v an 29 Oktober 2009 skryf Barrow: “Die ondersoek van die saak is vir langer as ‘n jaar en ‘n half deur De Jager se late vertraag. Head Office in Cape Town het al die tyd hiervan geweet maar haar nooit rigting gegee nie.”

‘n Voormalige burgemeester, Angeline Lekay, het op ‘n mediakonferensie van Pietersen, op 26 Februarie 2009, in die openbaar verwys na ‘n gesprek tussen haar en De Jager.

De Jager sou aan Lekay gesê het dat sy “drie regsmenings” oor Pietersen se optrede rondom die Smith Tabata-betaling ingewin het en vir Pietersen gesê het: “Noëlie (Lekay het die troetelnaampie beklemtoon) jy’t niks verkeerd gedoen nie.”

By navraag hieroor het De Jager aan OO gesê: “Dis haar (Lekay se) interpretasie. Wanneer inligting tot die raad kom, moet daarop reageer word en dan onderskei word tussen reg en verkeerd.”

Maar in ‘n epos aan OO op 4 Maart 2009 skryf De Jager: “Ek glo meeste raadslede was simpatiek teenoor Pietersen totdat die brief van Millers (Barrow se prokureurs) dit uitgewys het van betaling deur Pietersen.”

Diane de Jager verteenwoordig Oudtshoorn by die 2012 provinsiale rede!?

Het die DA geen politieke maniere nie!?

Het die DA geen skéútjie gewone vanielje gesonde politieke verstand nie!?

Het die DA geen skáámte nie!?

En veral: Het die DA werklik géén respek vir die mense van Oudtshoorn nie?

Hóé op dees áárde gedoog ‘n premier en ‘n partyleierskap wat hoogheilig opgee oor “skoon regering” De Jager se teenwoordigheid by die belangrikste, of naasbelangrikste, parlementêre event van die jaar!?

On-gé-lóóf-lik!

En hoe op áárde regverdig die DA-leierskap op Oudtshoorn De Jager se bywoning van die 2012 provinsiale rede!?

Die DA minag die mense van Oudtshoorn met Diane de Jager se voortslepende teenwoordigheid in die raad.

En die plaaslike koukus hou eenvoudig aan om De Jager in openbare rolle te gebruik: Voorsitter van die koukus; verteenwoordiger by openbare geleenthede; gereelde deelnemer aan spesifieke beleidsbepalende gesprekke…

As die DA nie eens die teenwoordigheid van gees het om sy eie beeld en brand te beskerm en te bestuur nie, hoe kan die DA met die bestuur van Oudtshoorn vertrou word?

Die DA vergat sy plaaslike, provinsiale en selfs nasionale reputasie met die onnadenkende gedoog van onkapabele politici.

Ag nee wat, nóú het ek alles gehoor!

Die DA kry mý stem nooit weer voordat die party Oudtshoorn nie met die respek en omsigtigheid wat die dorp se mense verdien, behandel nie.

Noël Pietersen het die mense van Oudtshoorn bedrieg, en Diane de Jager en haar DA-raad het dit gelate toegelaat!

Wanneer gaan die DA se kiesafdelingsbestuur op Oudtshoorn by die party se federale raad aandring op die verwydering van Diane Nicolette de Jager!?

14h00. The DA’s Constituency Chairman, Hannes Barnard, replied by 10h42.

Drewan

Thank you for the opportunity to respond. I believe you attach greater significance to attendance of the event than is justified.

You are at liberty to prejudge. I am not. I refer you to my letter of yesterday. Besides my commitment to acting upon facts and not reports, I also endorse the audi alteram partem rule.

Regards

Hannes

Editor’s note: The audi alteram partem rule describes the principle in law to “hear the other side”. Noting would give OO greater pleasure, well, a few things would, but what the heck, to “hear the other side” – which will happen when Diane Nicolette de Jager is charged and appears before the DA’s tribunal. Roll on, I say!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “Die DA wys ‘n middelvinger vir Oudtshoorn

  1. Raak nou al duideliker waarom byna niemand in die raad teen Pietersen opgestaan het nie.

  2. SAKMAN – Staan op ODN !
    VERWERP alle politici met die misnoe en minagting wat hulle verdien.
    Boikot die stembus
    Stem slegs vir n onafhanklike
    AS die ANC as meerderheid dan aan bewind bly, hou hul fyn dop, rapporteer als en vertrou dei SAP en SOE sal sy taak doen. Veel slegter as tans kan dit nie gaan nie
    Sterkte

  3. Ons dorp verkeer in ‘n benarde sorgwekkend posisie. Erger as die tydperk tydens die apartheid era. ‘n Inwonertal van nagenoeg 45 000 mense word deur 13 raadslede tot in die afgrond in bestuur! Hoe is dit moontlik?

  4. OO, ek dink marteling is teen die een of ander internasionale konvensie.

    Jy behoort Helen ook nie met feite te “water board” nie – selfs George Bush die Jongere het dit nie goedgekeur nie. So het hy gesê.

    Doe so voort!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s