Ubunthu maak alles reg

Die nuwe regsbeginsel van Verwardplein

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 13 Februarie 2012. 14h15. “We must practice ubunthu. We must give our brothers a place in the sun.”

Dís die advies van Oudtshoorn se verkeershoof, Thembuxolo Tyatya.

Bepaalde inwoners spook al máánde lank met die owerheid om die 16-wiel trok wat van ‘n perseel op die Noord-Westelike hoek van Buitekant- en Van der Rietstraat bedryf word uit die woongebied te laat verwyder.

Die bestuurder trek sommige weeksoggende reeds voor 5, wanneer dit selfs in hoogsomer nog donker is, met daardie irriterende biep-biep-biep-terugstootbiep die buurt se honde se aandag en dan brul die massiewe enjin straat-af waarnatoe ook al.

Die voormalige direkteur gemeenskapsdienste, toe Tyatya se baas, Walter Hendricks, het voorgegee dat hy die bestuurder ‘n R50,000-boete gegee het. Daar het niks van gekom nie – die trok is steeds op die sypaadjie voor ‘n onversorgde huis met ‘n onversorgde tuin en blý ‘n oogseer vir almal wat die besige kruising gebruik; en veral vir die bure.

‘n Trok van hierdie grootte behoort eenvoudig nie in ‘n woonbuurt te ry nie! Dit is, selfs volgens Tyatya, onwettig!

En dis deksels gevaarlik – bo en behalwe die geraas en die onooglikheid.

Die trok beskadig die sypaadjie waarop die bestuurder willens en wetens parkeer; die trok ry waar tieners op bromponies ook ry; waar ma’s met hulle babas en kleuters stap; waar fietsryers en drawwers aan die minister van gesondheid se nuwe anti-dikprogram probeer gehoor gee.

Maar, meen Tyatya, ubunthu is die standaard – ons moet ons broeders hulle plek in die son gun.

Ek sal my op ubunthu beroep volgende keer as ek vir spoed gevang word.

En miskien moet Tyatya sy “broer”, Thandekile Mnyimba, en dié se boetie, Gordon April, oor ubunthu gaan inlig – perdalkies laat hulle OO dan weer in die munisipalitiet toe.

Uiteindelik kan ‘n mens maar net lag. Vir die nhew-souf-efrika.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

8 thoughts on “Ubunthu maak alles reg

  1. Fedup – i cant agree with you more, well said. I hope ODN Municipal staff , cllrs and other civil servants read your comment, well done !!

  2. Sadruid – Agreed, up to a point.

    But let us be quite clear, much of the “bitching and moaning” taking place on this blog is as a direct result of the complete apathy and moreover stubborn unwillingness of our Council and Civil Servants to react constructively to our Town’s needs and then, God forbid, to have them behave in a polite, helpful and empathetic manner respecting us as the “clients” we are to their “organisation”.

    Believe me, many residents have tried consistently to engage these people in a spirit of friendship and cooperation, but after being continually rebuffed, and just plain being fobbed off, many otherwise “decent folk” have reached the “bitch and moan point”.

    This contrived process by the “ruling elite” ignoring it’s citizens and tax payers goes through many stages of protest, “bitch and moan” being a more benign and harmless activity, but as history will illustrate, both recently in our own country and over the eons world wide, “bitch and moan” eventually descends into “revolution”.

    I am certainly not advocating the latter, but for example, in the case of the trucks, if our Town fathers cannot, or will not move themselves to demarcate a suitable and safe place for the trucking community to park their tools of trade, then the residents will continue to “bitch and moan” about their homesteads and streets being invaded by heavy duty trucks and the manifest danger and degradation they bring to our legally demarcated and proclaimed residential areas.

    You see Sadruid, the answer is simple – “co-operation” and discussion with a bit of thought – but find us a Councillor, Director or employee to engage with in this manner, and I and many others will stop “bitching and moaning”!

    …and there are so many other small but important “neglects” in town that can be resolved with “co-operation discussion with a bit of intelligent thought”, and with these out of the way and a spirit of cooperation established between “Council and the residents” imagine all the big thinks we can resolve together!

    However, many of Oudtshoorn’s willing and capable residents have just simply given up trying, let alone “bitching and moaning”, and keep themselves to themselves frustrated to the point of exhaustion, but resigned to the inevitable failure of our society and the Town’s infrastructure.

    These members of our community can and must be won back to participate, BUT IT’S A TWO WAY PROCESS and will require the Council and our civil servants to drastically change their approach and attitude to their responsibilities and the residents, and not just offer knee-jerk and defensive reactions to the “bitching and moaning”.

    Is it not their elected and appointed job to behave in a “civil” manner to the residents and Ratepayers of Oudtshoorn and to truly earn their handsome salaries and their honourable and important status in our society?

    QED!

  3. sadruid- ek glo nie enige iemand het ‘n probleem as ‘n bestuurder van ‘n trok by sy huis parkeer nie, maar dit is die manier hoe dit in baie gevalle gedoen word naamlik om so op die sypaadjie te parkeer dat die publiek in die straat moet loop of wanneer ‘n trok so op ‘n stop parkeer dat dit onveilig is vir ander pad gebruikers wat die probleem is. Jy is egter heeltemal korrek dat daar gekyk moet word na moontlik oplossings vir die probleem aangesien die probleem nie net gaan verdwyn nie en baie van die bestuurders geen ander alternatiewe parkeerplek het nie.Ek glo dat die verkeersdepartement moet kennis neem van die probleem en met die eienaar of bestuurder van sodanige trok moet onderhandel oor waar hy voor of naby sy huis mag parkeer sonder om ‘n gevaar of hindernis te wees.

  4. Nes die vraghouers op die R328 by Grootkraal skool?? Al die boere kan nou maar vraghouers langs die pad plaas, sommer in die strate voor jou huis vir ‘n lekker extra stoor! Ubuntu – net nog iets om agter weg te kruip as jy nie kapabel is om jou werk te doen nie!

  5. Ek gaan nou vra Skep vir die drywer n werkbare alternatief, of is hy nie n mens wat sy famiellie wil sien nie? pinte om te oordink: 1; parkeer op n ander plek Waar? en as sy voertuig of vrag beskadig word wie gaan betaal? 2; hoe kom hy daar en trug, nes jy met n kar, wat heeltyd daar gaan staan as hy weg is km ver nie gou in die kantoor nie.
    Kort om HOUOP OM NET TE KLA, GALBRAAK, en MOAN, kom met n voorstel, n moontlike oplosing.
    Onthou jy wat vereis dat jou bestelling betyds by jou moet wees, maar dit laat bestel iemand moet die tyd opmaak en gewoolik is dit die ou wat extra tyd in sit of vroeg begin werk of tot laat werk of albei. Jy wat wag tot op die nippertjie voor jy jou werk doen, ander moet die tyd wat jy gemors het op maak.

  6. OO – ons is bly dat jy die aangeleendheid onder Mnr Thembuxolo Tyatya se aandag gebring het en dit die antwoord is wat jy gekry het, nou weet die publiek wie om verantwoordelik te hou indien daar siviele eise as gevolg van die onwettige trokke mag ontstaan. Ek het al gekry dat trokke op die die sypaadjie so geparkeer is dat hulle nie net die stopteken verberg nie maar ook ‘n mens se sig so belemmer dat mens nie aankommende voertuie kan waarneem sonder om oor die strepe te stop nie. Lekker Oudtshoorn Tyatya – tot lekker jou geld kos dan is lekker nie meer lekker!!!!!

  7. OO – om te dink die verkeershoof gee nie om dat die groot trokke in die woonbuurte ons paaie en sypaadjies stukkend trap nie, om nie eers te praat daarvan dat die publiek nie die sypaadjie kan gebruik vir die doel waarvoor hy daar is nie, naamlik ‘n sypaadjie en nie ‘n parkeerarea vir swaarvoertuie nie. Op die hoek van Adderleystraat en Victoriastraat word ook so ‘n voertuig op die sypaadjie parkeer sonder dat daar iets aan gedoen word deur verkeer.Ek hoop die motoriste kan nou ook in die dorp op die sypaadjie gaan parkeer en beskerm word die verkeershoof deur middel van ” ubunthu”. Ek hoop net ubunthu gaan die verkeershoof beskerm as my kinders in die straat moet loop omdat ‘n vragmotor onwettig toegelaat word om op die sypaadjie te parkeer en hulle word omgery deur ‘n voertuig – lekker eis teen die verkeershoof as eerste respondent en die munisipaliteit as 2 de respondent in ‘n siviele eis.

  8. hahahahahah ;…………en nou is julle enigste bonzaai ook gemoer ….. hoogtyd

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s