Is daar selfs net 3!?

50… 45… 40… 30… 20… 10… 4… 3

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Drewan Baird. Oudtshoorn. 10 Februarie 2012. 07h25. Dis een van die blinkste juwele in die mensdom se superryk verhaaltradisie… Die gesprek tussen Abraham en God oor die verwoesting van Sodom en Gomorra. Dis opgeteken in Genesis 18 en 19.

God sê vir Abraham dat hy Sodom en Gomorra gaan vernietig en Abraham het die wind om God te vra om die stede nie te vernietig as daar ten minste 50 regverdiges in die stede is nie.

God stem in.

En dan onderhandel Abraham die syfer tot by slegs 10.

En selfs tién was te hoog!

Uiteindelik red engele slegs 4 – Lot, sy vrou, en sy twee dogters. En op pad verloor hulle mevrou ook en slegs 3 maak dit.

OO wil vandag weet of daar selfs slegs drié sakeleiers op Oudtshoorn is wat die kroonjuwele het om Oudtshoorn van finale ondergang te red.

Drie van die grootste belastingbetalers op Oudtshoorn het nodig om by die hoofingang van Veroerdplein; Beroerdplein; Verwardplein in te stap en die uitvoerende verleentheid, April, in sy kantoor te gaan konfronteer: Staak wanadministrasie nóú, óf ons draai die geldkrane toe.

“Gemeenskapsleiers” – wat dít ook al mag beteken – sal nie werk nie. As April en sy regering die gemeenskap se belange op die hart gedra het sou Oudtshoorn nie die finansiële teerput gewees het waarin April en sy regering Oudtshoorn verander het nie.

Wat nodig is, is géldmag: Mense wat met hulle weerhouding ‘n groot aantal ander belastingbetalers kan oorreed om April se regering se geldkraan toe te draai.

Beroerdpleiners gaan net hoor as daar nie geld is om hulle te betaal nie. En onthou, ook die raadslede se vergoeding word deels deur dorpsbelasting betaal – die ander deel betaal jy óók, omdat Pravin van die geld wat jy hóm gee daarvoor gebruik.

Maar as die stadskis léég is, dan, en dan alleen, sal April en sy regering skielik hóór.

Ek is in die dae na 18 Mei verlede jaar selfs deur my getrouste ondersteuners verguis oor my onderhandelingshouding:

Met iemand soos Gordon April; met iemand soos Jeffrey Donson; met iemand soos Mpho Mogale is geen rasionele debat moontlik nie – jy dreig om weg te neem of te weerhou: dis ál taal wat die Aprils van hierdie wêreld verstaan.

April en sy regering hou Oudtshoorn sedert die eerste raadsvergadering na verlede jaar se verkiesing in die duister.

Selfs sy éie party wil April nie as burgemeester hê nie!

April en sy regering ignoreer die belastingbetalersvereniging.

April en sy regering ignoreer die Oudtshoorn Burgerlike Beweging.

April en sy regering het AfriForum probéér ignoreer… En toe word April gearresteer vir diefstal!

April en sy regering het AfriForum probéér ignoreer… En toe word ‘n saak by die Valke gemaak oor Mogale se betaling aan Avontuur en Genote in Desember!

Dis so duidelik soos die Karoo-son op die middaguur: Slegs harde klappe werk met April se soort.

As April en sy regering wou “engage” sou hulle lánkal gepraat het. Maar April en sy regering hét niks om te sê nie; April en sy regering het net skuld om te erken.

April en sy regering moet in die bek geruk word.

Is daar selfs net 3!?

Só het ek en een van my vernaamste raadgewers gisteraand oor ‘n bier gewonder.

Wonder jý ook?

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

16 thoughts on “Is daar selfs net 3!?

  1. KWB, LMFGA! dis nou selktiewe geskudenis op sy beste! As jy die afgelope 300 jaar verleng na 500 jaar toe sal jy skrik vir die oor eenkoms, Wie wat van wie vat, wie wie uit moor, wie op ander teer, wie ander se besitings verbrand, wie nooit verantwoording, vir die nagevolge van hul dade wil aanvaar nie, wie nie hul ooreenkomste gestand doen nie. Dis die selfde groep wat gemeenskaps besittings hanteer asof dit persoonlike besittings is en slegs aan hul self dink op die kort termyn, en as hul besluite backfire, dan is dit die bonatuurlike, se skuld, en tyd om die wat het weer te gaan verlos van wat hul het wat die selfde bonatuurlike, het gese dat dit nou aan hul behoort weens skuldgevoel.
    Kwb my uitdaging staan nog, Jy het nog nie geantwoord nie.

  2. Grotman, As dit maar ook so was voor 1994, dan het die volgelinge van beter geweet. Maar nee, reg deur 3 eeue was die kode, jy vat net van hulle wat het. So wragtig kom die “net 3” analogie ook hier te pas. Vir 3 eeue vat mense net van hulle wat het, gepraat van effektiewe kondisionering oor ‘n bestek van 300 jaar en die inisieerders raak nou moeg, want die bal is in die opposisie se hand. Ai die geskiedenis, waarom is die penwortel so diep soos ‘n lusern wortel wat geplant is net voor die winter maande sodat dit genoeg tyd het om te evoleer en deur self probeer om deur dorbank te dring?? Het dit tot inheems gemetamorfeer??. Maar wat, die volk se mens moet die verlede agter laat en vorentoe kyk. Ai maar die botanie vakgebied is bietjie diep. Aggenee grotman jy behoort van beter te weet ‘Prima-Facie+No evidence=I rest my case’ punt. kwb

  3. KWB wat is jou deffeniesie van steel? As jy vat wat nie aan jou behoort nie, die rede is nie van belang nie.

  4. Die gebod sê, jy mag nie steel nie, hieraan is almal onderworpe. Of jy dit wil ken of nie. Hierin moet daar ook die reg sy kans gegun word om te bepaal of iemand gesteel het, al dan nie. Om mense te veroordeel voordat hulle skuldig bevind is, is “prejudice”, die ergste graad van ‘n valse getuienis. Maar ek stem, hy/sy wat steel en daar word bewys dat hy/sy steel, moet homself of haarself verskoon sonder ‘n skeidings pakket.

  5. KwB

    By die meeste persone wat kommentaar lewer op OO gaan dit nie oor kleur nie, ek is almal dit eens dat daar diens gelewer moet word teenoor almal en vernaamlik die sogenaamde agtergeblewe mense , die hele verset gaan oor geld wat deur die munisipaliteit onnodig gemors word deur wanadministrasie, korrupsie ens. Hierdie is geld wat aangewend kon word vir dienslewering wat vir altyd verlore is net omdat sekere mense hulself verryk en politieke agendas het. Ons dorp het kundige mense nodig, mense vir wie dinslewering die belangrikste is maak nie saak watter kleur die persoon is nie, solank ht of sy die werk kan doen.

  6. KwB

    My énigste punt is eintlik net dít: wanadministrasie en korrupsie moet stop.

    Dan…

    Kan daar die oorgrote bedrae in die sg “voorheen benadeelde” gemeenskappe belê word – ek sal hardste skreeu dat dit gebeur!

    Natúúrlik moet die verlede se verregaande vergrype aangespreek word!

    Natúúrlik moet daar infrastruktuur geskep word waar Aparthate dit verhoed het – en die wanbalans is nog skokwekkend reël!

    Natúúrlik is ‘n ekstra huis in Rosebank belangriker as nuwe plaveisel in Jan van Riebeeckstraat!

    (Ek weet dis verskillende begrotings en toewysings, ens, maar jy vat my punt.)

    Maar NIEMAND! wen as daar gesteel word nie!

    Die diewe moet uitgevat word – die wit diewe; die bruin diewe; die swart diewe.

    Ek vra jou nou: stem jy saam met my hieroor!?

  7. Die vraag is, hoe bepaal jy of ‘n munisipaliteit sy uitsette soos vervat in die GOP, wat wyksgebaseerde beplanning bevat, haal? Jy monitor die Organisatoriese Uitset in samewerking met die SDBIP (Dienslewering Begrotings Implementerings Plan). As die MM as Administratiewe Hoof en UBM as Politieke Hoof hierin faal, dan is daar rede tot kommer, maar as dit daaroor gaan om ‘n sekere segment van die begroting na ‘n sekere demografie te kanaliseer dan is dit absoluut banaal. Jy sien OO, die Groter Oudtshoorn het in die +- 18 jaar van demokrasie nuwe uitdagings na die tafel gebring en hierdie uitdagings is meer persone wat die roomgedeelte van die vlakoek soek. Die ou metodes het verbygegaan, meer dienste word benodig in De Rust, Dysselsdorp, Volmoed, ens ens. Die verskil in diens versoeke tussen Slangpark (Riemvasmaak) en Milleniumpark (Bergsig), is soos die Ooste van die Weste geskei. Wat dit nog moeiliker maak, is wanneer Ontwikkelaars ook hulle deel van die koek soek. As die agenda oor dienslewering gaan in Parkstraat, stem ek saam, maar so verwag ek ook van jou om dieselfde te proklameer oor dienslewering in 25ste laan, Bongolethu. Die dorp en sy inwoners moet die MM en UBM verantwoordelik hou vir die GOP en SDBIP en Direkteure moet afstand doen van Performance Bonusse as daar nie eens ‘n PMMS (Performance Management Monitoring System) is nie. Dan stem ek saam, maar persoonlike agendas, geniet nie meer aandag na 1994 nie. kwb

  8. Ek haal KwB aan..” There is no right in doing wrong to perform an act of justice “,

    KwB, ons kan nie toelaat dat “the wrongs of the past” nou die meerderheid beswaarde en voorheen benadeeldes a carte blance passasie gee om “revenge” te verkry, soos wat jou aanhaling ook meld. Vir Munisipale werkers wat die breer gemeenskap verteenwoordig, Gordon April ingesluit mag niemand toelaat dat korrupsie en nepotisme en onbevoegdheid goedgepraat word as n soort van “pay back” nie. Dit bly IMMOREEL, ongeag jou agtergrond. Die ironie bly steeds soos OO meld, die wat toegang het tot die munisipale fiskus en hulself onwettig help en verryk, beduiwel net hul eie en die meerderheid wat swaarkry, deur hul eie selfsugtige ongemagtigde selfsugtige verrykingsdade.

    Persepsies van die “onderdorp” mag dit dalk goedkeur en se ‘its our time now” Persepsies van die “bo dorp” skreeu “foul play” en om hul af te maak as, “but you had your time, now is our time no matter what” is in beginsel beginselloos en bly verkeerd !

    Skei die persepsie van voorheen benadeeldes vs bevoordeeldes in een kamp, teenoor beginsels, moraliteit en wat aanvaarde standaarde in n billike gemeenskap in die ander kamp. Dis al hoe ons dit gaan regkry.

    Se aan almal, ons werk eers aan moraliteit en beginsels en maak seker almal is op dieselfde bladsy. Ons beloof om nie een van die ander te steel of te vat of korrupsie te pleeg, nepotisme of onbevoegdes aan te stel nie. Eers wanneer daardie vertroue herstel is en alle partye van alle kante mekaar eers weer kan VERTROU, kan ons op n billike en eerbare manier die ongelykhede van die verlede beginne aan te spreek deur “give and take, live en let live” Intussen is dit n chaotiese “free for all” en elkeen verdedig sy standpunt vanaf sy eie seepkissie, bygese dat sommige op hoer grond is as ander bly amper irrelevant, omdat almal steeds die pot of groter prentjie miskyk?

    Kom ons almal beginne praat, eerlikheid en vertroue aan die dag le en vat dan hande saam nadat ons die fliek “Couraggeous ” gaan kyk het.

    ODN het n blink toekoms.
    Soos dit nou gaan, gaan almal verloor, beide die eerlikes en korruptes, armes en rykes
    Saamstaan en wys die res van SA, dit kan gedoen word !
    STERKTE

  9. KwB

    Ek verstaan nie “Die Bybel is om God te verheerlik, iets waarmee jou ‘medula (sic) ablongata’ ‘n muur soos in Duitsland en China nie was nie bou” nie.

    En dan, die wanadministrasie op Beroerdplein moet stop. Hoe ook al, dit moet stop. Ek dink om “gee die keiser wat hom toekom” aan te haal is heeltemal te dik vir ‘n daalder.

    Ek dink nie April en kie kan “oortuig” word om hulle manewales te laat staan nie. Hulle sal moet voel.

    Die “80,000” waarna jy verwys sal mos almal beter daaraan toe wees as Beroerdplein reg bestuur word, of hoe?

    Wie ly die meeste onder die wanadministrasie? Die sg “rykes” of the “armstes avn die armes” in Riemvasmaak?

    Die ANC behandel sy stemveë vrotsleg.

  10. Reg genoeg OO, maar die analogie lei ook tot die hoofgedagte, wat jou “klaaglied” invul en wat weer soos in homeletiek die vorming van die konteks bepaal. Teen hierdie agtergrond is die Woord jy’s daar om ook die storie agter ‘n storie te bring. Ek meen hoekom die Bybel gebruik as jy nie dit gaan gebruik vir dit waarvoor dit geskryf is nie. Die Bybel is om God te verheerlik, iets waarmee jou “medula ablongata” ‘n muur soos in Duitsland en China nie was nie bou.
    Die inwoners van die dorp moet voorraad neem, nie eksepsie nie. Hoekom moet drie rykes, wat moontlik nie eens hul rykdom regmatig bekom het nie, 80000 se lewens probeer inkleur. Hiervoor het die skrif die ryk jong man, Mattheus die tollenaar, en Saggeus illustratief om te bewys wat gebeur as mens jou geld probeer gebruik vir die verkeerde dinge. Maar nou ja, ek wil jou nie verveel met iets wat jy reeds weet nie, maar dit dien as goeie herinnering. ” There is no right in doing wrong to perform an act of justice “, behalwe as OO boendoe howe bevorder. kwb

  11. KwB, ek het ‘n analogie vir “net 3” gesoek en die Lot-storie het voldoen. Dis nie ‘n eksegese – óf eisegese! – nie.

    Ek neem egter kennis van jou aanklagte teen die volstruisbedryf.

  12. OO, ek het die storie oor Abraham en Lot ‘n paar jaar gelede gelees en ek het baie gehou van Abraham se gesindheid teenoor Lot. As jy die skrifte in die konteks gebruik, moet jy die parallelle identifiseer. Lot was in Sodom as gevolg van sy gulsigheid, wil altyd beter hê. Om Lot en sy twee dogters uit te beeld as die klimaks van die verhaal is direk in kontras met die storie agter die storie. Die drie manne wie deur Abraham onthaal is, is die senter figure in die ondergang van Sodom. Lot is gered as gevolg van God se belofte teenoor Abraham en boonop het God geweet dat Abraham eintlik vir Lot “gelobby” het. As daar dan op drie gefokus word om die dorp te red, moet dit nie drie wees wat die gesindheid van Lot illustreer nie bv. gulsigheid nie, maar dit moet wees omdat hulle “lobby” vir die welstand van hul medemens. Die trio wat dan hier uitgebeeld word is die Here en twee engele, ‘n welbehae in Abraham en smekinge van Abraham, is wat Lot van ondergang gered het. “Laat God dan verheerlik word instede van Lot”. Teen die agtergrond van die gesegde “die appel val nie ver van die boom af nie” is die twee dogters weer besig om hul vader se gulsigheid te illustreer. Soos in die geval van Adam wat nie God vertrou het om weer vir hom ‘n Eva te gee nie, neem die twee dogters wie jy tot klimaks promofeer wyn om hul vader te beken soos wat Eva die boom van goed en kwaad beken het.
    Ek wonder of daar 3 is wat sal bid tot God vir die welstand van die dorp. God het ‘n behae in die wat die dorp lei ten bate van sy inwoners. Om belasting terug te hou, is direk kontroversieel met die Woord van God in geheel. Die Woord verklaar, “… gee aan die keiser wat hom toekom… Die dorp van Oudtshoorn is van die begin af verkeerd aangelê, ekonomie en al. Iets wat noodwendig reg lyk is nie altyd reg nie. Drie wat belasting terughou is nie noodwendig die oplossing nie. God stel regerings aan en breek af.
    KOM ONS KYK BIETJIE NA DIE VOLSTRUIS BEDRYF!
    1. Hoeveel mense het al gesterf van Kongo-koors, wie se broodwinners weggeneem is en die families nagelaat is sonder inkomste? — Wie neem verantwoordelikheid vir die trane ??? Wat het van die kinders geword??
    2. Hoeveel mans het al gesterf wat deur volstruise getrap is en dan word hul vroue en kinders van die plaas af gesmyt sonder inkomste? — Wie neem verantwoordelikheid vir die trane ??? Wat het van die kinders geword?
    3. Hoeveel mense het hul lewens neergelê om in die koue vrieskaste te werk om die volstruisvleis te verwerk?
    —Wie neem verantwoordelikheid vir die trane ?? Wat het van hulle kinders geword ??
    4. Hoekom is hulle so sleg behandel toe hulle siek geword het ?? Wie neem verantwoordelikheid vir die trane??
    — Wat het van hierdie siek ouers se kinders geword ??
    5. Waarom is 150 werknemers werkloos gelaat deur konsultante aan te stel om menslike hulpbronne te bestuur? — Wie neem verantwoordelikheid vir die trane ?? Wat het van die 150 se kinders geword ??

    Waarom soek jy net drie?? het net drie ryk geword?? As jy na die verhouding kyk 3 het ryk geword maar 3000 het gely?? Kan die stelsel gered word as dit soos ‘n Sodom en Gemorra handel of is dit nodig dat die volstruisbedryf ‘n bietjie blindgemaak word. Waarom het 3000 nie ryk geword nie, dan sou jou kanse beter gewees het. kwb

  13. Ek is bereid om my geldjies terug te hou, maar dit moet tog volgens die reels te geskied. Ek dink die belastingbetalers vereniging moet die voertuig wees en sy tande wys

  14. Oudtshoorn as geheel weens baie redes gaan die komende jaar ‘n finansiele tydbom binne-ryk in Oudtshoorn,maak nie saak wie,is maar baie relatief en niemand in die dorp het die geldmag en wil om iets reg te kry nie – alleenlik kollektiewe aksie vanaf elke enkele belastingbetaler van alle kleure , geure en politieke wil en drang sal die dorp red-almal moet ophou belasting betaal- gelyk – en ons moet hande vat en bereid wees om op te offer,selfs sonder krag en water te gaan .Ongeag wie ‘n dorp regeer en administreer-hulle moet doen wat die mense vra-dit gaan nie oor die ANC DA OD en sodanige irrelevante organisasies nie-dit gaan oor die hele wese ,voortbestaan,geluk,, vrede en sukses van ‘n dorp.As OO en almal wat hier lees elkeen in sy daaglikse omgang,invloedsfeer ,werkers ,vriende en kerk die boodskap en die dringende intensie tot aksie kan propageer moet sukses bereik word.Piedt en Mooney se pad is reg maar gaan nie momentum kry as hulle nie die witmense se ware leiers,wat nerens betrokke is,indringend betrek nie- jammer om nou so van kleur te praat maar almal moet almal insluit, spesifiek ook Bongolethu.

  15. Ek wonder saam, ek glo dinge sal begingebeur as die nodige admin werk gedoen is. Die nodige bank rekening, en ander dokumente wat benodig word. Sal graag die teller se reaksie sien as jy met die rekening opdaag en se dis vir krag, water, riool, maar nie belasting nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s