Hoera vir die jollie bobbejaan

400 meter in Parkweg

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 9 Februarie 2012.

05h15. Parkweg, en verskeie gate in verskeie ander strate is gister herstel.

Maar daar is steeds ‘n groot, onherstelde area op die hoek met Middelweg:

Colin Brooks van Much Asphalt in George het vroeër vandeesweek gesê dat die aanvanklike 20t asfalteer wat bestel is, sowat 120vkm kan herstel. Gister het Jerome Moses, wat die herstelwerk behartig het, egter gesê dat hy meer as 700vkm met die uiteindelike 60t kon herstel – twee keer meer as wat Much aanbeveel.

Alhoewel Much asfalteer moet verkoop, en soveel daarvan as moontlik, is dit tog kommerwekkend dat Oudtshoorn klaarblyklik slegs sowat die helfte van die aanbevole hoeveelheid asfalteer gebruik – dit kan tot gevolg hê dat herstelwerk nie so lank hou as wat dit moet nie.

Die herstelbeplanning het veel te wense oorgelaat.

Alhoewel dit te verstane is dat nie alle herstelwerk op een dag gedoen kon word nie – die agterstand in dringende onderhoud sal weke en maande neem om in te haal – sou ‘n mens graag wou sien dat gate in die onmiddelike omgeweing van herstelwerk wat gedoen is, ook aandag kry.

In Van der Rietstraat, voor die Kango Wynhuis, is twee potgate neffens die groot area wat herstel is, sommer so sonder voorbereiding met asfalteer gevul.

Toe die OBV-voorsitter, Lizanne Pelham, daaroor kla is sy meegedeel dat daar nie tyd was om dié areas voor te berei nie, en dat die munisipaliteit maar sal terugkom en die werk oordoen wanneer die lapwerk ingee.

Steurende potgate sowat 50m verder Wes, in die driffie deur die Grobbelaarsrivier, het géén aandag gekry nie.

Waar’s die plan, Zukiswa Ntile!? Waar’s die plán!?

Die laaste beskadigde area in Parkweg word glo vandag so goed moontlik gelap – al die asfalteer is gedaan.

So, Parkweg se verskriklike 400m is herstel, maar nie hééltemaal nie…

Dus: Parkweg is nié herstel nie. Punt.

Goed genoeg, het Langenhoven gesê, is nie goed genoeg nie.

As die raad onvoorwaardelike goedkeuring wil hê moet die MB ‘n hond iewers steel.

OO is onbeïndruk.

Nou vir die res van die gate wat reeds elementêr voorberei is, soos dié in Scheeperstraat hieronder, en die slote en potgate in Springbokweg, waar ‘n vlak sloot in die middel van die pad af loop en toegang tot elke aansluitingspad deur ‘n vlak sloot belemmer word… en dan lê hef aan voor: om padonderhoud op datum te kry.

Oudtshoorn. 8 Februarie 2012.

12h50. Daar is lank voor 11 al fluks met die asfalteer gewerk!

07h40. Jerome Moses, wat die herstelwerk behartig, het pas aan OO gesê dat hy vandag nie 20 nie, maar 60 ton asfalteer ontvang en dat r spanne van 10 mense elk, elk 20t gaan bewerk.

Dit beteken dat sowat 360vkm vandag herstel gaan word!

OO wens Moses en sy span alle sukses toe!

Die Parkweg-gate is nog nie almal voorberei nie, en daar is ook ten minste 3 areas wat binnekort gaan opbreek – OO hoop hierdie herstel werk sal nie wag totdat dit weer amper te laat is nie:

05h50. Dit lyk, genadiglik, of die weer gaan hou en Parkweg perdalkies teen dageinde herstel sal wees.

Daar is baie strate in Oudtshoorn wat in ‘n haglike toestand is.

Parkweg is maar ‘n enkele voorbeeld, en Parkweg, van Vrede- tot by Korststraat, is ‘n besonder belangrike stuk pad omdat ‘n skool, die koöperasie en die SAPD-opleidingsentrum langs dié strook lê.

In ‘n berig vanoggend (IQMS – What the hell is Council doing!?) oorweeg OO, baie, baie kortliks, die raad se vermoë, al dan nie, om selfs sy mees elementêre pligte te vervul.

Parkweg het oor die afgelope dae ‘n simbool van merkwaardige onvermoë geword.

Maar, hopelik, sal dié “simboliese 400m stuk pad” teen vanaand herstel wees.

Die raad se onvermoë, helaas, sal baie waarskynlik voortduur.

Oudtshoorn. 7 Februarie 2012.

16h40. Daar word op verskeie plekke herstelwerk aan die strate gedoen, nie net in Parkweg nie.

OO verneem dat 20t asfalteer genoeg is om 120vkm te herstel.

15h45. Nou’s daar ‘n gans núwe gat op die hoek van Park- en Middelweg…

14h50. Jerome Moses het pas aan OO gesê dat die waterpype voor die Laerskool Wesbank herstel is en slegs ‘n brandkraan nog herstel moet word. Die beskadigde dele van Parkweg voor die skool sal dan voorberei word.

Moses sê dat die munisipaliteit se trok môre 08h00 by Much Asphalt op George sal wees en dat die asfalteer eers teen 11h00 op Oudtshoorn verwag word.

Die gate sal dan “beslis” gereed wees om gevul te word.

… As dit nie reën nie – hiér, óf op George.

Daar is tans ‘n 58% kans op vroegoggend reën op Oudtshoorn môre; dieselfde vir George.

13h40. Die gate in Parkweg word vandag voorberei om môre, Woensdag, gevul te word.

According to Colin Brooks of Much Asphalt in George, 20t of asphalt premix will be delivered by 08h00 tomorrow, weather permitting.

Brooks says three steps are needed to fix the road surface:

The damaged areas must be cut out and squared off;

The base must be compacted;

A primer, Tack Coat, must be applied to the compacted surface and left to dry before the asphalt premix will attach.

The surface can not be fixed if wet.

Die Parkweghertselwerk word bemoeilik deur ‘n gebarste waterpyp voor Laerskool Wesbank.

Dié pyp moet vanmiddag herstel word en die padoppervlak voorberei word sodat die asfalteer môre gelê kan word.

Daar is glo reeds 2 weke gelede met die Laerskool Wesbank ooreengekom dat die herstelwerk vóór die skool se prettrap die komende naweek voltooi sal wees.

Die munisipaliteit het ‘n landwye tekort aan bitumen, ‘n grondproduk vir die vervaardiging van asfalteer, die weer, en die gebarste waterpyp die skuld gegee vir die laatte van die herstelwerk.

Die “Parkweginsident” is ‘n duideliking vingerwysing na die munisipaliteit se gebrekkige beplanning en geldnood.

OO berig spoedig volledig oor dié skrikwekkende situasie.

Oudtshoorn. 6 Februarie 2012.

14h25. Lizanne Pelham, OBV-voorsitter, het net voor 13h00 ‘n e-pos aan Zukiswa Ntile, die nuwe direkteur tegniese dienste, gestuur waarin sy die toestand van padoppervlaktes op Oudtshoorn – én die bedenklike herstelwerk aan paaie – bevraagteken:

“Every hole dug to repair broken underground water and sewage pipes or electrical cables have been covered with a sand/soil mixture containing riverpebbles and aggregate which is highly unstable and which erodes away with the first sight of rain as well as the movement of vehicles over the holes.”

Die Parkweg-gate gaan glo ook slegs met ‘n gondmengsel en bitumen gelap word.

‘n Leser sê ons bitchuminbitch te min.

12h40. Lizanne Pelham, voorsitter van die OBV het vanoggend met werkers wat aan die pad gewerk het, gesels.

Die gruis word glo vandag uit die gate gehaal en môre word gie gate gevul met bitumen van George af.

Nou ja toe.

Laat ons sien.

Toe ek so 12h15 by die gate verby is, altans déúr die gate is omdat daar te veel verkeer was om óm die gate te ry, was daar geen munisipale werker in sig nie.

Die gate oor kant Kortstraat is egter nou groter gemaak en in een van die dongas is daar ‘n oranje heksehoed.

05h10. Dis ‘n pad wat baie swaar verkeer dra; dis die pad wat elke boer en sy bakkie gebruik om sake by die koöperasie te doen.

Dis slegs ‘n strook van sowat 400m van Kortstraat tot Vredestraat en die skokwekkende toestand van die pad, wat duidelik “voorberei” is vir herstelwerk, laat my dink aan die volksliedjie Bobbejaan klim die berg… om die boere te vererg, hoera vir die jollie bobbejaan.

Bobbejaan?

OO is op 18 November 2010 erg geroskam omdat hy die raadslede van Oudtshoorn met die Kaapse Grys Bobbejaan (Papio ursinus) vergelyk het. OO het die volgende dag onvoorwaardelik om verskoning gevra vir dié belediging van die eerbare Kaapse Grys Bobbejaan – klik hier.

Maar ‘n besluit om ‘n pad wat soveel verkeer dra soos Parkweg, op te kap in ‘n week waar reën voorspel is en dit ook sommer deurdringend gereën hét, kan net ‘n funksie wees van ‘n bobbejaanmentaliteit. Oor die reënskade aan hierdie belangrike pad, met sy massiewe oopgekapte gate, kan OO maar net wonder.

Dan is daar die toestand van padtekens en -waarskuwingstrepe…

En dan is daar die kommerwekkende toestand van Oudtshoorn se elektrisiteitsvoorsieningsvermoë.

Na die onderbrekings van 3 en 30 Januarie, en die daglange Eskom-onderbreking van 29 Januarie, was die krag gister weer in Wesbank en Noord af. Daar is ‘n beskadigde kabel tussen die Van der Riet-nodus en die El Dorado-nodus ontdek – die toevoer is herlei en herstel.

Daar is ook twéé beskadigde kabels tussen die Van der Riet-nodus en die HTS-nodus (by Langenhoven Gimnasium) ontdek – ook dié toevoer is herlei en herstel.

Maar nou sal die beskadigde kabels herstel moet word, of daar is volgende keer groot probleme!

Oudtshoorn word bestuur deur mense wat ‘n vergelyking met Papio ursinus ‘n belediging vir bobbejane maak.

Wanneer gaan Oudtshoorn se burgerlike leiers inwoners wakker skud?

Waar ís daardie burgerlike leiers?

AfriForum en sy voorsitter, George Kersop, kan dit nie alleen doen nie. Lizanne Pelham van die OBV kan dit nie alleen doen nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

45 thoughts on “Hoera vir die jollie bobbejaan

  1. OO – sien in die Hoorn dat daar Dinsdagmiddag ‘n tiener met ‘n bromponie in Parkweg geval het nadat die bromponie een van die berugte slaggate getref het, hoop dat die persoon ‘n eis teen die munisipaliteit gaan instel aangesien daar geen waarskuwingsborde op was nie en die gat nie beveilig is nie.

  2. Piet o Piet.
    Ek werk ook by Raad.Hoekom sien jy my nie raak nie!
    As daai goeters wat julle op die paaie spuit,op is, dan kan jy bietjie in die gange afbeweeg en wys jy is jou naam waardig

  3. I think KWB already has a cushy job in OM and is using his employers “kit” and time to hone his skills and defend the indefensible – maybe its part of his job description or his only job?

  4. Marah – KWB dink hy kry indiens opleiding, nou kan hy een van die dae aansoek doen vir ‘n kantoorpos want hy is rekenvaardig, kan briewe skryf en weet hoe om te kommunikeer met die publiek. Sies tog!!!

  5. Ek dink as ons KWB heeltemal ignoreer sal hy ophou sulke snert kwytraak. Hy kry die aandag wat hy wil hê.

  6. Die feit bly staan, die paaie word op so onprofessionele manier herstel net om binne ‘n maand of so weer stukkend te wees. Kry tog asb iemand wat die werk behoorlik kan doen. As die Munisipale amptenare tog net doen wat hulle moet doen en ophou geld mors sal dinge in Oudtshoorn beter gaan. Maar niemand wil verantwoordelikheid aanvaar nie.

  7. OO – Danksy OO, Lizanne Pelham en George Kersop is die slaggate in die paaie van Oudtshoorn herstel en het Hendricks sy geld gekry en wil die inwoners van Oudtshoorn julle bedank. Wat my egter bekommer is dat die DA wat deur die kiesers verkies is om na hulle belange om te sien en die opposisie party is, geen poging aangewend het om te reageer op die klagtes van die publiek nie. Wat egter kommerwekkend is, is of die herstelwerk aan die paaie ordentlik gedoen is en of die munisipaliteit nie dalk nou deur halwe werk te doen net weer teer en die belastingbetaler se geld gemors het nie.

    Piet Pielietjies jy en jou medewerkers wat by die munisipaliteit werk is in diens van die inwoners en belastingbetalers van Oudtshoorn en daarom sal daar van julle verwag word om julle werk te doen en as julle dit nie wil doen nie soek solank vir julle ‘n ander werk want dinge gaan binnekort verander op Oudtshoorn, so wees gewaarsku my vriend. PERFORM OR GO !!!!!

  8. Die kommentaar oor ODN se paaie vat die koek teenoor ander berigte

    Stadig maar seker raak die ODNners keelvol soos wat dienste sop ODN stadig maar seker besig is om te “implode” en die geldkas leegloop

    Ek hoop April en Mnyimba sit penorent en luister, hier kom n ding !!

    Waar is Bredell en SOE en weg met Lott en sy Mandietjie !! Daar is niks meer oor om te “mismanage ” nie, niemand julle gese nie ?

  9. @ Piet met die snaakse van.
    As jy agter raak met enige instandhouding sal jy gery word.
    Ons kan nie aansoek doen nie. Jul organogram is vol!!!!!!!Te veel mense word te veel betaal om te min te doen.
    Die grootste aktiwiteit te Verwoerdplein in ‘n laaaaang tyd was bespeur met die laaste valse bom alarm.

  10. Die herstel van OO se paaie als te danke aan OO se rapportering PUNT
    Daar behoor n klomp op ODN se Munisipaliteit “gefire” te word !
    Spul patete, absolute bloedsuiers !!
    Reageer net as die WERELD luister !

  11. Die verskooning van n bitumen tekort is twak, as hul bitumen gebruik is dit weer more stukend, hul gebruik n emulsie. Die emulsie word deur 2 firmas verskaf en hul wil betaal word ( vooruit ), want hul wag nog vir laasjaar se uitstande geld. Die opgekapte blad word weggegooi, n vermorsing dit kan weer gebruik word as filling in slaggate, wat n bespaaring op “pothole patch” sal bewerk. Hoe sal mens dit stel, die raad is nie “into” bespaaring nie.

  12. Piet, as die beplanning reg gedoen word en belangstelling daar is sal dit nie nodig wees dat die inwoners (kliente) versoeke moet rig om herstel werk te laat doen. Die ingenieurs behoort en ek glo hulle dit doen, `n prioriteits lys op te trek van strate wat aandag moet kry maar weens politieke inmenging word hulle planne omver gegooi en dus moet druk op die raadslede geplaas word om dinge reg te kry. Die feit dat raadsvergaderings nie gehou word nie is nie `n verskoning om niks te doen nie. Die mense sowel as munisipale amptenare het toegang tot vervoer en behoort te weet wat aangaan of nie aangaan in hulle wyke. Mense moet eienaarskap van hulle werk en verpligtinge neem. .

  13. Dit lyk vir my of daar baie mense daar buite is wat die job binne die munisipaliteit beter kan doen, Doen maar aansoek wanneer daar enige nuwe poste ge-adverteer word. Ek is net nie seker of julle aangestel sal word nie weens die “getalle” nie.

    Die munisipale amptenare luister na Laerskool Wesbank se versoek en wil help om die strate reg te kry vir die fietswedren. Ons word gekniehalter deur die tekort aan Bitumen in die land en nou word ons vir die wolwe gegooi!!

  14. Ek wens KWB die ketting wat hom so pla sal trek en wegspoel.
    Wat my pla is waar is en wat doen die wyks raadslede oor die pad probleme of moet die OBB hulle werk vir hulle doen?. Parkweg suid loop deur wyk 1 en 3..alby onder die beheer van twee dame raadslede!!!!!!

  15. KWB
    Dit is goed dat April die ketting dra. So kry hy oefening vir korrektiewe dienste se kettings.
    Oppas vir aanhalings uit Levitikus. Netnou raap die regse Isrealitiese vleuel van die AWB jou op.

  16. KWB as mens die afgelope paar jaar die stand van finansies met wie in beheer (anc/da) van die Oudtshoorn raad, vergelyk, weet jy, wie spandeer en wie vermors. Dis eending om te spandeer op standhoudende opbouing en vermorsing op politieke quickfix projekte wat winsgewind vir raadslede is. As die pad herstel was toe probleem aangemeld was, en in 1 dag, het dit minder gekos. Dit is mos lekker om vir die council te werk, val in so 07:30 soms later nooit vroeer, begin werk so teen 9 soms later nooit vroeer, tee tyd teen so 10 vir 15 min, soms van 9:30 tot 11 ……….. KWB kyk ma wa word vermors .

  17. OO – wil jy nie dalk vir ons iets skryf oor Rooikappie, die wolf en die 3 varkies nie, dan kan KWB ook moontlik kommentaar lewer oor iets wat hy verstaan. Hoop nie hy maak daarvan ook weer ‘n apartheids storie nie, moontlik sien hy vir wolf as die regstellende kanidaat teen wie Rooikappie gediskrimineer het en die varkies benadeel deur die DA omdat hulle nie ordentlike huisies gehad het nie.

  18. AWB, sommige onrein diere het gesplete pote, sommige mense praat met n gesplete tong (forked tongue) en sommige het n gesplete persoonlikheid of beide, wat hul dalk dan ook as onreines kan laat klasifiseer. Se tog vir die ODNiete waar jy staan tov opbouendheid, groei, eerlikheid vs korrupsie, nepotisme, bevoegdheid ens. Jou skrywe in die verlede geen jou reeds weg en dalk beter dat jy niks verder se voordat meer onreine woorde jou “apartheidskampie” verlaat uit n diepgewortelde dog gesplete verlede !

  19. KWB- jy is nou werklik so dig dat mens jou eintlik jammer kry, g’n wonder die land is so in sy moer nie – red nou ‘n land met mense soos jy. Kyk vannaand in die spieël dan huil jy vir jouself want jy het so pas weer jou naam behoorlik krater gemaak. SHAME !!!!!!!

  20. Kyk as jy jou ekonomomie op onrein vleis bou, dan moet jy nou nie ander blameer as jy ‘n plaaggeteisterde gebied word nie. Volstruise is onrein, lees maar levitikus, nie dat julle glo nie, jollie bobbejane. kwb

  21. investigative public – Oudtshoorn is tans nie net ‘n rampokkergebied nie maar ook ‘n plaag gesteisterde gebied en nou praat ek nie van die volstruise nie maar die spul rampokker springkane wat van ander munisipaliteite oortrek na oudtshoorn om hulle dik te kom vreet. DOOM het nie veel gehelp nie want hy het ook maar saam gevreet voor hy die gat gevat het.

  22. Jack, poor AWB wont get your drift, he is still chained to the past and full of nothing to contribute, spewing hate and racial intolerance. Let him rest in peace (or in chains as he wishes)

  23. KWB – ek wonder of die ketting nog daar is en nie al by die ” pawnshop” verkoop is nie, jammer ek haal jou uit jou drome uit ou grote maar as jy nog nie agter gekom het dat die bestuur van die ANC ‘n nagmerrie is nie is dit hoog tyd dat jy wakker skrik. ‘n Politieke party is net so goed soos wat sy Raadslede hom maak en ongelukkig is die ANC en DA besig om hulle gatte te sien juis omdat Raadslede omsien na hulle eie belange en nie na die van die kiesers en hulle onderskeie politieke partye nie.

  24. KWB – He does not even know how to carry this chain of office properly – its not a necklace!, and why he should want to perpetuate an age old English tradition “of office” when he so despises “imperialists, colonists and capitalists” is beyond me.

    He should adopt a ” local” staff of office more fitting to the geography and traditions of the region to show his “lofty and honorable” position in society and to “stamp his authority”, rather than emulating some middle ages alderman from the other side of the world!

    In any event its just too hot in the Karroo to wear the obligatory ermin- collared robe on which this badge of office and honour are usually displayed.

    Maybe he can just get by with the shades and can the “gong”?

    Any suggestions?

  25. KWB jammer om dit te se maar die nuwe da en anc is lankal kop in een mus, ek wonder of gorden en diane nie soms perongeluk by die selfde vuur braai nie? Ook dan toevallig, die volgende vergryping bespreek. Dit is hoekom Zille niks wil of kan doen nie. Die da van Oudtshoorn is nie die DA van die 3 vrouskap nie, en de_jager sit die pot mis as sy dink sy kan bevorder word. en OOM piere nel, jy is reg die toekoms is die kinders maar is dit “die toekoms” wat jy beplan? Ek verneem ook dat n da raadslid sy studies voortsit, kry persoonlike aandag van af die hoofmeester en volgende anc kandidaat(as die rumers reg is).
    Die kerk is nou sonder n Doom maar die diens gaan voort.

  26. Joss ….”Hoe lyk dit verklaar Oudtshoorn as rampgebied !!!!!!!!! Of het jy dalk gemeen Rampokkergebied ??

  27. Ek dink die Burgemeester moet van daai ketting ontslae raak, hy moet hom nie vereenselwig met ‘n ketting wat die DA gedra het nie, g’n wonder Jack haal ons nou uit die droom uit nie. ‘n DA skakel is ‘n swak skakel. Kry vir ons ‘n ketting met Madiba, Thabo en Zuma se gesigte op die bors. KwB

  28. sadruid- maak aan my ook nie saak wat elke span doen nie, feit is daar is nie geld vir instandhouding van oudtshoorn se strate en infrastruktuur nie, gaan kyk mens egter na die kantore binne die munisipaliteit sal jy sien dit is voorsien van die duurste meubels en die beste/ grootste rekenaars en fotostaatmasjiene.

  29. @ Jack, die rede hoekom span a vooruit werk, maak nie saak nie.

    OO ek hoop die patch werk is beter as die werk in De Rust, pat wat laas jaar, toe daar nog geld was, herstel is, trapek nou gate in die teer. Dit herhinder my aan bitumen wat met kreosoot gemeng het. sag en lyk net goed, goed vir dak seel, nie vir ry oppervlak nie.

  30. Lizanne jy praat seker nou van die burgemeester se ketting , want daar is die swakste skakel in die middel naamlik die agbare burgemeester

  31. Lizanne – Dit is belangrik dat die gemeenskap van Oudtshoorn ophou kyk na kleur, maar na Oudtshoorn en wat hier besig is om te gebeur. Die politieke leiers en sekere amptenare van Oudtshoorn Munispaliteit is besig om van Oudtshoorn die grootste sirkus te maak deur wanadministrasie en korrupsie. Hoeveel geld gaan Oudtshoorn nog verloor deur regstellende aksie waar mense in poste aangestel word waarvoor hulle geen kwalifikasies het nie. Hoeveel amptenare wat korrupsie en wanadministrasie by ander munisipaliteit gepleeg het gaan nog by Oudtshoorn aangestel word, net om weer oor ‘n paar maande met volle betaling geskors te word en agterna ‘n redelike skeidingspakket te ontvang. Die huidige Raad het nie die vermoë om Oudtshoorn te bestuur nie aangesien dit by hulle net gaan oor politiek en eie selfsugtige agendas.Die tyd het aangebreek dat die gemeenskap van Oudtshoorn in opstand kom teen die huidige Raad en sê genoeg is genoeg.

  32. Ek dink dis uiters belangrik dat die gemeenskap van Oudtshoorn the beplanningsvergadering van die Oudtshoorn Burgerlike Beweging bywoon hierdie week om daadwerklik te hoor wat hulle voorstel ons moet doen op Oudtshoorn om die situasie hier om te keer. Die Oudtshoorn Belasting Betalers vereeniging sal graag saam met alle organisasies werk wat nie bedrog en wanadministrasie duld nie! Die gemeenskap van Oudtshoorn wil net die beste he vir hul dorp en vir hul medemens, ons wil saamwerk, hande neem en mekaar onderskraag. Vergeet die verlede en beweeg vorentoe, moet nie in die hande van politieke leiers speel en toelaat dat politieke spel ons poppemeester word nie. Mense sien wat om julle aangaan, neem mekaar se hand, werk saam om wanadministrasie kamp te slaan! Dis tyd dat die gemeenskap van Oudtshoorn betrokke raak, maak julle stemme dik, spreek uit as julle iets opmerk wat nie korrek gedoen word nie. ONTHOU ‘n ketting is so sterk soos sy swakste skakel!

  33. Die paaie kan nie reggemaak word nie want daar is nie geld nie, gaan die raad nou weer op die boek teer aankoop???? Het Meneer April en sy kader regtig gedink Oudtshoorn se geld gaan vir ewig hou. Hoe minder geld daar is, hoe minder dienste kan gelewer word. Nog so ‘n paar skeidingspakkette, prestasiebonusse en regskoste en die poppe gaan behoorlik draai op Oudtshoorn – of hoe Gordon. Jammer Mighty Word het nie gebid vir die wonderbaarlik herstel van die paaie en die bankrekening van die munisipaliteit nie. Hoe lyk dit verklaar Oudtshoorn as rampgebied !!!!!!!!!

  34. Alle feeste tot ons dorp se strate herstel en skoon is, mens kan nie jou dorp se naam so ” gat ” maak nie met al die gate nie.

  35. Ek hoop die Garobfees word ingesluit, want daar is sommer nog baaaaaaaie geld wat geskuld word, nè KwB?

  36. Hennie, die munisipaliteit is besig om die pad te herstel. Ek publiseer net na ete ‘n berig daaroor!

  37. Komende Saterdag is dit die Wesbank Prettrap wat duidende rande in die plaaslike ekonomie en skoolgemeenskap inbring. Fietsryers en ondersteuners van oral kom besoek ons dorp. Sal die pad herstel wees sodat klein en groot veilig kan deelneem op die stuk pad? Hoe gaan ons amateur fietsryers wat op hoe“ spoed hier eindig veilig kan meeding? Sal die owerhede verantwoordelikheid neem vir enige besering of ongeluk agv die onveilige ry-oppervlak?

  38. sadruid – die teorie klink pragtig, maar in Oudtshoorn se geval kos dit nie geld vir span A om die pad oop te kap nie, maar dit is waar die teorie eindig want daar is nie geld om die res te doen nie, so nou sit jy met ‘n groter en meer gevaarlike ” pothole”. Die hartseer van die hele storie is dat die wonderlike Raad derduisende rande links en regs bewillig en weggee, soos vir kerkdienste, feeste, skeidingspakette en regskostes. Hoekom geld skenk vir feeste as jy die dorp in die verleendheid stel met die toestand van ons strate en ons dorp. G’n wonder sekere mense dink dit is ‘n boere saamtrek nie, dit is omdat die mense ossewaens nodig het vir Oudtshoorn se strate.

  39. Ek het n ruk trug navraag gedoen en toe op die “beste bestuurs praktyk” af gekom, die wysse manne het besluit dat n span(a) die pad oopkap, span(b) die voorbereiding doen, span(c) die herstel doen, span(d) skoonmaak. In teorie is dit goed, praktyk as span a vooruit werk bemoeilik hul die werk vir die wat volg. In teorie kan die by nie vlieg nie, in teorie kon die Titanic nie sink nie, in teorie is n komitee slimer as n enkelle persoon, maar in praktyk sien teorie sy ‘pothole, soos hier.

  40. OO daar word meer opgekap as wat daar reg gemaak word en is die nuwe ding dat herstelwerk aan die paaie saans as dit donker is deur die munisipaliteit gedoen word, wonder op die spanne dan oortyd kry vir die donkerwerk, altyd gesê donkerwerk is konkelwerk of hoe !!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s