Die soustrein gaan staan

Die geld is op. Ondenkbaar, maar waar.

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 8 Februarie 2012. 12h25. Walter Hendricks is gister uiteindelik uitbetaal.

En vandag word 60t asfalteer op Oudtshoorn gebruik om strate te herstel.

Nou tóé nou!

4 Februarie 2012. 07h15. Die raad het nie geld om sy verpligtinge na te kom nie.

En die raad het nie eens die verantwoordelikheidsin en openhartigheid om die geldnood en die verleentheid te erken nie.

Legally binding agreements can no longer be serviced. The Oudtshoorn Express has run out of gravy.

Die raad kon die voormalige direkteur gemeenskapsdienste, Walter Hendricks, se skeidingspakket nie, soos ooreengekom, op 1 Februarie uitbetaal nie, want daar was nie geld om dit te doen nie.

Die direkteur korporatiewe dienste, Francois Human, het met Hendricks probeer skik om op 15 Februarie te betaal, maar Hendricks het die voorstel verwerp en dring aan op onmiddelike betaling – of hy keer komende Dinsdag terug om sy pos weer op te neem op grond van die raad se eensydige verbreking van die skeidingskontrak.

Bo en behalwe die R950,000 wat die raad aan Hendricks moet betaal, en die belasting op dié bedrag wat aan SARS oorbetaal moet word, moet die raad ook nog Hendricks se prestasiebonus uitbetaal – dít is ook onmiddelik betaalbaar.

Ook die prestasiebonus van die voormalige direkteur finansies, Keith Jordaan, is agterstalllig.

OO het gister om 13h28 per sms aan die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, wat gister nie op kantoor was nie, en die direkteur finansies, Deon Lott, gevra: “Mnyimba; Lott, your failure to honour Council’s agreement with Walter Hendricks speaks to incompetency and negligence. Explain yourselves!”

OO het ook om 15h19 gister ‘n gedetailleerde boodskap vir Lott by sy ontvangsdame gelaat en versoek dat Lott terugbel.

OO is natuurlik geïgnoreer.

Toe bel die plaaslike AfriForum-voorsitter, George Kersop, en praat uiteindelik met Lott oor Hendricks se agterstallige betaling.

Volgens Kersop was Lott eers onwillig om te praat en wou weet wat Kersop se belang is. Kersop het Lott se houding ervaar as “arrogant”.

Kersop is ‘n belastingbetaler. Lott werk vir Kersop en die ander belastingbetalers van Oudtshoorn; hy kry sy salaris van Kersop en die ander belastingbetalers van Oudtshoorn; hy is aan Kersop en die ander belastingbetalers van Oudtshoorn verantwoordelik vir sy besluite en optrede.

OO het Lott juis om 18h00 gisteraand ge-sms: “Lott, jy’t my nie teruggebel nie! Vanwaar dié arrogansie!? Jy werk vir my en ander inwoners – as ons sê spring, spring jy!”

Geen reaksie nie, natuurlik.

Eers toe Kersop verduidelik dat Hendricks by AfriForum om hulp aangeklop het, het Lott halfhartig gereageer en gesê dat “die direkteur menslike hulpbronne” met Hendricks “gepraat” het en die saak met die direkteur opgeneem moet word.

Lott het na Human verwys en Human het nié met Hendricks ooreengekom nie. Human wil op 15 Februarie betaal en Hendricks wil sy geld nóú hê.

Ook Jordaan wil onmiddelik betaal word en oorweeg reeds regstappe wat belastingbetalers gaan kós.

Oudtshoorn is run by blunderers, botchers, bumblers, bunglers, butchers. fumblers, slouches and stumblers.

And the Provincial Administration supports Oudtshoorn’s administration, as confirmed by the Provincial Minister for Local Government, Anton Bredell.

OO has warned about Oudtshoorn’s dire financial situation for a long, long time, recently again on 14 September and regularly thereafter. Province has done nothing. Nothing.

Whimpering, mewling, puling and wailing behind the “three tier government system” and a fluffed court case, Province has done nothing to intervene, in ignominous disregard of legislated responsibility.

Die Bredell-refrein weerklink steeds oor die vlaktes van die Klein Karoo: “My hande is afgekap en agter my rug vasgemaak.” (Op die maat van Een aand op ‘n trein na Tshwane; vir luit en siter. Sela.)

OO het oor die afgelope weke van verskeie amptenare, wat letterlik smeek om anoniem te bly, verneem dat daar nie geld is om paaie te herstel en ander infrastruktuur te onderhou nie.

Maar Oudtshoorn het R60,000 om sowat 750 mense oor vier dae heen deur ‘n psuedo-evangelis te laat verskreeu… En Oudtshoorn se burgemeester, en Oudtshoorn se voormalige munisipale bestuurder, staan albei tereg op afsonderlike klagtes van diefstal.

Kan Anton Bredell, die Wes-Kaapse DA-minister van plaaslike regering steeds verskonings uitdink om slegs toe te kyk hoe Oudtshoorn wreedaardig verkrag word – oor en oor en aanhoudend, dag en nag en sonder ophou – sonder om eers te probeer om te dink aan ‘n plan om in te gryp?

This feckless minister serves at the pleasure of Helen Zille, the leader of the only alternative government in South Africa. Yeah, right.

Need I say more?

Oudtshoorn kan slegs gered word deur selfs slegs ‘n handjievol plaaslike burgerlike leiers wat bereid is om hulle sagte, Nivea for Men manicured hands, in die modder van, byvoorbeeld, belastingweerhouding en harde openbare uitsprake teen korrupsie en onbeholpenheid, te steek.

Waar is dié burgerlike leiers?

Oudtshoorn het ‘n ander regering nodig – maar nie die DA in die plek van die ANC nie!

Hoe kan jy die persoon wat jou dogter se verkragting geleë gadegeslaan het as haar oppasser aanstel nadat die verkragter uiteindelik eenvoudig net nie meer kán nie!?

Is die beeld te verskriklik?

Is nie.

Oudtshoorn het ‘n ánder regering nodig – ‘n regering van georganiseerde onafhanklike raadslede met intelligensie, waagmoed, ondervinding en ‘n liefde vir Oudtshoorn; nié
‘n liefde vir die ANC of die DA nie.

Dís wat gedoen moet word, het OO reeds gesê.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

8 thoughts on “Die soustrein gaan staan

  1. Let AWB print out the above facts from sadruid as his NEW BIBLE !! Die klong se onsamehangendheid gaan my te bowe, maar hy MOET en WIL altyd iets se. Min mense op OO maak hul naam so ooglopend kloof !!

  2. South Africa’s democracy is slipping says survey. The Institute assessed various international indexes, comparing countries’ level of democracy between 2008 and 2011. Most notable was the decline in key areas such as the control of corruption, civil liberties, and the ability of government to provide quality public service.

    The Economist’s Democracy Index decreased SA’s overall score from 7.91 in 2008 to 7.79 out of a possible 10 in 2010.

    This index was calculated by analysing 60 indicators grouped into five categories: electoral process and pluralism, civil liberties, the functioning of governments, political participation, and political culture.

    Meanwhile, according to the latest World Bank Governance Indicator report, SA scored lower than its previous score in 2008 in four out of six categories.

    These categories were voice and accountability, control of corruption, regulatory quality, and government effectiveness. SA recorded improved scores in political stability and the rule of law.

    “The falling scores can be attributed to issues such as transparency, freedom of the media, and accountability of public officials, as well as corruption,” said Georgina Alexander, a researcher at the institute.

  3. OO die tyd het aangebreek vir die sakelui op Oudtshoorn om op te staan en vir die Munisipaliteit te sê en te wys hulle doen nie meer besigheid met die munisipaliteit nie totdat dinge drasties verander het. As die munisipaliteit nie geld het nie gaan die besighede in elk geval sukkel om op die einde van die dag hulle geld te verhaal. Eetplekke en verskaffers van skryfbehoeftes kan begin om vir die munisipaliteit te sê ons bedien julle nie tot julle huis in orde is nie. Ek glo dat dit in almal se belang en dit sluit wit, bruin en swart om ernstig te kyk na wat aangaan by die munisipaliteit en te sê genoeg is genoeg. Die sirkus van April en sy kader sal slegs regkom as ernstige druk uitgeoefen word deur die publiek, burgelike organisasies en besighede. Kom ons sê vir mekaar Oudtshoorn Munisipaliteit wil nie met ons praat nie so ons doen nie meer besigheid met hulle nie.

  4. S
    Soos Sidewinder nou reeds by verskeie geleenthede gese het is ek besig om ‘n “Sannieshof” op die Oudtshoorn Munisipaliteit te trek. Ek betaal net nie meer my dienstefooie nie, is al.

  5. Die mense van Oudtshoorn weet wat om te doen maar is te lamsakkig om dit te doen PUNT! Ons moet nou maar wag dat Oudtshoorn Munisipaliteit bankrot verklaar word en dan moet daar nuwe bestuur in die vorm van die Belastingbetalersvereniging aangestel word om ons dorp weer op die been te bring. Kyk maar na die paaie se verval. Hulle begin werk daaraan maar daarna lê dit vir weke. Spoedwalle wat nie geverf is nie en mense wat in die nag daaroor ry moet nog net begin om eise teen die Munisipaliteit in te stel vir skadevergoeding sowel as skade gely aan kos wat bederf a.g.v. die kragonderbrekings.

  6. As die ODNners nie nou self as burgerry opstaan nie gaan jul suur druiwe pluk en laaaaaang tranne huil as dit reeds nie te laat is nie

    Die ANC KAN julle nie help nie, die DA WIL julle nie help nie (spul lamsakke vol verskonings en uitverkopers met onstuitbare arrogansie met bietjie Provinsiale mag en die toets 100 % dop )- dus bly net die burgerry oor . Wat gaan julle maak ???????????

  7. Dis tyd dat die kiessers, en belasting betalers antwoorde eies, vrae soos vir wie werk die heer Lott, en vrindde? as hul antwoord vir Oudshoorn, dan mag hul betaal word deur Oudtshoorn NA DAT HUL VERANTWOORDING AAN OUDTSHOORN GEDOEN HET, en, as hul vir ander werk moet hul by ander om betaaling soek en somer ook soentoe trek om plek te maak vir die wat wil vir Oudtshoorn werk.

  8. OO
    Aangehaal uit jou bogemelde:
    “Lott werk vir Kersop en die ander belastingbetalers van Oudtshoorn; hy kry sy salaris van Kersop en die ander belastingbetalers van Oudtshoorn; hy is aan Kersop en die ander belastingbetalers van Oudtshoorn verantwoordelik vir sy besluite en optrede.”
    Wat jy waaaaaar kry ??????. Die mense kry welliswaar hul geld van die belastingbetaler. Hulle antwoord egter aan niemand behalwe His Master “your majesty'” ‘s voice uit Luthuli House.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s