Raad verbreek ooreenkoms met Walter Hendricks

Nog geen betaling nie!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 3 Februarie 2012. 13h45. Oudtshoorn se raad en amptenary kan nie regeer nie – die raad en die amptenary kan nie ens die eenvoudigste bestuursfunksies hanteer nie.

‘n Raadsbesluit Dinsdag, dat die voormalige direkteur gemeenskapsdienste binne 24 uur R950,000 plus belasting uitbetaal word en dat ‘n brief van goeie naam en faam uitgereik word, is eensydig deur die raad verbreek.

OO het Hendricks minute gelede gevra of hy al betaal is en bevestig dat alhoewel Hendricks die raad reeds oor die versuim gevra het, hy stééds nie betaal is nie.

Die raad se verskoning is dat Deon Lott eers Woensdag oorgeneem het as direkteur finansies…

Nou ja, OO waarsku al wéke lank dat Lott nie ‘n waardige direkteur finansies is nie, en siedaar!

Lott kan kennelik nie eens ‘n betaling laat prosesseer nie. Wel, perdalkies is dít ‘n baie, baie góéie ding…

So ‘n verbreking van ‘n onderneming kan ernstige finansiële gevolge vir belastingbetalers hê, en dit vestig Oudtshoorn as ‘n swak bestuurde munisipaliteit.

Dit is ‘n verleentheid vir ons dorp!

OO het Lott en sy baas, die MB, Thandekile Mnyimba, oor die versuim gevra:

“Mnyimba; Lott, your failure to honour Council’s agreement with Walter Hendricks speaks to incompetency and negligence. Explain yourselves!”

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Raad verbreek ooreenkoms met Walter Hendricks

  1. According to my thinking a municipality should be run like any other big business, for instance PnP or Checkers, the only difference should be that the municipality sells services and not sugar, flour etc…. If somebody that works for PnP, for instance, is under investigation for “fingers in the till” would Checkers then hire them? Why can individuals who have serious cases pending against them get new positions in other municipalities?
    We often feel that municipalities are over regulated – so many rules and regulations that have to be followed. But what is the use of all the rules and regulations and all the laws that OO so fondly quotes, if there is NOBODY to actually apply and police these laws?
    Individuals with cases pending against them should first be investigated and then be cleared of all cases and only then be allowed to be appointed in other municipalities.

  2. My pot se deksel is nou dit: Hoe kla jy ‘n direkteur aan; skik dan teen ‘n moerse pakket – én betaal hom ‘n prestasiebonus!?

    Hoe is iemand vrot genoeg om aangekla te word én goed genoeg vir ‘n prestasiebonus!?

    Kyk, ek gun Walter Hendricks sy pakket, maar hoe werk die raad se kollektiewe kop!?

    Jack, jy het my anderdag die Afrikaans geleer vir apply one’s mind – om oordeel uit te oefen oor ‘n saak… Watter “mind“; watter “oordeel”!?

  3. OO
    Die geval Hendriks fasineer my. Hoekom kry hy dan ‘n golden hanshake? Is hy nie dan die whislteblower nie? Indien wel .sal hy mos nooit sy geld sien voor na afhandeling van die saak Staat versus Alderman Gordon Apri nie. (Indien ooit…………………….)

  4. OO hoe kan jy verwag dat hul, hul geld uitgee op die raads ooreenkoms, dis hul geld om te blaas waarop hul wil. Hul het nie n saak met die belastingbetaalers, die raad, of die gemeenskap nie. Die oorsprong van die geld is nie belangrik nie, vra ma mr Lott, asook nie waarvoor dit oorsproklik bedoel was nie.

  5. Beide Lott en Mnyimba se uurglase loop uit !
    Hopelik word die skade van hul persoonlik verhaal agv moontlike nalatigheid, of hoe ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s