April weer in die hof vir diefstal

Tweede ronde

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 3 Februarie 2012.

08h45. Daai standerdvierklong, die “uitvoerende verleentheid” van Oudtshoorn, stap reeds op die eerste vloer van die hofgebou heen en weer en wag dat sy saak geroep word.

09h40. Ek was effe laat vir die hof – April was al in die aanklagbank en sy prokureur, Hardy Mills, aan die praat.

Toe Mills my gewaar het hy amper juigend vir die hof aangekondig: “Hier is hy juis nou!”

Mills was besig met ‘n tirade teen my wat wederregtelik “foto’s” geneem het in die hof op 23 Desember.

Landdros Johannes Steynberg het my beveel om my selfoon aan die hofordonans te oorhandig – en hy het Mills gerusgestel dat as ek weer so stout sou wees die hof teen my sal optreë.

Mills wou die diefstalsaak teen April teruggetrek hê totdat die DOV se bevinding bekend is, omdat hy meen dat sake wat na die DOV verwys word erg sloer.

Mills het ook weer teen OO uitgevaar oor “negatiewe beriggewing” en dat OO (hy het die woord “blog” afkeurend utgespreek) selfs “minuut-vir-minuut kommentaar” gepubliseer het tydens April se vorige verskyning. Dié negatiwiteit beïnvloed die saak, het Mills gemeen.

Voorts hou die saak die burgemeester ook uit sy kantoor…

Die nadeel hiervan het Mills nie verduidelik nie.

Adv Stephan Lourens, namens April se mede-aangeklaagde, Raymond Wagenaar, het die hof ook toegespreek oor DOV-vertragings.

Ek moes glimlag by die gedagte van hoe Noël (Dooms) Pietersen se regsverteenwoordigers máánde lank die DOV gebruik het om dáárdie diefstalsaak te probeer vermy!

Steynberg het die April-saak, met inagneming van die feirt dat die staatsmasjinerie oor die feestyd sedert 23 Desember, toe April die eerste maal verskyn het, “nie voluit gewerk” het nie, tot 9 Maart uitgestel.

Mills het my oordadig gegroet toe die hof verdaag het en ek was self nie links nie en het gul en met ‘n stewige handdruk teruggegroet.

Long live ANC Commedy. Long live.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

9 thoughts on “April weer in die hof vir diefstal

  1. Dear Ed

    Without your objective and on the spot reporting we don’t need to wait till Friday for print press and their “softsoap and moederskap en melkterk” Council biased reporting.

    Thanks!

  2. Maybe Mr April would be wize to get a reference for Mills from Lonwabo Ngoqo before it is too late to change.

  3. Ag nee OO hoe kan jy nou so stout wil wees om arme April en Mills so te teister en hulle slaaplose nagte te besorg. April moes sekerlik voorsiening gemaak het vir negariewe publisiteit voor hy so stout was om sand en klip te wil gaps. As eerste burger op Oudtshoorn moet hy mos die verskil ken tussen wat reg en verkeerd is, of hoe ?

  4. April, wat jy saai sal jy maai, al is dit net klippertjies
    Sterkte OO, dankie vir al die moeite om ODN en SA op hoogte te hou anders was Dooms nog in die stoel
    Mnyimba, Lott en M’e’ndy het die boodskap hopelik reeds baie duidelik gekry

  5. Ai die arme klong, gaan seker probeer om sy lyf Burgemeester by die hof te hou, hoop die Landros is in ‘n baie slegte bui vandag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s