Bredell wil keer dat raad April se regskoste betaal

Ben Pannas! kry reaksie uit die Phantom of the CoGTA

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 2 Februarie 2012. 07h00. Die voormalige NPP-raadslid en speaker, en tans ‘n bestuurslid van die belastingbetalersvereniging, Ben Pannas, het die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, gistermiddag laat gekonfronteer oor die burgemeester, Gordon April, se aansoek dat die raad pa staan vir April se regskoste in die diefstalsaak waarop hy môre vir die tweede maal in die hof verskyn.

Pannas het OO vroeër daarop gewys dat die raad in sy tyd geweier het om die voormalige munisipale bestuurder, Noël Pietersen, se regskoste te betaal in die diefstalsaak waarop Pietersen weer op 14 en 15 Maart in die streekshof verskyn.

Bredell het, volgens Pannas, gesê dat daar geen gronde is vir die raad om in te staan vir April se regskoste nie en hy het onderneem om vandag by die raad navraag te doen oor April se aansoek vir regskoste.

Bredell se reaksie is veral merkwaardig omdat die DA-raadslede steen en been kla dat Bredell hulle ignoreer en nie op hulle klagtes en navrae reageer nie. Ook die DA se kiesafdelingsbestuur kla oor Bredell se stilte. Verskeie OO-lesers wat Bredell in die onlangse verlede vir reaksie op Oudtshoorn se regeringskrisis probeer bereik het kla omdat Bredell nie reageer nie.

Bredell ignoreer OO se feitelike briewe oor die minister se skokwekkende onwilligheid om sy verpligtinge jeens Oudtshoorn na te kom, desnieteenstaande dat hy van die inhoud van OO se skrywes kennis neem. Bredell was ook erg ontsteld omdat OO oor sy besoek aan April en Mogale op 1 November, en oor sy vergadering met die DA-raadslede Saterdag, berig het.

Gordon April en Ben Pannas het klaarblyklik vrye toegang tot die DA-minister van plaaslike regering, maar die DA-raadslede, en die DA-kiesafdelingsbestuur, en, veral, die DA-kiesers, het nié!

Bredell praat geredelik met – en bel hom selfs gou-gou terug! – een van Badih Chaaban, vir wie Zille nie eens op ‘n foto wil sien nie, se confidants, maar ignoreer sy eie koukus en kiesafdelingsbestuuur!

OO kan maar net wonder, omdat Bredell nie op navrae reageer nie, oor die redes vir hierdie makabere gedrag.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

13 thoughts on “Bredell wil keer dat raad April se regskoste betaal

  1. The chief weapon of Oudtshoorn polititions, however, was their capacity to astonish. Nobody else could believe, until it was too late, how heartless and greedy they were.

  2. @kwb – dit moet seker tos wees om so ‘n ou suur, bitter, oningeligde drol te wees? weet JY en weet die res van JOU party se ondersteuners op HIERDIE dorp vir WATTER ANC hulle stem? Dis dieselfde een met Julius Malema in. Dis dieselfde een wat se daar is te veel bruin mense in die Wes-Kaap. Dis dieselfde een wat sover vir julle nog EF-OL gedoen het!

    Maar dis kwaai my bra, stem voort!

    Idiot 101
    Idiot 201
    Idiot 301
    MIdiot
    DIdiot
    PIdiot
    en dan…Ds. Idiot – o wag skuus, dis seker jy.

  3. Tja.

    Pannas het 134 stemme gekry in wyk 7.

    Die uitslag was as volg:

    DA 3,234
    ANC 1,237
    Cope 187
    NPP 134
    Sapco 99
    ACDP 96
    VF+ 57
    Icosa 25

    Long live Bredell. Long live.

  4. Bredell MOET aandag gee aan Pannas. Hy is INVLOEDRYK. hy het dan 35 stemme op hom getrek! Of hoeveel was dit nou weer?
    OO het geen invloed. Dit is hoekom ANC hom verpes en Bredell die helfte van sy 60 minuut konsultasie met DA raadslede gewy het aan OO.
    Die koning loop kaal!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  5. KWB – Die ANC en DA is besig om deur politieke vernuf hulle gatte te sien op Oudtshoorn, hou maar gerus OBB en Afriforum dop, jy gaan nog lang trane huil ou grote.

  6. AWB, jou versuurde Apartheidspateet, dis 18 jaar al verby ou klong ! Leef jy lekker so op jou eie doer in die verlede ?? Het ET jou nie ingelig nie ?
    Ek se weer, enigiets POSITIEFS wat jy wil of kan bydra ????

  7. ‘n skerpgemaakte potlood skryf altyd lekker, totdat hy in sy hel gedraai word, kyk daar is geen genesing vir onnoselheid nie… behalwe om ‘n ‘ihoer-na-luzt’ te word, raadpleeg OO vir meer inligting oor die kursus. As jou politieke vernuf vergaan, lyk my dan bied OBB en Afrikaner Forum jou iets aan. gepraat van walms? nee, grashalms! kwb

  8. Ben Pannas is soos ‘n boekmerk, word gebruik in enige boek en tussen enige bladsye maak nie saak wat die boek se naam is nie of wat op die bladsy staan nie, solank dit hom pas.

  9. Lewensles 101 BREDEL!!!!!! Jou probleme gaan nie soos stof verdwyn as jy dit ignoreer nie, inteendeel, hul teel aan!!!!!

  10. OO – Ons as inwooners wonder ons ook oor hierdie man se “double standards”!

    Bredell if you don’t like the press you and the DA get – take it to heart and DO SOMETHING – THE ISSUES ARE REAL, A CONCERN TO ALL RESIDENTS AND REQUIRE – NAY DEMAND, YOUR ATTENTION!

    By the way what’s with the special open communication you have with Pannas – he is “mos” just another “resident” – are we missing some hidden agenda you and the DA have?

  11. Bredell moet gereeld en sonder ophou ingelig word van wat op Oudtshoorn gebeur sodat hy nie kan sê hy het nie geweet nie. Die tyd het aangebreek dat Bredell en Zille verantwoordelik gehou word van dit wat op Oudtshoorn gebeur en waaraan hulle niks wil doen nie.

  12. Vat Bredell onophoudend tot vervelens toe vas todat hy BEDANK
    As Anton gedink het om sy kiesers te ignoreer gaan hul kwyn of weggaan.
    Nuus vir jou Anton, dit gaan net al hoe erger vir beide jou en Zille raak todat jul ,jul vekiesingsbeloftes nakom, oop en skoon en DEURSIGTIGE regering.

    Solank jul die publiek en KRITICI ignoreer, gaan die poppe bly dans en die veldtog teen jul huigelary in alle erns ten velste toeneem. “Get over it and get on with your public mandate OR GET OUT !!. Wat kry julle nie !!
    Dis nou politieke arrogansie vs “the people, lets see who wins, the gloves are OFF !!!!!!”

  13. Phantom of the CoGTA!

    Uitstekend!

    Ons rol al weer hier op die vloer rond. As GodZilla terugkom van haar toespraak en onderhoud vanoggend gaan sy weer moerig wees!

    Daantjie Dinamiet en Karel Kat

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s