Beroerde besluitneming op Beroerdplein

MM; direkteurs; adviseurs…

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 1 Februarie 2012. 08h00. Ons weet reeds lankal dat die nuwe munisipale bestuurder, Thandekile Mnyamba, die swakste van al die kortlys-kandidate gevaar het in bestuurs- en verwante toetsing voordat hy kordaat op ANC-instruksie aangestel is.

Ons weet reeds lankal dat Deon Lott se skokwekkende Bitou-rekord sy aanstelling as Oudtshoorn se direkteur finansies ‘n bespotting maak van sy aanstelling op Oudtshoorn. Lott val vandag op Beroerdplein in.

Ons weet reeds lankal dat Francois Human in 2004 deur dieselfde ANC wat sy aanstelling op Oudtshoorn afgedwing het, uit Kannaland verjaag is.

En ons weet dat die aanstelling van Hardy Mills as die raad se regsverteenwoordiger – bepaald in die Allen Paulse-saak – bedenklik is. Klik hier vir regter Combrick se mening oor Mills.

Pas het Mills Bitou geld gekos en in die verleentheid gestel toe hy eenvoudig versuim het om die raad in te lig oor ‘n koste-bevel… nadat hy geweier het om die tersaaklike leêrs aan die raad terug te besorg noudat hy nie meer Bitou se regsverteenwoordiger is nie!

Mills het ook reeds vir Oudtshoorn in die verleentheid gestel toe die raad die hooggeregshofspertyd in die Paulse-aansoek gemis het – klik hier.

Watter oordeel het Oudtshoorn uitgeoefen met die besluit om Mills aan te stel!?

Oudtshoorn word deur narre bestuur. Dis nie ‘n mening nie; dis ‘n onweerlegbare féit!

En die narre dra groen, goud en swart; die narre wat aanstellings maak soos Mnyimba, Lott en Human op Oudtshoorn; Ian Kenned op Cederberg; Lonwabo Nqoko op Sondagsrivier; Frank Mashilo op Renosterberg…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Beroerde besluitneming op Beroerdplein

  1. Dit is duidelik dat die lot nog nie geleer het dat as jy iets hard en lank genoeg ignoreer, dit NIE sal weg gaan NIE. Die hof is geduldig en laat nie toe dat die ge-ignoreer word nie. Die lot wat die ignoreer spel speel, gaan n duur les leer, en hul wil dit met ons belasting geld betaal.

    Ek wonder net wat sal gebeur as iemand, die vrae op massa e-pos aan 1 Burgermeesters, die MM, die wyks raadslid en somer almal wat betroke is van a stortkop tot da Zille. Dit sal veral help as dit nie net van 1 persoon af kom nie maar van n paar, en ook as dit toevallig die regs wetlike verwysings bevat. Ek wondder ma net of n persoon wat goed kan skryf nie so iets kan opstel nie, iemand wat all die e-pos adresse het nie, Iemand wat tyd op hande het wat nie vergaderings mag bywoon nie? Dit is maklik om 1 te ignoreer maar n groep wat uit alle hoeke n soortgelyke vraag vra op verskilende tye? Wonder ma net?

  2. Die slagpale sal nie eens hierdie klonge inneem nie, waarom dan ODN.?

    Kan die ANC en Bredell hierop antwoord.Komaan Anton, dis nie asof jy te besig is om jouself te verwerdig om eenvoudige vrae te beantwoord nie, terwyl jou Party se reputasie daagliks die afgrond in tuimel. Dis allermins jou Ministersplig !! ( Al daai dik leer met jou Job description ooit gelees ? )

    Al gehoor van persepsies Anton ? Wel op die Internet score die DA n powere -6, en dit sak nog daagliks en jy is die momentum daaragter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s