Sal OO by vandag se raadsvergadering toegelaat word?

Hoe dit ook al sy, OO sal dit wat jy moet weet andermaal eerste hê!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 31 Januarie 2012. 05h30. Sal OO in die raadsaal toegelaat word vanoggend?

Oudtshoorn se uitvoerende verleentheid, Gordon April, wil OO nie in die raadsaal hê nie.

OO is die raadsaal op 1 Desember verbied nadat April, opgeruk toe OO ‘n banksakkie sand en gruis op sy lessenaar gesit het, die destydse waarnemende Munisipale Bestuurder, Mpho Mogale, opdrag gegee het om OO te verwyder.

OO het op 3 Desember gewonder of die uitsetting die gevolg van rassisme – die vooroordeel van die armstes van gees – was, omdat ‘n horde bruin mense die raadsvergadering op 29 September verskeie male vloekend onderbreek het en Mogale slegs vriendelik met hulle gepraat het.

Verlede week het April OO weer uit die raadsgebou probeer verwyder toe OO ‘n DA-mediakonferensie bygewoon het.

Die arme standerdvierklong van Dysselsdorp weet natuurlik nie dat hy mense nie willlens en wetens die munisipale geboue kan verbied nie.

OO is nie kwaad vir Gordon nie, want die klein twak weet nie wat hy doen nie.

OO besef ook dat ongesofistikeerde, onopgeleide, onnosel mense beswaarlik oortuig kan word van alternatiewe gedrag as hulle eers ‘n bepaalde idee in die kop het.

Daarom het OO hom maar tot die ANC se provinsiale leierskap gewend – Songezo Mjongile, die Wes-Kaapse sekretaris; Moegsien Ismail, die media-beampte; en Cobus Grobler, wat die ANC se mediaverklarings uitreik.

Die sms- en telefoon-kommunikasie het só verloop:

07h03. Songezo, the ANC Mayor and ANC appointed MM in Oudtshoorn has banned me from the mun buildings for what I report. Is the ANC Prov Leadership prepared to address this outrage?

11h33. Songezo, plse call me asap re the ANC’s refusal to allow me access to Odn Mun buildings.

12h04. Mjongile bel OO en onderneem om in te gryp en die ANC se burgemeester te probeer laat verstaan dat sy optrede laf – en onwettig – is.

14h50. Songezo, I have to attend a Council Meeting at 10h00 tomorrow, what is the word from April & Mnyimba, plse!

17h09. Songezo… What say April & Mnyimba about my presence in the Council Chamber tmrw? I am not a violent man and will not be manhandled by guards! Let me know the ANC’s position!

OO weet steeds nie of hy vandag teenwoordig sal kan wees nie, maar OO weet reeds wat baie waarskynlik in die raadsvergadering gaan gebeur.

En OO sal berig, soos gewoonlik – wat jy móét weet.

En ons sal maar moet sien of die ANC, wat Gordon steeds aan Oudtshoorn afsmeer soos iets wat niemand aan sy hande wil hê nie, werklik die media-vriendelike, deursigtige organisasie is wat hy so hard probeer voorgee om te wees.

08h00: OO het as met Songezo Mjongile gepraat, maar hy het nie sy onderneming gestand gedoen om met die klein twak van Dysselsdorp te praat nie.

Toe bel OO vir Moegsien Ismail, maar hy kan niks doen nie enis op ‘n trein en kan nie juis praat nie.

Vir wie kan OO bel?

Try Marius…

Dis nou Marius Fransman, die ANC se Wes-Kaapse leier. Jawelnofaain.

Marius het nie geantwoord nie.

En Cobus Grobler ook nie. Maar hy het ge-sms dat hy in ‘n vergadering is, en dat Fransman op Vredendal is, waar die ANC glo vandag “oorneem”.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Sal OO by vandag se raadsvergadering toegelaat word?

  1. investigative public, April is hie om te bly. Wat verstaan jy nie.? Viva

  2. investigative public – Gordon gaan moontlik nog loskom met die sand storie – sal nie verbaas wees as die DA en ANC ‘n raadsbeluit gaan neem dat die sand regmatig aan Gordon toegeken word nie en hy dit in werklikheid nie meer gesteel het nie, so ook die geld wat hy skuld vir sy verblyf by die Bergoord afgeskryf word aagesien hy die Burgemeester is.

  3. Die poppe gaan beginne dans ‘and the stage is set’
    April mag dalk nie eers April 2012 haal nie, sy tydjie loop vinnig uit !

    OO , hou ons asb op hoogte oor hierdie ‘e’klong se hofsaak want daar gaan dalk nog meer sulke sake wees !

    Sterkte ODN !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s