OO die raadsvergadering verbied

Maar ‘n lekker verrassing wag op die ANC-raadslede!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 31 Januarie 2012. 09h30. OO is pas deur die raad se media-beampte, Ntobeko Mangqweqwe, ingelig dat die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, hom opdrag gegee het om OO nie in die raadsgebou toe laat vir vandag se vergadering nie.

“Deursigtige bestuur”, a la ANC.

Wat ‘n grap het “Afrika se oudste lîbîrysjinmoefmînt” nie geword nie!

OO het hierdie sms aan Mnyimba gestuur, wel vermoedende dat hy die woorde nie sal verstaan nie, maar ons kan nie taalstandaarde laat vaar net omdat halfgebakte kaders klippe vir leerstoele verruil het nie: “Mnyimba, your ignorance and disrespect for the Constitution and the law in banning me is disgraceful and outageous and speaks to your appalling ineptitude to be MM.”

Raai wat?

Volg gerus die gebeure in die raad intyds op OO…

Dat onkapabeles soos April en Mnyimba nou meen hulle kan OO kniehalter!

Daar is ‘n verstommende agendapunt vir vandag se raadsvergadering:

Die speaker, die ANC-vennoot van die NPP, Johannes Stoffels, is afwesig en ‘n tydelike speaker moet gekies word.

Die speaker se afwesigheid is nie buitengewoon nie; dat sy afwesigheid voortydig aangekondig ís effe ongewoon, maar onder die heersende omstandighede besonder vreemd.

Kom ek verduidelik.

Sonder die speaker is daar 12 ANC-koalisieraadslede en 12 DA-koalisieraadslede. Een van dié 24 sal as tydelike speaker moet waarneem wat ‘n vloerminderheid aan waarskynlik die ANC-koalisie sal gee.

Dis nie juis ‘n probleem nie, behalwe dat daar vandag – gááp! – ‘n DA-verwagting is dat een of meer van die ANC-kader DA sal stem.

Kyk hoe vlieg die varke hier buite. En kýk net daai perde se horings! Hel, en daai hoenders se tande is skerp, gehoor!

Maar as Stoffels inderdaad vandag opdaag, kan die DA seker beswaar maak – vir die niks wat dit werd sal wees.

Die DA se Meesterplan vir vandag, bewimpel deur daardie strategiese reus, Jac Bekker; en goedgekeur deur daardie taktiese towenaar, Anton Bredell, is om chaos te saai. Hoe ‘n mens iets saai as jy nie saad het nie, weet nugter.

Daar is hierdie klein verrassingtjie vir die ANC-raadslede: Die minister laat nie toe dat Oudtshoorn se raadslede vir hulleself ‘n verhoging gee vanjaar nie – Oudtshoorn se finansies laat dit nie toe nie!

Ag, jámmer, Anton en Jak! Wou julle dit eers láter bekend gemaak het!?

Foei, julle vrotsleg plan van Saterdagoggend het toe óók nie gewerk nie, né.

As ‘n mens eenvoudig nóóit die afsnypunt haal nie, Jak en Anton, moet ‘n mens maar net Saterdae gholf speel… En die professionele spel los vir mense wat weet wat hulle doen.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “OO die raadsvergadering verbied

  1. Dat die Raadslede nie verhoging kry nie is baie goed want hulle werk in elk geval nie vir die salarisse wat hulle reeds kry nie, dit is die toekenning van byvoordele soos sand, klip, vakansies by die Bergoord, verversings, vervoertoelaes ens wat die belastingbetalers looi.

  2. Joss…. en te dinke dat daar tot R10.00 vir 30min gevra word?

  3. Inquisitiveness – jy praat nou seker nie van die ” walking parking meters” nie, belaglik, Oudtshoorn se mense word al klaar verneuk aangesien die 5 minute grasie ( gratis tyd) eers aan die einde van 30 minute toegestaan word. Het iemand al uitgewerk wat die munisipaliteit ” score” as 6 motors net vir 5 minute op ‘n parkeerplek stop @ R2.50 / 30 minute. By die vorige parkeermeters kon ‘n volgende motoris die parkering gebruik en hoef nie geld in te gooi as daar nog tyd op die meter was nie., nou betaal jy al het die vorige motor nie sy 30 minute gestaan nie.

  4. OO. Net gou ‘n klip in die bos. Hoe gaan die sirkus die meterwag debakel hanteer deur die KKNK? R40.00 vir 8ure is belaglik en dan kyk hul nie eers na die karre nie?

  5. Pragtig gese

    Bredel en Jak se ellendes duur voort, om nie eens te praat van Mnyimba en April nie
    Wat die spul hierbo stellig gaan besef is dat onder the “Who’s who” OO se skrywe 7e Laan in populariteit gaan oortref

    Ek het nie n probleem hiermee, maar die DA en ANC wel !
    Hoekom?
    Wie laaik dit nou as al jou onkunde, stoutighede en korrupte onvermoee aan die grootklok gehang word.
    Dit gaan die party mos baie seermaak !!

    Dis so bedoel Bredell en Fransman, sodat die publiek vir hulself kan opstaan en partypolitiek en swak dienslewering ,uitbuiting ens uit plaaslike regering kan wegjaag.

    As jul dit nie verstaan nie, bel vir OO, hy sal graag weer verduidelik, foeitog mense !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s