Die raadsvergadering waar OO nie toegelaat word nie

Kul jou hier en kul jou daar en siédaar!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 31 Januarie 2012.

11h15. Laat my tog ‘n persoonlike boodskap aan Thandekile van Klipplaat toe:

Hey, Mnyimba! Yes, you! Se te futueris gaudebo! Translate for the grade sixer.

By the way, it’s in the future conditional tense, more vivid than si te futuas, gaudeam.

But what would you know, in any event.

11h05. Die raad gaan in komittee.

11h01. Die standervierklong prys homself oor die Mighty Word Conference!

Hei, April! Ja, jý! Asinus asinum fricat! Google dit, aratiuncula.

O, en nihil curo de ista tua stulta superstitione!

10h56. Die onderburgermeester, die lid vir Ladismith, Donson jnr, reageer só op Pierre Nel se stelling dat die raad ‘n sirkus is: “Dis tyd dat jy aanvaar bruin mense kan ook regeer en dit maak jou die hofnar raadslid Nel!”

April is bruin en hý kan nie regeer nie. Maar dan weer – De Jager is wit en sý kan óók nie regeer nie!

Hei, Donson! Ja, jý! Antiquis temporibus, nati tibi similes in rupibus ventosissimis exponebantur ad necem! Google dit, aratiuncula.

10h52. Ilse Schoonraad, redakteur van die Oudtshoorn Courant, is byna aangeval deur ‘n lid van publiek toe sy ‘n foto neem van ‘n ANC-ondersteuner in die gallery.

Barbare bly nou eenmaal barbare. Punt. Wonnir watter lîbîrysjinmoefmînt dié “lid van die publiek” ondersteun…

10h48. ‘n Korrespondent laat weet “Oom Jac en Minister Anton se plan val in plek soos John Mitchell s’n”… Skerp dinkebroers, dié van OO!

10h46. Die speaker sê te hel met workshops, as iets besluit word wat die publiek raak, moet dit dadelik geïmplimenteer word.

10h37. DA looi die speaker en April omdat die memorandum van die OBB-mars nog nie beantwoord is nie. Geen antwoord nie!

10h35. nou maak die DA sy naam… bollie. Hulle wil die korektheid van die vorige notule debateer, maar dis voorstelle wat hulle self gemaak het!

10h30. April stel voor dat alle voorstelle van die Mayco-vergadering aanvaar word. De Jager staan die voorstel teen. Die ANC wen 13-12.

Soveel vir die Jac&Anton-show!

10h18. Die standerdvierklong stel voor dat agenda- issues voor die meeting deur die verskeie partye se chief whips uitsorteer word.

Wat sal ons sonder dié klein twak se insig dóén!?

10h13. Die arme Johannes… Die speaker word oordonder. Beide die DA- en die ANC-lede lei die arme drommel.

Sover maar net baie van dieselfde sedert Junie.

10h07. Die speaker is toe al die tyd teenwoordig, ongeag die agendapunt wat OO vroeër berig het!

Dit lyk asof Jac en Anton se “cunning plan” in die stof gaan byt – ándermaal!

10h00. Almal teenwoordig; ons skop af – betyds!

John Maxim, Cope, open met gebed.

Dat dié spul met gebed kan open maak ‘n bespotting van godsdiens!

09h55. Beide die ANC en die DA se raadslede drentel in. Tannie de Jager in ‘n pakkie wat trots sal vertoon by enige kerkbasaar.

09h45. die nuwe MM, Thandekile Mnyimba, is reeds in die raadsaal teenwoordig.

Hy’s nou ‘n belangrike man, synde hy voorheen net raadsvergaderings in die grammadoelas bygewoon het.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

16 thoughts on “Die raadsvergadering waar OO nie toegelaat word nie

  1. Aai,aaai my mede-oudtshoorniete mens kan wil lag maar ons is in tamatiestraat in die dorp-ek sal met enigiemand hande vat en saamwerk,selfs die hele huidige raad,as mense net hand in eie boesem wil steek,nederig bly,eerlik is en dit goed met almal in die dorp bedoel-wat help dit om te bid en konferensies te hou terwyl jou hart smeul van innerlike rassehaat en jou brein bose dade en diefstal beplan-mense het julle wragtig nie skaamte nie???

  2. OO – ek glo nie enige normale mens sal hom uitlaat oor ‘n miskruier soos ” Do no tolerate white shit” nie, wil duidelik blyk dat hy/sy oor geen IK beskik nie.

  3. To the author who identified himself, or herself, as “Do not tolerate white shit”:

    The smirch was clearly written in bad Afrikaans and Google-translated into French.

    Here is the Google-translation from the French, Google-translated from the original Afrikaans:

    OO, your level of intellingence is not zero and is your wallet. Now you show your true colors, great face. You and your brother white ass never fall to respect any other person in Oudtshoorn. Your plans are greedy ruins at or lick the shit you need to survive. Going to hell and say your uncle (local businessman), we are not finishing long with you morons. You will suffer the decisions of your ancestors until you faniez later in disguise.

    Here is a correct translation, from the second-hand French:

    OO, your level of intelligence est below zero as is your pocket.  Now you show your true colours, great face (you show). You and your white donkey (ass) brother respect no other person in Oudtshoorn.  Your gready plans are levelled / ruined and now lick eat shit to survive.  Go to hell and tell your uncle (local businessman) we are long from finished with you morons.  You will suffer the decision of your ancestors until (not sure what faniez is but think it was a bad translation from ‘vanish’) into disguise.

    Foei.

  4. OO, votre niveau d’intellingence est sans zero ainsi est votre pochette. Maintenant vous montrez vos couleurs vraies, grand visage. Toi et votre frère blanc d’ane ne respecterez jamais n’importe quelle autre personne dans Oudtshoorn. Vos plans avides sont ruines au niveau ou vous devez lecher la merde pour survivre. Allons a l’enfer et disons votre oncle NIC, nous sommes longue pas finition avec toi des abrutis. Vous souffrirez les decisions de vos ancetres jusqu’a ce que vous vous faniez loin dans le deguisement.

  5. wessel vermeulen – Met die poppe in die raad van oudtshoorn gebeur daar niks, outdshoorn is op die rand van ‘n afgrond wat bekend staan as bankkrotskap en wat doen hulle, stel die Saint en sy ” side kick” van Bitou aan om oudtshoorn se skatkis te kom regruk. Leegleêrs wat verveeld is woon raadsvergaderinge by net om amok te maak sodat daar geen besluite geneem kan word nie en dan hou die raad maar gou ‘n werkswinkel by die Bergoord om die probleempies deeglik te bespreek. Die werkswinkel veroorsaak dan ‘n munisipale voertuig inderhaas uitgestuur word met genoeg eetgoed en voggies vir ‘n behoorlike paartie na die werkswinkeltjie. Met magies en blaas behoorlik vol en ‘n dik kop voel die klomp tevrede dat die werkswinkel ‘n reuse sukses was en werklik ‘n aanwins tot oudtshoorn was.

  6. Wessel daar gaan net mooi niks aan nie, ons sit met ‘n klomp narre wat nie weet hoe om vergaderings te hou nie, wat nog te sê om ‘n dorp te bestuur. Geen besluite word geneem nie, korrupsie en wanadministrasie vind op grootskaal plaas terwyl skeidingspakkette uitgedeel word soos stokkielekkers. Daar is nie meer geld nie en lenings moet ten duurste opgeneem word om diens te lewer aan Oudtshoorn en sy mense, maar wat gaan gebeur met die geld wat geleen word, nog korrupsie, nog skeidingspakkette en geen dienste. Oudtshoorn is nie in die hande van narre nie want narre is nog snaaks en mens kan vir hulle lag. Oudtshoorn is in die hande van ‘n roofbende en hulle aanhangers wat nie omgee vir die voortuitgang van die dorp en sy mense nie, maar besig is om lustig te aas tot daar niks meer oor is nie, dan trek hulle na die volgende prooi toe.

  7. Die vergaderings is ‘n sirkus en skande vir die dorp-die raadslede dink hulle is op ‘n verhoog om die klomp narre in die galery te vermaak en punte te score,
    Raadsvergaderings moet geslote wees sodat werk gedoen kan word-dit is myns insiens ‘n onding dat enigiemand daar sit want die raadslede se aandag en konsentrasie is by hulle werk nodig.
    As hulle resultate swak is moet hulle dan gesack kan word -MAGTIG MENSE WAT GAAN IN DIE VERDOMDE DORP AAN!!!!

  8. Yvonne, sal goed glo dat jy vuil voel na die raadsvergadering wat jy bygewoon het, raadslede wat die gemeenskap moet verteenwoordig en dien wat nie maniere het nie is afskuwelik. Om te dink die gemeenskap vir sulke mense moet respek hê.Baie van die persone in die gehoor by raadsvergaderings is nie eers belastingbetalers nie en is net daar omdat hulle deur sekere raadslede opgesteek word om wanordelik op te tree by raadsvergaderings en vergaderings te ontwrig. As jy mooi kyk is baie van hulle werkloos en kry maandeliks ” allpay”, plaas dat hulle die tyd gebruik om te gaan soek vir werk en iets nuttig te doen in die gemeenskap. Wat godsdiens aanbetref maak die ANC ‘n bespotting van gebed en word geloof net gebruik om politieke doelwitte te bereik.
    OO- raadsvergaderings is nie ‘n pasgebore welpie nie, maar dood gebore welpie wat besig is om te vrot !!!!

  9. Hier is die kommentaar van yvonne Smuts, ‘n OBV-bestuurslid, oor die raadsvergadering:

    “Ek het aantekeninge van die vergadering geneem totdat ons gevra is om die saal te verlaat. Dit was twee ure later, en behalwe vir die vieslike op- en aanmerkings op persoonlike vlak deur die raadslede teenoor mekaar en veral van die speaker teenoor Pierre Nel, en dreigemente van vroue uit die galery dat hulle vir Pierre Nel na die vergadering gaan regsien, het daar absoluut niks anders aangegaan nie. Ek het vuil gevoel toe ek daar uit is. Dis die vieslikste spul mense wat ek al bymekaar gesien het en dan het hulle waaragtig die vermetelheid om met gebed te begin. Watter bespotting maak hulle nie hiervan nie!
     
    “Ek het nie meer kans gesien om my baie kosbare tyd wat ek vir my werk kan gebruik, so skaamteloos te sit en mors nie.”

    OO wys Smuts graag daarop dat dié raadsvergadering maar ‘n ou pasgebore welpie was… Véél erger is al véle male ervaar.

    Oudtshoorn word nié tans regeer nie.

  10. OO our own James Bond!!

    Please be careful I hear Lottering is an expert at hunting bugs and whatever…

    Yes Jack, you are correct they need to call in the men of Ghost busters and sweep the offices.

    The only way to get Flash Gordon out of the office is to tell him where there is a load of sand and stone laying around and he will be off!!!.

  11. Snaaks as hul hul werk reg doen, en bereid is om aanspreeklik daarvoor te gehou word, sal hul van baie van hul probleme verdwyn. Die lot hou van speletjies te speel en, soos kleuters, die blaam op ander te plaas. Die raads sitting lyk my nes die voorige, n totale vermorsing van tyd en my belasting!

  12. OO – lyk my die arme raadslede weet nie dat jy alles sal uitkrap nie, het hulle nie geweet dat die opstande in Egipte, Libië en Egipte se ontstaan is as gevolg van internet , face-book en selfoon tegnologie nie. Kyk hoe gaan hulle nou weer soek vir ” bugs”, die plek word mos nou deesdae gereeld ” gesweap”

  13. Die DA en ANC kan nie eers ‘n kerkbasaar hou sonder om dit op te fok nie. By hulle gaan alles om mag, posisie en geld. Nie een van hulle gee om vir die belange van die dorp en sy mense nie. Tyd dat die hele spul bedank en iewers anders gaan plak !!!!!!!

    Wonder hoeveel word vandag weer tydens die vergadering gevreet en gedrink op belastingbetalers geld ????

  14. Donson – in case you can’t Google –

    “In the good old days, children like you were left to perish on windswept crags”

  15. Die spul narre
    En steeds berig OO andermaal in sy “afwesigheid”, stap vir stap, elke milimeter van die pad !
    Versigtig OO, dalk gaan Mnyimba soos Pietersen die plek laat “sweep’ vir lekkasies
    Wat hier baie duidelik is en die feit dat in jou ‘afwesigheid” jy nou meer “teenwoordig” as ooit is as ooit tevore, dat hier n Paleisrevolusie aant broei is met n duidelike minagting vir beide DA en ANC “Leierskap”
    As Sirie, Egipte, Libie ens dink hul het n probleem, besoek ODN mense !!

    Hopelik sal n verhoogkunstenaar op die komende KKNK hierdie broeiende onmin uitleef, uitdra, uitbassuin en die toneelstuk landwyd vat wat selfs “The Caveman” produksie na n nietigheid sal laat lyk ! Vraag is net wie wil nou werklik die rolle van Bredell, Fransman, APril met die Bril, Pietersen of Mnyimba speel ? Any takers ??

    Sal dan seker maar n eenman show moet bly wat verskillende karakters self moet uitbeeld. Sal heel maklik wees. In die een se geval hoef hy niks te doen, in die ander moet hy afwesig wees, dan n donker bril dra, dan n Bybel optel met n “kruis” om sy nek en afsluit in Xhosa en se Eisch … en die show is verby, soook met Oudshoorn, VERBY.!! Niks gaan daar aan maar miljoene bly nog SOEK, so ook SOE !

    Enige voorstelle wat die Kunstenaar hierdie Show kan noem ? ODN..= O Donner, dis NAGGGGG !!

    Voorwaarts !!!!

  16. OO, net jy sal weet hoe jy dit doen! Miskien moet jy sommer die notule ook gou saamstel – dit sal in elk geval meer volledig wees en gouer beskikbaar wees as Beroerdplein s’n! Welgedaan!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s