Die DA het ‘n “Meesterplan”!

Ag ássebliéf tog!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 31 Januarie 2012. 07h45. Die DA sou Oudtshoorn se probleme lánkal uitgesorteer het – want die DA het ‘n “Meesterplan” – as dit nie was dat OO die plan elke maal fnuik nie.

Aldus daardie Groot Planmaker, die DA se LP vir Oudtshoorn en Kannaland, Jac Bekker.

Wat kan OO oor Bekker se politieke suksesse in Eden en op Oudtshoorn sê?

Politieke wát!?

Ai, jai, jai, jai, jai, jai…

Opdat die DA nie ‘n enkele teenargument het vir OO se gereelde aanklagte teen die party se gevrektheid en koes-koes-jammergattigheid in die aangesig van die magtige ANC nie, kry OO nou sommer die skuld vir die party se onophoudelike klaaglike mislukkings op Oudtshoorn.

Selfs Helen Zille meen OO moet die skuld dra vir die ANC se wankelende heerskappy op Oudtshoorn.

En die ANC meen OO het sy mes in vir Afrika se oudste lîbîrysjinmoefmînt!

If I live to be 120…

Dat beide die ANC en die DA OO verpes is afdoende bewys dat OO dag vir dag die kol tref.

OO drap liddorings eina.

En dis sóó maklik.

So maklik soos om ‘n waenhuisdeur op ‘n treë met ‘n baksteen raak te gooi.

Saterdag, tydens sy vergadering met Oudtshoorn se DA-raadslede, het die Wes-Kaapse sekretaris van die party, Anton Bredell, wat soms daarvan verdink word dat hy in die leë kantoorsuite van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering wegkruip, die meeste van dié kosbare tyd gebruik om OO van alles en nog wat te beskuldig.

Bredell het tot ‘n lasterlike uitspraak oor die redakteur gemaak, waarskynlik in die ydele hoop dat OO ‘n danspartytjie daaroor sal hou.

Een van die vele dinge wat Bredell nie verstaan nie, is dat ‘n belediging slegs impak het as die persoon na wie die belediging gemik word die mening van die belediger ag.

En, vir die rekord, OO dink min tot niks van Bredell se politieke en bestuursvermoë.

Dat Bredell baie waarskynlik ‘n sonderlinge partytjiedier is wat die brannas-en-kouk langs braaivleisvure tussen skreeusnaakse grappe deur kan laat val is moontlik gewis, maar die arme man is nie ‘n miníster nie, foei.

Bredell, en die DA-raadslede wat sy striemende aanval op OO gedoog, kan gerus maar wéér probeer terwyl OO hom besig hou om Oudtshoorn teen die DA se verbysterende onbetrokkenheid te waarsku.

Bredell en sy party slaan OO kennelik baie hoog aan – waarom anders sal hulle ‘n vendetta teen OO voer?

‘n Senior DA-politikus van Eden sê verlede week aan OO: “Dit gaan die verstand te bowe dat ‘n minister, en ‘n leier soos Zille, en ‘n party soos die DA, so k-kbang vir OO kan wees.”

Eenvoudig: OO se feite is korrek.

As OO se feite nié korrek was nie sou OO nie aandag van die DA en die ANC gekry het nie.

Maar omdat OO se feite onweerlegbaar is, maak OO so bitter seer.

En hulle álmal léés!

Terwyl OO die KwB’s en die wonders vir hulle komiese afleiding verduur, is die oorgrote meerderheid van OO se lesers invloedryke meningsvormers – heelwat minder lesers as, byvoorbeeld, Son-lesers, maar baie meer invloedryk.

Die DA- en ANC-kommentators wat onder skuilname op OO skryf sal Bredell en sy leierskap se hare laat rys.

OO se informante sal Bredell en sy leierskap beroerte gee.

Nou terug na die DA se Meesterplan, soos Jac Bekker voorgee hy gereeld het – as OO net nie sy kaarte so vreeslik deurmekaarkrap nie:

Die DA se Theuns Botha het op 19 Februarie 2009 – drie jáár gelede! – dié Meesterplan beloof: Klik hier.

Ai, jai, jai, jai, jai…

Maar vandág! Vandág, meen die DA, gaan die poppe in die raadsaal dans.

Nou ja toe. OO sal nou maar nie dié Meesterplan verongeluk nie en OO hoop die DA kry die ANC vandag onder, maar die rekord is maar beroerd en die verwagtinge andermaal net daai knertsie té hoog.

En vandag se Meesterplan het net soveel gate as ‘n stukkende sif. Boonop beskaam die DA-hoop gereeld.

En terwyl die DA-koukus gister vir vandag se “slagting” moes voorberei, het hulle eers weer ‘n lang ruk oor OO gepraat.

Uiteindelik moes raadslede ‘n onderneming onderteken dat hulle nie weer met OO sal praat nie. Diane de Jager wou selfs hê dat ‘n Bybel ingebring word sodat raadslede dáárop kon swéér dat hulle nie weer met OO sal praat nie!

Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai. Jai, jái!

Pleks die arme drommels op hulle werk konsentreer: Om die 50.8% van die kiesers wat vir hulle gestem het te dién – en, veral, om Oudtshoorn se inwoners te dien – ongeag hóé hulle gestem het.

OO meen dit sal vir die DA-koukus mateloos beter wees om met OO te gesels en Jac Bekker en Anton Bredell te ignoreer.

Maar nou ja, dít is ma’ net ‘n mening.

OO wonder nou net: Nóg die ANC, nóg die DA wil hê die mense van Oudtshoorn moet weet wat hulle doen… Hoekom dan óf die ANC, óf die DA ondersteun?

Oudtshoorn se heil lê by ‘n onafhanklike raad waar beide die ANC en die DA in die minderheid is, en die snotpartytjies soos Icosa en die NPP geheel en al afwesig is.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

10 thoughts on “Die DA het ‘n “Meesterplan”!

  1. AWB, jou swak taalgebruik gee al lankal jou opvoeding weg, steeds bly jy “apartheidsversuur”, selfs na 18 jaar en praat steeds liewer die korruptes goed, eerder as om op billike, skoon en bevoegde administrasie te konsentreer.

    OO gaan hom nie eens meer verwerdig om op jou doodsgeroggel te reageer nie. Al probeer om te sien of SON jou wrangsmakies sal publiseer. OO is net vir ingeligtes as niemand jou al vertel het nie.

    Nag oudste

  2. IP, KwB se brein is g’n verrot nie en kan nie met sout kondisioneer word nie, dit is die sout wat smaak gee, en kan as onsamehangend gekrit word, vir ‘n kompliment. Wie wil nou ‘n been in jul korpus uitmaak, dis om van naar te raak. Hoe vergelyk jy die dooies met die lewende. Ek hoop net Pierre en Nic het genoeg om OO vir altyd te dra aangesien OO se strategie met die van ‘n karton vergelyk kan word, flap 1, flop 2, flap 3, floppe 4.
    IP jy kan nou laat OO by jou bemarking doen, dan kyk jy of sy stankstreep ‘n wieldop kan verkoop??? gepraat van uiterste stank. Kan iemand vir my ‘n CV van DB op OO plaas asb, in detail met elke stront streep wat dit al bekom het, sodat ek die graad daarvan kan bepaal.
    BIncompt. vir OO se onvermoë met syfers om sy besigheid te red.
    BIndirek. Vir OO se vermoë om die beginsel van dubbelsinnigheid te reflekteer,
    BZillets. Vir sy vermoë om sy bande met sy DA inkomste te breek.
    BBarrow. Vir sy vermoë om stront rond te karwei op ‘n kruiwa.
    BKNelt. Vir sy vermoë in voor politiekusse te kruip vir aansien. ens, ens, ens.
    KwB

  3. Iets stink al weer hierbo !
    Iemand al vir AWB vertel dat n verrotte brein ook uiterste stank en onsamehangendheid meebring en vinnig begrawe moet word ?
    Het die verrote klong AL OOIT iets konstruktiefs of alternatiewe oplossings op OO bygedra, behalwe om lank lank gelede met Breytenbach te probeer kompeteer in n Kanselgediggie ?
    Iemand, se maar tog vir die klong dit………dis verby vir hom, doen dit tog “polite” want hy verstaan in elk geval nie veel nie !

  4. ‘Reality Surface’ OO die publieke grap, wat telke maal die DA se ‘warm oats pap met melk’ op die grond laat val omdat hy net ‘warm mieliemeel pap met melk’ eet, word onthul vir sy onvermoë om die waarheid te reflekteer. Dat OO die ANC probeer verneder is een ding, maar om sy volk op te sweep teen die DA sorg vir kommer in DA kringe. Soveel so dat dit sy besigheid mag affekteer, hy binnekort moet werk soek, of altans besig is om werk te soek om die pot te laat kook. KwB se projeksies is dat OO geheel en al onder die tafel ingevee kan word. 2014 mag dalk ‘n nuwe bordjie pap sien, “all bran”. ‘All Bran Flakes sonder melk’. OO bevorder ‘n ‘wit staat’, sy pogings om die Oudtshoorn Belasting Betalers en ‘Wit Afrikaner Forum'(Afri)-(Forum) se modus operandi te proklameer is so duidelik soos daglig. In Ventersdorp word daar bespiegel of die leier van soortgelyke bewegings “seksuele misdrywe” gepleeg het, “OO die jhoernaluzt in ‘n spieel in ‘n raaizel” bevorder hierdie tipe regerings. Die DA is besig om OO te onthul, iets waaraan die ANC nie meer aandag skenk nie. OO se voorbestaan is voorskriftelik, OO het erken dat hy diens lewer aan die DA op OO en dit later aangepas, “heet de rechitzeur” en OO se onvermoë om konstruktiewe, nie-rassige verhoudings te bou is so seker soos ‘n ‘blikzemt stralen’. Dit beteken dat die DA nie voortaan van OO se dienste gebruik kan maak, behalwe om ook gekrit te word vir regering bevordering. Dit beteken dat OO se bordjie een ertjie minder kan verwag. Kan ‘n mens nou so voordie

  5. investigative Public .JY wou seker ‘n onie geword het. wil almal reghelp . ha hahahahaha

  6. Pragtig Joss

    Hoe onnosel en “out of it” het hierdie partyleiers nie geraak nie

    Hul dink almal steeds hul is verhewe bo die Internet en dat dit wat in Egipte, Libie ens gebeur het, nooit met hul arrogansie iets te doen het nie en nie hier sal vlamvat nie

    Die vlam is daar – korrupsie en swak dienslewering met orrogansie bygetel – laat die seestrome van die Internet die res doen, hierdie narre se dae is getel !!

    Die vere is uit die kussing Zille, hoe gaan jy en jou patetiese trawante dit nou herroep. Dis reeds neusie verby, net jammer die “penny hasnt dropped for you yet !” Wie kan Zille bedank ? Nie Boland Bank nie, maar verder Noordwes van Paarl, ja, daardie skerp klong van Malmesbury gaan jou nog “single handed” sink !

    Sterkte Zille, jou agterbakse party’tjie gaan dit baie nodig kry in komende weke !

  7. OO – Die DA, ANC en die munisipaliteit hoef nie te antwoord op vrae nie, hulle hoef nie OO te lees nie want dit is seker nie vir hulle belangrik nie. Die DA lede kan maar met die grootste graagte ondernemings teken om nie met OO te praat nie.
    Die punt is dat die DA en ANC bekommerd moet raak oor wie deel neem aan gesprekke op OO en hoeveel mense werklik bewus gemaak word van wat aangaan. Een vuurhoutjie veroorsaak ‘n veldbrand wat miljoene skade kan aanrig en die politieke leiers sal eers by die volgende verkiesing kan sien watter skade aangerig is deur OO en sy ondersteuners. Zille en De Lill het Oudtshoorn en sy mense tydens die laaste verkiesing in die steek gelaat en laat Oudtshoorn nog elke dag in die steek aangesien hulle nie ‘n vinger verroer om in te gryp met die korrupsie, wanadministrasie en diefstal op Oudtshoorn nie.
    Oudtshoorn en sy mense het die politieke speelbal geraak van die ANC en DA, maar die inwoners gaan dit nie meer langer toelaat nie. Julle hoef nie te praat nie, julle kan maar aangaan om korrupsie, wanadministrasie, diefstal en swak dienslewering toe te laat, die dag van afrekening kom en die kiesers sal julle nie hoor of sien nie.!!!!!!!!!

    Die ANC en DA moet weet die meesterplan van die kiesers is om hulle by die volgende verkiesing te STRAF !!!

  8. OO, jys op die regte spoor
    Wat is die verskil tussen die ANC wat met die nuwe “Information Bill”beperkinge en die DA Raadslede wat nie met OO mag praat nie ? Die een probeer die massas omkoop en die ander een gee voor, maar lg.het nie die “clout ” of integriteit oor nie !

    Ek haal jou aan …. ‘brannas-en-kouk langs braaivleisvure tussen skreeusnaakse grappe ” Dis lankal nie meer so snaaks nie en Zille se swak leierskap en kordaat en misgeplaasde diktatorieele houdinkie met Bredell se onvermoe om dinge enigsins uksesvol gedoen te kry laat my altog wonder: Het die DA n “Meestersplan” of bly dit maar n “Oude Meestersplan ? ” Seer sekerlik sal daardie antwoord uitkom by die volgende braaivleisvuur vergaderinkie, ne, offf waaat sheee ekkee !

    Hul gerapporteerde onvermoe deur OO laat die publiek wakkerskrik en skade aan beide die DA en ANC raak by die dag groter, so ook publieke wantroue terwyl hul aanhoudend belastingbetalersgelde vermors / verdwyn om stemme te probeer werf (dit met ons eie geld). Hierdie “ploy” werk lankal nie meer nie en soos wat die moelike ekonomiese tye byt, gaan hul meer en meer sukkel om hul liegstories en swak dienslewering verkoop te kry.

    Die begin van die einde vir beide kom vinnig nader – Sterkte ODN !!

  9. Waar is daai mannetjie wat so lekker lag? Sou nogal gepas het hier!

    “Pleks die arme drommels op hulle werk konsentreer” – So waar OO.

    Wil jy vir my se dat hulle nou nog nie besef die enigste manier om van OO ontslae te raak, is om bloot jou werk te doen nie?

    Kan nie help om maar net my kop in ongeloof te skud nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s