Duisend mense by Mighty Word Conference

Verregáánde!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 27 Januarie 2012. 10h20. Volgens die vryskutjoernalis Tisha Steyn, wat die Slightly Weird Conference van Ranger Grebe en sy profeet wat dooies lewendig kan bid elke aand vir vier aande bygewoon het, het ‘n knerts meer as 1,000 mense die verrigtinge bygewoon – in tótáál… dis so 250 mense per dag.

Steyn sê daar was so 300 die eerste drie aande en so 800 die laaste aand. Maar op OO se vraag of dit dan sowat 1,500 na net onder 2,000 beteken, het sy gesê ek moet liefs by 1,000 hou.

‘n Duisend mense deur die hekke!

Dis ‘n uiters konserwatiewe skatting dat 50% van dié mense elke aand bygewoon het. Dit beteken dat 750 mense, ten béste, aan die standerdvierklong van Dysselsdorp se “projek” deelgeneem het.

Dis 0.7% (punt sewe persent) van die populasie van die groter Oudtshoorn – 7 uit elke duisend inwoners het aan die “projek” deelgeneem.

‘n “Projek” wat Oudtshoorn se belastingbetalers R60,000 gekos het!

Al die kerke in die groter Oudtshoorn kon seer sekerlik saamgespan het om ‘n Sondagdiens aan “eenheid in die groter Oudtshoorn” te wy en derduisende mense bereik het. En dit sou net die gewone kollekte gekos het – wat elke deelnemer vrywilliglik uit sy éie sak sou moes gehaal het.

R60,000 om 750 mense te inspireer om hande te vat en ‘n patetiese raad te ondersteun!?

Asseblêddieblieftog!

Daai klein twak (verskoon die lang woord) – die uitvoerende verleentheid van die groter Oudtshoorn, Gordon April – en sy jammerlike burgemeesterskomitee kan nie ‘n kinderglimlag in ‘n speelgoedwinkel ôrghinaais nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

13 thoughts on “Duisend mense by Mighty Word Conference

  1. Vir party mense is dit maar moeiliker as vir ander. Dalk eendag as daar nog tyd gaan wees sal julle kan verstaan.

  2. Lani, as die Here in beheer is van belastinggeld, hoekom is die SOE al ‘n jaar lank besig om wanadministrasie, diefstal en bedrog te ondersoek?

  3. Drewan, ek preek nie ek praat net die waarheid, en die Here is eerste in beheer oor belasting geld en dan die wêreld. Weereens die naweek was die Here se wil, doen jouself ‘n guns en vra Hom. Hy praat met die wat bereid is om na Hom te luister!!!

  4. Is dit jou beste antwoord. Sê eerder vir die Here dankie dat jy kan werk om belasting te kan betaal. Eendag sal jy miskien verstaan hoe die Here werk, want jy doen nie nou nie.

  5. Lani, dis Drewan, nie Drewen nie, en jy en joune kan preek na hartelus – net nie op belastingbetalersgeld nie!

  6. Vervang CW (Corruption Watch) met AW (April Watch}. Die klong, gaan net soos Pietersen nog groot skade aanrig

  7. Liewe Drewen, Jis ek is so spyt jy was nie die naweek daar nie. Jy het iets gemis wat jy eintlik baie nodig gehad het. Ek glo nie die Here neem jou aanmerking van slightly weird ten harte nie. Jy het nie ‘n idee die hoeveelheid mense en kinders se harte wat die Here aangeraak het nie. Jy kan nou maar met die ding aan hou soveel soos wat jy wil, maar die Here het kom regkry wat Hy wou kom doen het. Tisha was tot laatste agtuur in die aand daar. As jy wil sal ek vir jou die bewyse gee om vir jou te wys presies hoeveel mense daar wel was. En weet jy wat, al was daar net 2 mense wat die Here aangeraak het en wie se lewens Hy gedraai het dan sê ek “all the glory to God” Sondag aand twaalf dertig toe wag daar nog mense om die Here in hulle harte aan te neem. Want as jy as mens daar staan en jy het net die klere aan jou lyf en nie ‘n stukkie kos nie maar jy is bereid om te wag vir die Here se aanraking, wow dan wil ek net vir jou sê die Here het Sy werk kom doen en nie eers al die aanmerkings op oo kon wat gebeur het stop nie. Ons dien ‘n amazing God en ek weet Hy het jou ongelooflik baie lief!!!

  8. Hy sal moet verklaar hoe die R60 000 gespandeer is. OBB en AfriForum kan dit nie daar laat nie. OO moet hom ook onder druk sit hiermee. Ek kan nie verstaan dat een persoon kan maak soos hy wil en die ander raadslede sit net stil nie. Hulle is moes in die posisie om druk uit te oefen en vrae te vra.

  9. OO – gaan Gordon April die Pienk Fees wat in Desember op Oudtshoorn beplan word deur Rodney Gelant ook ” sponsor ” met R 60 000.00 om hande te vat met die gemeenskap!!!!!!!!

  10. Good news indeed Joss, but at the risk of sounding cynical, this NUMSA (read ANC “buddies”) driven campaign smacks of the wolf being put in charge of the sheep?

    If we cannot even protest and get response to general correspondence and blatant fraud and corruption inquiries at a local level, what in blazes will these Pretoria based bureaucrats hope to achieve – other than employing another 50,000 “wakkers” to man the countrywide offices?

    OK, so lets try it out – I will facilitate an sms on a topical Oudtshoorn issue, and see what happens – but don’t hold you breath!

  11. ’n Korrupsie-waghond wat onafhanklik van die regering is, is gister bekend gestel.

    Corruption Watch (CW) is ’n nie-winsgewende organisasie wat deur Cosatu in die lewe geroep is weens noodkrete uit verskeie oorde dat iets aan die buitengewone hoë vlak van korrupsie gedoen moet word.

    CW het ’n webtuiste en SMS-blitslyn waar mense korrupsie anoniem kan aanmeld.

    ’n Ondersoekspan van minstens vyf opgeleide speurders en regskenners sal die webtuiste en SMS’e monitor, inligting ontleed en sake na die gepaste wetstoepassers verwys

    Ek dink Oudtshoorn Munisipaliteit het werklik ‘n paar geraamtes wat verwys kan word vir ondersoek

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s