Bredell ontmoet met DA-raadslede

Sestig minute wat Oudtshoorn kan red, of nié

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 27 Januarie 2012. 06h10. Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, ontmoet môreoggend, Saterdag, op George met al die Eden-munisipaliteite se DA-raadslede.

Oudtshoorn se raadslede het ‘n aparte vergadering met Bredell aangevra en sal die minister vir ‘n uur spreek voordat die distriksvergadering om 09h00 begin.

Dit is kommerwekkend dat Bredell nie die vergadring aangevra het nie en aanduidend van die provinsiale regering se traak-my-nie-agtige houding oor Oudtshoorn.

Die DA-leierskap se weersin in Oudtshoorn is lank reeds ‘n onderwerp van steurende spekulasie en selfs goedige gespot in ingeligte kringe.

Sedert die paleisrewolusie (of dan eerder, die waghuisrewolusie by een van die kleiner voorraad-ingange) oor die destydse OD-onderburgemeester, Jeffrey Swartbooi, in 2007, toe Pierre Nel uiteindelik deur die DA se federale raad vrygespreek is, is die Zille-kader kil jeens Oudtshoorn.

Die verhouding het ook weens die aanstelling van Noël Pietersen verder versleg.

Dié houding is ook waarskynlik ‘n funksie van ‘n ander ope geheim: dat die voormalige DA-leier, Tony Leon, ‘n beduidende weersin in Nel gehad het.

En deesdae gaan dit oor OO – Helen Zille verklaar gereeld dat Oudtshoorn se probleme voor OO se deur gelê moet word, soos onlangs weer, op twitter.

Dat iemand met sulke verregaande en oningeligte oortuiginge die leier van die opposisieparty kan wees, is onrusbarend.

‘n Uitgesproke raadslid in een van die Eden-munisipaliteite het vandeesweek aan OO beken dat hy meen môre se “Bredell-kursus”, netjies opgetooi in ‘n goedkoop tuxedo, is maar net ‘n verskoning vir ‘n “uik@ksessie”.

Asof Bredell iets het om oor te kla!

‘n Baie senior amptenaar in die Wes-Kaapse regering het vroeër vandeesmaand aan OO gesê dat Bredell die probleem in die Wes-Kaap is.

OO stem saam en het dit al male sonder tal berig – nes die befaamde Noseweek ook.

Bredell in Eden. Was daar nie ‘n onwelkome karakter in die eerste Eden óók nie? En dáárdie event het die ganse mensdom glo bevark…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Bredell ontmoet met DA-raadslede

  1. OO, jy se Bredell se besoek:.”….is maar net ‘n verskoning vir ‘n “uik@ksessie”. Ek hoop stellig hierdie ODN DA Raadslede gaan die tydjie goed benut om Bredell goed te roskam en n behoorlike “uik@ksessie” te maak. Hopelik kry Bredell uiteindelik die boodskap duidelik, tyd om sy ry te kry !!

  2. Hey Bredell, hang a left over the pass, an come and see us in Oudtshoorn – the F&C capital of the Klein Karroo, all financed, sanctioned and supported by your office in cahoots with fransman of the WC anc.

    Your local chapter of anc fraudsters would appreciate another dose of your governmental “support and encouragement” to expand and legitimize their actions.

    Maybe when in town you can chat to the ratepayers and get our views and offer US your unqualified “comfort and support” as well? – perish the thought!

  3. Bredell en Zille voel vere wat op Oudtshoorn gebeur, wat wil hy in ‘n uur bespreek met die DA Raadslede van Oudtshoorn. Die politieke klimaat van geen dienslewering, korrupsie en wanbestuur maak dit moontlik vir burgerlike organisasies soos Oudtshoorn Eerste en Afriforum om groot aanhang by die belastingbetalers en gemeenskap op Outshoorn te kry. Die belangrikste is dat hulle die huidige korrupsie by die Munisipaliteit en onvermoë van die ANC & DA uitbuit en vir Oudtshoorn en sy mense wys hulle gee om. Daadwerklik optrede soos petisies is nodig om die Nasionale Regering bewus te maak van die onreg, wanadministrasie, korrupsie en vermorsing van fondse. Mens hoef nie ‘n magtige organisasie te wees om te oorwin nie, jy moet net slim wees. Dawid het diegroot, magtige Goliat oorwin, soos kan Oudtshoorn ook oorwin word deur die mense.

  4. Te laat om gesig te koop. Bredell- Zille probeer al die probleme op OO te plaas, maar daar is altoos ‘n gesegde: ” ‘n Slegte vakman beskuldig sy gereedskap”.

  5. Bredell’s time to save face and leave politics meru moto has long passed. Talking about a rat clinging to a sinking ship !! Much firmer public outcry and systematic actions is now what is needed for this man to resign, alternatively for Zille to act expeditiously or risk further stains to her own name

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s