Verwoerdplein se Avontuur trek suur

“Big shit”, sê Mnyimba

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 26 Januarie 2012. 07h30. Mpho Mogale se betaling aan Avontuur en Genote, waaroor OO reeds op 10 Januarie berig het, is ‘n enorme probleem vir die raad.

Die munisipale bestuurder is erg bekommerd oor die saak en ‘n skerp klerk het gister letterlik met ‘n oor teen die deur gehoor hoe Mnyimba aan ‘n kollega erken “there is big shit about that payment, about the lawyers”.

Die munisipaliteit se doodse stlte oor hierdie R313,267.99-betaling is afdoende bewys van die ongeldigheid van die transaksie.

Nie minder nie as drié raadslede het reeds die dokumentasie oor hierdie transaksie amptelik deur die speaker se kantoor versoek – en is geweier.

Dit is ondenkbaar dat ‘n raadslid inligting van hierdie aard geweier word en maar net nóg ‘n bewys dat Oudtshoorn se ANC-raad géén respek het vir wet en orde nie en dat daar geen spráke is van skoon, deursigtige bestuur nie.

OO is al sedert 6 Januarie besig met ‘n ondersoek na die Avontuur-betaling.

Avontuur skuld belastingbetalers R622,640.39 en Mogale, getrou aan sy Nokeng-rekord, het in minagting van die SOE-bevindings en aanbevelings oor Avontuur, op 9 Desember nog R313,267.99 aan Avontuur betaal.

OO het net na 21h00 gisteraand ‘n laaste poging aangewend om Mnyimba ‘n geleentheid te gee om die raad se kant van die storie te vertel: “Mr Mnyimba, if you have anything to say about the Avontuur payment, now would be a really prudent time – I publish facts and documents by 08h00 tomorrow. Messy, aint it? Very messy.”

Mnyimba het nie op dié sms gereageer nie. Dít nadat OO gister vier maal probeer het om Mnyimba oor die betaling te vra.

Waarom nie iets so eenvoudig soos ‘n faktuur beskikbaar stel om so ‘n uiters verdagte betaling te verduidelik en die saak in die reine te stel nie?

Daar is slegs twee moontlike redes waarom die munisipaliteit die faktuur nie beskikbaar wil stel nie: die faktuur kan verdoemende inligting bevat, of… daar ís nie ‘n faktuur nie.

Mogale, in die afwesigheid van ‘n bestuursbesluit wat die Avontuur-betaling goedkeur, sal die R313,2267.99 uit sy éie sak moet terugbetaal, as Avontuur dit nie kan terugbetaal nie.

As Avontuur nie kan nie. Grappie.

OO het Mogale gisteraand per sms hieroor gepols, met afskrifte aan Mnyimba; die direkteur korporatiewe dienste, Francois Human; en die Wes-Kaapse ANC-leier, Marius Fransman: “Mr Mogale, what is your reaction to calls from Oudtshoorn that you repay the R313,267.99 you paid to Avontuur & Assoc?”

Raai wat? Niemand het gereageer nie!

Terwyl raadslede skarrel om dokumente te kry, publiseer OO vandag die rekwisisie vir die betaling aan Avontuur.

Mogale se handtekening, en dié van sy persoonlike assistent, Amy Sylvester, is die enigstes op die dokument.

Let daarop dat Mogale sommer beide as “Hoof van Dept.” én as “Stadstesourier” geteken het. Sylvester het die rekwisisie uitgereik.

Die DA-sweep, Chris MacPherson, het hierdie Avontuur-betaling aan die SOE gerapporteer nadat hy op OO daarvan gelees het. OO het ook die SOE op 9 Januarie van die betaling vertel.

Die ANC is besig om Oudtshoorn flenters te bestuur. Die ANC moet gekeer word.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

11 thoughts on “Verwoerdplein se Avontuur trek suur

  1. Do not despair Oudtshoorn. This is what happened in Bitou. My prediction is that now that your Lott, is the same Lott that ours was the municipality will get unqualified audit reports of which everybody will be very proud and make a big song and dance, but part of that Lott is that very shortly you will have no money and a pile of debt.

  2. Kwb ,ons weet jy is anc – dis hoekom jy OO se oopvlekking van die flagrante korupsie so vuriglik kritiseer . Dit blyk dus of jy al die ongerymdhede kondoneer. Maar ek het meer n vermoede dat dit hier, getrou aan jou openlike rassisme gaan oor die feit dat n witman die anc komponent van die raad , wat uitsluitlik uit bruin en swart lede bestaan , en as die regerende party n klaaglike en patetiese mislukking is , so gereeld aan die kaak stel .Foeitog man dit is seker maar n bitter pil om te sluk né !

  3. Dit moet ‘n bitter pil wees om te sluk as jy nie meer botter op die tafel kry nie, veral as jy nie met jou
    cholesterol wil vrede maak nie. Nou die ander dag sê ‘n prokureur my, dit gaan maar bitter, hulle kry geen werk van die munisipaliteit af nie. Dit moet hartseer wees as die koue water kraan opgedraai word en jy net warm water ken.
    Komaan guys wees kreatief en skep vir julle geleenthede buite die munisipaliteit. Hou op vir aalmoese wag.
    en sodoendeKwB

  4. Dit is verblydend om te sien dat die tier in Oudtshoorn besig is om wakker te word. Elke dag bespeur ek meer en meer ontevredenheid uit die publieke arena, glo my agter die skerms word daar nie niks gedoen om die soort ding hok te slaan en aan te spreek nie. Daar is reeds tiere wat rondloop en snuffel.

  5. Pietersen, Mogale, Mnyimba, noem dit net wat julle wil – hierdie verotting kan slegs voortduur solank jul die “duiwel” voed

    Begin dadelik met n Dispuut teen die Munisipaliteit, open n trustrekening vir doeleindes van Belastingherkannalisering, droog die kraanjie op en siedaar !!

    Who’s going to start this inevitable move ?? Dis al waaroor OO en kommentators vorentoe behoort te berig. Genoegsame prima facie bewyse is beskikbaar tot vervelens toe.

    Dink jul waaragtig Bredell en SOE gaan enigsins jul lot verlig as daar tot nou toe net lamsakkige ondersteuning en kondonering van al hierdie korrupte aktiwiteite was. Beide tyd en geld loop nou vinnig uit.
    Inspring of ineenstorting is almal se voorland en 2012 heel moontlik jul laaste KKNK !
    Die TIER in die Oudshoorners is besig om wakker te word !!

  6. Aai man, ek like dit as OO sy vinger so op die kaders se pols (ekskuus keel) hou. Ons belastingbetalers moet net saam met OO bietjie harder begin druk . . . . . ! Dit is tans al wat resultate tewee bring. Mooi man !!!

  7. Hehe hier is nou n kopseer, iets moet hy doen, maar wat? Opsie 1 doen wat reg is en maak die party base kwaad, maar kry Oudtshoorn op regte pad. Opsie 2, doen wat polities verwag word en smile, terwyl Oudtshoorn en persoonlik weens hofsake ondergaan. Damed if you do damed if you dont.
    Dalk is die nie n bevordering nie maar n interne ANC ploy om van n werkende kader ontslae te raak?

  8. …and he uses a Stock Requisition form to-boot, with no supporting documentation or Council approval – this is nothing short of theft and fraud and one can only wonder what his kick-back was!

    Ja mayimba – nou is jy en jou ANC spul diep in die sogenaamde kak wat julle “fluister-fluister” agter toe deure bespreek. – Julle moet antwoord gee en seekerlik voor die hof vir hierdie misdaad – julle gaan vervolg word – “genuine”

    Julle spul werk vir ONS, met ONS geld en jy moet vinning leer, dat hier op Oudtshjoorn is daar ‘n klomp slim mense wat nie gaaan stil bly terwyl julle “godless” cadres en diewe ons beroof and en behandel soos doose!.

    Weg is jy, jou@%$*#%@! en vat april en die res saam terug na jou “gat in die woeswtyn”

  9. Ek kan maar net sê wat n gemors van n gemors. Liewe aarde kan iemand dan nie ingryop nie ogf is almal bang ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s