Doelgerigte, doeltreffende burgerlike protes

Jy hoef nie te toy-toy nie…

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 25 Januarie 2012. 08h50. Gemakstoelprotes is meer as aanvaarbaar, dis selfs verkieslik.

Die inwoners van Oudtshoorn het reeds op 18 Mei verlede jaar genoegsaam geprotesteer toe 50.8% van Oudtshoorn se kiesers vir die DA en Cope gestem het.

Daar word algemeen aanvaar dat ‘n beduidende aantal van hierdie kiesers bloot téén die ANC gestem het en nie noodwendig vír die DA nie.

Maar hoe dit ook al sy, meer as die helfte van Oudtshoorn se kiesers, al was dit tóé net-net, wil die ANC nié in beheer van Oudtshoorn hê nie.

Die hoogheilige DA-leierskap het in die dae en weke na 18 Mei verseker dat die NPP in die ANC se arms gedryf word en dat ‘n ANC-koalisie Oudtshoorn regeer.

En nou staan Helen Zille en haar kornuite terug met die armpies kordaat oor uitgestote borsies gevou en weet te vertel dat Oudtshoorn die regering het wat Oudtshoorn verdien.

Dis arrogant.

Maar dis veral váls.

Na alles wat OO sedert November 2008 geskryf het, vandag dít:

Oudtshoorn se mense het kláár geprotesteer. By die stembus, soos dit in ‘n demokrasie hoort.

Elf raadslede verteenwoordig die 50.8% van Oudtshoorn se inwoners wat geweet het dat die ANC nie met die bestuur van Oudtshoorn vertrou kan word nie.

Al wat die “508-groep” nou hoef te doen is om te sorg dat Julia le Roux, Pierre Nel, Diane de Jager, Peter Roberts, Raymond Wildschut, Danie Fourie, Wessie van der Westhuizen, Ben van Wyk, Chris MacPherson, Felicity Magxaka, Ewa Fortuin en John Maxim hulle vér-téén-wóór-díg!

OO het al verskeie male oor die DA se pligversuim en inherente onvermoë berig – klik hier.

Al wat die burgery wat vir die DA gestem het moet doen, is om Julia, Pierre, Diane, Peter, Raymond, Danie, Wessie, Ben, Chris, Felicity, Ewa en John sover te kry om Helen Zille, Theuns Botha en Anton Bredell sover te kry om hulle joppe te doen.

En daardie lamsakkige verskoning dat arme Bredell nie sy wetlike verpligting kan nakom om in te gryp wanneer hy slegs vermoed dat wanadministrasie voorkom nie, is ongebreidelde twak. En twak is tog so ‘n lang woord, soos OO-lesers al weet.

Die “argument” (lees “twaksleg verskoning”) is dat die nasionale ANC-regering Bredell se beste pogings sal fnuik.

Snert! ‘n Deurdagte strategiese plan en parate taktiese implementering sál die gewenste uitkoms hê. Dit kos net ‘n bietjie inspanning.

(Bredell het Overberg-saak, waaragter hy bewerig skuil, nie verloor omdat die ANC hom uitoorlê het nie; Bredell het die Overberg-saak verloor omdat hy nie ‘n sáák gehad het nie – regter Bozalek het hom só gesê! Bredell het verbróú. Púnt!)

As dit kwansuis maklik moet wees voordat probeer word, waarom het ons skerp leiers soos Helen en Theuns en Anton nodig? Hulle talente sal iets verskrikliks vermors wees op maklike goedjies!

Julia, Pierre, Diane, Peter, Raymond, Danie, Wessie, Ben, Chris, Felicity, Ewa, John… Vat hom Flaffie! Die tyd vir verskonings is verby – doen julle werk!

Die 508’s kan só help: Wanneer daar eersdaags ‘n beroep kom om belasting te weerhou, ondersteun dié inisiatief en dwing die vrotsleg senior Verwoerdpleinbestuur en daai klein twak (verskoon die lang woord) – die uitvoerende verleentheid van die groter Oudtshoorn, Gordon April – se jammerlike burgemeesterskomitee, op hulle se kniekies.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Doelgerigte, doeltreffende burgerlike protes

  1. In 1996 het ons dit gedoen en ons belasting by n bank inbetaal. Dit kan gedoen word deur die regte prosedure te volg.

  2. Belastingweerhouding is nie so ‘n moeilike saak nie. Die NBU onder leiding van Jaap Kelder het die situasie al goed deurtrap. Oudtshoorn se BBV behoort by die NBU aan te sluit.

    Die Munisipaliteit sal waarskynlik mense dagvaar, maar ook so ‘n situasie is al deur aksies van die NBU op verskeie dorpe hanteer. Onthou dat die NBU instaan vir die regskoste indien ‘n opbetaalde lid gedagvaar word. Indien ‘n lid se water en elektrisireit rekeninge betaal is, kan die munisipaliteit nie daardie dienste afsny nie, Hulle sal wel probeer, maar interdikte kan verkry word om afsnyding te verhoed.

    Oudtshoorn inwoners, die meganismes bestaan reeds. MAAK GEBRUIK DAARVAN.

  3. As die oproep kom saal die mense mooi en goed ingelig moet wees, die wetlike kant, as ook die vereiestes, die geld verspillers sal defnetief als in hul vermoe doen om so aksie nie te laat werk nie. Persoonlik sal ek verkies om n paar van die raadslede te laat verantwoord en aanspreukbaar te hou vir hul besluite!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s