Mnyimba verbied OO die raadsgebou

“Jy moet yt, meneer”

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Drewan Baird. Oudtshoorn. 24 Januarie 2012. 15h50. ‘n Munisipale sekuriteitswag het my knap voor die DA se mediakonferensie vanoggend begin het aangesê om die munisipale gebou te verlaat, in opdrag van die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba.

Ek het geweier en die wag wou handgemeen raak voordat raadslede Johan Fourie, Peter Roberts en Pierre Nel ingegryp het en Chris MacPherson die wag uiteindelik van sy voorneme laat afsien het.

Mpho Mogale het my ook verlede jaar uit die raadsaal laat verwyder.

Ek het Mnyimba om 12h28, net nadat ek die mediakonferensie verlaat het, ge-sms: “Mr Mnyimba, I was told by a guard that you ordered me out of the Council Building. I did not leave. Did you issue the order, and if you did, why did you issue the order?”

Ek het geen reaksie ontvang nie.

Toe bel ek Mnyimba. Om 12h45. Die foon het lank gelui en toe oorgeskakel na ‘n ander luitoon. Na ‘n paar van dié luie het ‘n vrouestem geantwoord… Me Marsha Malgas, Mnyimba se persoonlike assistant op Jansenville, die gehuggie waar hy gewerk het voordat die ANC hom hierdie “groot jop” op Oudtshoorn gegee het.

Ek meen as Mnyimba ná bykans 4 weke nog nie sy selfoon na sy nuwe kantoor laat herlei nie hy gerus maar in sy groot swart Audi viertrek kan klim en teruggaan grammadoelas toe waar hy vandaan kom.

Om 13h50 en 14h47 het ek weer probeer, maar Mnyimba het nie geantwoord nie en ek wou nie weer die vriendelike Me Malgas praat nie.

Om 14h48 sms ek Mnyimba só: “Mr Mnyimba, when is a convenient time for you to taake my call. Please respond.”

Mnyimba is steeds grafstil.

Ek het Mnyimba se persoonlike assistant, Me Amy Sylvester, wat my “meneer Bird” noem, om 15h27 gebel, maar sy het gesê dat haar baas tans baie besig is en nie my oproep kon neem nie. Ek het my nommer gelaat en gevra dat Mnyimba my terugbel en gesê dat die saak nie sal verdwyn as hy my nié bel nie.

Ek kan maar net lag.

Hierdie hoenderbors kadertjies wat grootmeneer agter sekuriteitsstelsels en wagte skuil, maar nie die moed het om eens in ‘n gesprek betrokke te raak nie.

Lagwekkend.

Oudtshoorn se belastingbetalers betaal R10m (tien miljoen rand) per maand aan salarisse vir die spul in die munisipaliteit en dié lot kan nie eens ‘n telefoonoproep neem nie!

Berge val op ons; heuwels bedek ons!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Mnyimba verbied OO die raadsgebou

  1. OO – ek kan nou nie so mooi begryp nie, seker maar omdat ek uit ‘n gebroke huis kom en net standerd 5 het, maar wat het Mnyimba te doen met ‘n DA Mediakonferensie en wie dit mag bywoon. Is hy dan nie besig om in te meng waar hy nie hoort nie of dink hy nou die gebou behoort aan hom en hy kan mense links en regs toegang weier. Behoort die gebou dan nie aan die belastingbetalers en inwoners van Oudtshoorn nie, hy en die wag werk mos vir die inwoners van Oudtshoorn of hoe dan nou ????????

  2. OO Hoe gaan jy jou water en ligte rekeninge betaal as jy die gebou belet word? he he he.

  3. Kry die wag se naam en kla hom van aanranding aan as hy ongemagtig sonder n lasbrief jou wou uitgooi. Kry n regsopinie en Kla die klong van Jansenville tegelyketyd ook aan en sien hoe vinnig maak hy tyd om jou te bel. Hoe gouer jy jou streep in die sand trek, en die klong dit goed verstaan, hoe beter. Hys daar om die inwoners van ODN wat sy salaris betaal te dien, nie sy eie agendatjie of ANC koninkrykie nie !! Hy sit selfs dalk nog onwettig daar, ons wag maar geduldig op die komende hofsaak – parmantige vent !!

  4. Daar gaan net verandering (verbetering) kom as ons alle druk op hierdie hopelose spul volhou, dag in en dag uit!!!!! Ons het geleer deur die “struggle” waarin ons nou is en ons, die belastingbetalers, gaan nie ophou nie. “Put the pressure where the presure belong, gentleman!”

  5. Lyk my die is die tiepe wat jy nie moet dryg nie doen net! Jy het toegang tot die nodige wette, gebruik hul. Somige mense ken nie van praat nie, verstaan nie dat dryg nie net woorde is nie, maar hul regeer slegs op dade! Jy sal moet onthou hy was die “main peanut” in n klein pakkie, en gewoond om die res te dikteer.

  6. Wel geeneen wie hy ookal is het die mag of regte om enige burgerlike persoon toegang tot n openbare gebou te weier nie, behalwe as daardie persoon hom wan gedra. Sou die wag geweld gebruik kan n klagte van aanranding teen hom gele word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s