MacPherson looi April

“Gordon April moet sy tasse pak en loop!”

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 24 Januarie 2012. 15h50. Die DA-sweep, Chris MacPherson, het vanoggend tydens ‘n DA mediakonferensie kaalvuis onder die burgemeester, Gordon April, ingeklim.

MacPherson het gesê dat die DA goeie samewerking kry van die ANC-koalisie en dat daar goeie wisselwerking tussen die DA en die koalisie is, maar dat April se teenwoordigheid die sop suur maak.

“Een ding is nodig: Gordon April moet sy tasse pak en loop. As hy die integriteit het wat ‘n burgemeester moet hê, sal hy gaan”, het MacPherson gesê.

April se doen en late is nie betaamlik vir ‘n burgemeester nie en sy teenwoordigheid stuur ‘n verkeerde boodskap aan die amptenary. Die politieke inmenging wat April in die burgemeesterstoel hou is betreurenswaardig, het MacPherson bygevoeg.

Oor die nuwe munisipale bestuurder het MacPherson gesê dat hy aandagtig luister en dat dit voorkom asof hy probleme wil aanspreek.

OO verneem egter betroubaar dat Mnyimba met verbasing reageer wanneer sy verpligtinge in terme van munisipale wetgewing, sowel as die sanksies waaraan hy onderworpe is indien hy in gebreke sou bly om sy pligte na te kom, aan hom gestel word.

MacPherson het sy kommer uitgespreek oor ongemagtigde uitgawes wat binne 60 dae deur die raad goedgekeur moet word, of van die betrokke amptenaar of politieke funksionaris wat die uitgawes gemagtig het, verhaal moet word.

Finansiële bestuur is volgens MacPherson ‘n enorme leemte… In die eerste ses maande van die boekjaar is daar byvoorbeeld nie ‘n sent op kapitaalprojekte bestee nie. Dít is n gruwelike pligsversuim en kom neer op ‘n algehele gebrek aan dienslewering.

Net so spog die administrasie dat personeelkoste binne die beplande parameters is, maar daar is steeds kritise poste wat nie gevul is nie! Ook dít, sê macPherson, kom neer op ‘n gebrek aan dienslewering.

Bedenklike kontrakte – soos Lefatshe en TOPS- en enorme regsrekeninge vir hofgedinge kniehalter die raad ook.

MacPherson het verwys na die 76 vrae wat die DA al ses maande gelede aan die burgemeester oorhandig het en wat volgens die ordereëls “op die volgende vergadering” moes dien, en na die DA se mosies van wantroue in die burgemeester, obder-burgemeester en speaker, wat ook al máánde lank agterstallig is.

Ilse Schoonraad, van die Oudtshoorn Courant, wou weet wat aan die situasie gedoen kan word.

Raadsheer Pierre Nel het gesê dat volgehoue burgerlike druk op die raad en die provinsiale en nasionale regerings die manier is om Oudtshoorn se probleme aan te spreek.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “MacPherson looi April

  1. investigative public – ek begin ook dink dat Special Assigment bietjie ingelig moet word van al die dinge wat op Verwoerdplein aangaan – heel moontlik sal daar iets gebeur as die hele wêreld se oë op Oudtshoorn gevestig word. Wonder of hulle ook die gebou belet sal word of deur ‘n wag verwyder sal word of hoe Meester Mnimba ?

  2. SAKMAN dankie vir jou insette. Die rekord in Wyk 2 is deel van die openbare rekord. Sedert 1 Maart 2006 het 20 “REPORT BACK ” VERGADERINGS IN WYK 2 PLAASGEVIND ! aLLE SAKE RAKENDE DIE RAAD DIE DORP EN POLITIEK WORD BESPREEK met inwoners elke drie maande. Soos deur die DA by die AGM van Belastingbetalers vereeniging op rekord gestel het alle inwoners sal moet betrokke wees by dorp sake nie net politieke partye nie. Wyk 2 is deels van volgehoue druk teen korrupsie wanadministrasie en die algehele swak rekord van huidige administrasie ! Kom luister na Wyk 2 se 21st REPORT BACK op 14 Februarie 2012 by Barons Palace Konferensie saal. Raadsheer Pierre Nel

  3. En Bredell ondersteun steeds vir April dmv samewerking (…tot in die afgrond toe, of hoe Anton ??..)en SOE vou steeds handjies vir n hele jaar terwyl di plundery voortwoed op Verwardplein…!!

    Kla die hele spul by hoer gesag aan, verwitting Special Assignment, Carte Blance en ander Media NOU. Tyd vir publieke rekenskap het aangebreek !!

  4. Raadsheer Nel is reg. Volgehoue druk is die antwoord!! Tragies egter is die feit dat dadels gekom het van die massa optog aan die einde van laasjaar. Is dit moontlik? Wat het geword van politieke partye se vergaderings voor laasjaar se verkiesings? Raadsheer Nel kan jy antwoord asseblief !! Volgehoue druk? Waarvan praat jy. Gaan terug na die massas toe!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s