Die spesiale onbeholpe-eenheid

Dis ‘n jaar… Wat het die SOE nou al gedóén!?

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 24 Januarie 2012. 06h30. Dit vat eenvoudig te lank!

Die spesiale ondersoekeenheid is sedert 4 Februarie verlede jaar besig met sy ondersoek op Oudtshoorn. Dis op ‘n nerf na ‘n jaar.

Daar was nog geen arrestasies nie.

Die wanbestuur gaan onverpoos voort.

Wat de duiwel gaan hier aan!?

Die vier sake wat na die direktoraat prioriteitsmisdaadondersoeke verwys is, is sake wat OO in elk geval reeds berig het lank voordat die SOE die sake aanhangig gemaak het.

En week in en week uit verneem OO dat daar vordering is met die ondersoek en dat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, deesdae weeklikse verslae van die SOE kry.

En!?

Al wat die SOE nog op Oudtshoorn vermag het was om ‘n skuiling te bou waaragter Bredell kan wegkruip oor die daaglikse wanbestuur op Verwoerdplein.

Die minister hét mos opgetree!

Yeah. Right.

Nes Bredell steeds vir sy a106-verpligting skuilhou agter die strategies onbeholpe en takties embarrassing Overberg-hofsaak wat hy en sy span “eksperts” net na tee op die tweede dag met ‘n beurt en 500 lopies verloor het.

Die skokwekkende betaling aan Avontuur & Genote op 9 Desember is so wragtag die laaste strooi.

Hieroor het OO gister só aan die SOE geskryf:

The Head of Communication
Ms Marika Muller
SIU

Dear Ms Muller

My attached email of the 17th refers.

Your silence is carking.

Be informed that the Acting Municipal Manager of Oudtshoorn, an agent employed and seconded by the Minister of Cooperative Government and Traditional Affairs, has unilaterally paid R313,267.99 to a firm ragged, rebuked, remonstrated, reprimanded and reproofed by the SIU in finding that the firm owes Oudtshoorn R691,953.82.

This under the very noses of SIU agents conducting what is generally regarded to be an “investigation”, for lack, at best, of a suitable alternative noun.

I am not asking to be privy to the particulars of the probe.

I simply want to know how I, and my readers, can be expected to trust to the SIU’s ability.

Oudtshoorn is now owed R1,005,221.81… Some 30% more than what was owed before the SIU arrived, and one inevitably wonders, especially in the light of your silence, if the SIU’s withdrawal is not somehow preferable.

Some endeavour to elucidate will be greatly appreciated.

Daar is nou genoeg gepraat en geskryf.

Daar moet nou gedóén word.

Oudtshoorn het R32m in die bank.

Ons debiteure beloop R85m, waarvan 71% ouer is as 90 dae. Van dié óú R60m is R29m vergunnings wat noe verhaal gaan word nie maar wat as inkomste begroot is.

Oudtshoorn se boek is dus tans sowat R56m werd.

Keith Jordaan het altoos gesê dat omset en debiteure nogals nie gelyk is aan mekaar nie. Of iets in dier voge. Jy kry in wat jy ínkry, nie die waarde van rekeninge wat jy úitstuur nie. Faainênsjil mênietsmînt 101.

Nee wat, daar word te min gedóén.

Te min.

En ons finansies dui die tyd aan: dis láát in die dag.

OO sal die éérste wees om sulke moerse snye humble pie te verorber as die SOE binnekort ‘n kat uit die sak laat spring.

Tot dan…

Tot dan staan SIU, soos OO reeds verkeie male gesê het, vir Es-Aai-Useless.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

17 thoughts on “Die spesiale onbeholpe-eenheid

  1. Foeitog ou kwb, jy word so deur haat vir die witman verteer dat jou oorblywende paar breinselle jou sulke twak laat kwytraak soos die grap oor die anc se welslae . Jy bedoel seker hul welslae om hierdie land moertoe te steel en wan te bestuur .n Mens kan maar net jou hande slaamslaan en bid vir armsalige siele soos jy.Shame !!!

  2. @kwb – gaan beaufort toe, soos jou tjommie truman en gaan verlig jou stress. Sal jou so R50 kos.

  3. KWB – Jy weet mos jy praat nou die grootste onsin onder die son dat die ANC gelooi word omdat hulle goed doen. Kyk maar hoe die hele land lyk waar die ANC aanbewind is, korrupsie, wanadministrasie en geen dienslewering is aan die orde van die dag. Selfs binne die ANC is daar gevegte aangesien daar mense is wat sien wat aangaan en nie daarmee saamstem nie. Die ANC en jeugliga gee vir alles wat verkeerd gaan die skuld vir apartheid, self as die belastingbetalers se geld gesteel word en die armste van die armste benadeel word. Hoe gaan dit in die Oos-Kaap en Limpopo waar die water, ligte, gesondheid ens. al reeds hulle gat gesien het en die staat moet help. Die ANC is besig om die mense wat sogenaamd verdruk is in die steek te laat en vir hulle eie sakke te sorg. Korrupte munisipale amptenare gaan van een munisipaliteit na die ander en sit net hulle korrupte lewe voort. Ek glo nou regtig nie die ANC gaan nog ‘n 100 jaar oorleef nie, wat nog te sê van die volgende verkiesing.

  4. Jacques en Francois, die volgende resessie gaan julle poer in julle m@ër stuur. Die DA gaan julle grants weier en die ANC gaan julle oorweeg vir lidmaatskap. Ek kan altyd vir julle lidmaatskap vorms stuur. Nog geen wit party het 100 jaar oorleef nie, die rede hiervoor is omdat hulle niks het om voor voort te bestaan soos die ANC nie. Die ANC word gelooi omdat hulle goed doen, die DA word geprys omdat hulle kafoefel vir oorlewing. Julle inhaligheid pas nie in die nuwe Suid Afrika nie, en soos OO tereg sê, julle kan nie toi toii nie, want die vorige regering het julle welaf gelaat, dit sal vir julle ‘n skande wees om te toi toii met Mercedes’ en Porsche’s.
    Tough luck, en ‘so by the way Francois, ek weet hoekom my mense so reageer, dit is omdat julle hulle onderdruk en gekondisioneer het toe julle die kans gehad het, ons weet van beter.
    KwB

  5. Kwb – daar is duisende van jou eie “volk” wat dink julle is n spul dom, idiotical, ideologiese gestremde, incompetent, onnosele, blinde, swaapagtige, vals profetiese, self gaining, kortgat, kerrie vis vretende, voel n fok politiekuste!

  6. kwb , jy en ou comrade en diesulkes is of helse groot rasiste of idiote of albei, ag wat se nonsense praat ek – julle IS albei , siende dat julle nog steeds die ANC aanhang ten spyte van hul koruptheid en patetiese wanbestuur van hierdie land – julle alewige gooi van die rassekaart is soooo pateties !!!! Sover ek weet het OO nog nooit in sy skrywes na rasse verwys nie – hy kritiseer KORUPSIE EN WANADMINISTRASIE. in Odn se Raad. Ek vermoed julle venynige fyngevoeligheid het alles te doen met die feit dat die meerderheid van Odn se raadslede , soos trouens die raadslede van alle plaaslike owerhede in die hele land ,BRUIN en SWART is en dat hulle omtrent 99% van plaaslike owerhede finasieel moertoe bestuur het. So noem my naar gerus n rassis en gee apartheid die skuld daarvoor , dis mos julle gewoonte as julle met die waarheid gekonfronteer word. – shame

  7. Laat die voorsitter van Afri-Forum en OBV getaak wees om met die SOE te skakel. Kom ons breek hulle nie af nie ek dink daar is nou al sulke baie nuwe getuienis voor hulle dat hulle nie kan voor bly nie. Ek stem saam dat waar daar frima-facie getuienis teen partye mense is moet die arrestasies gedoen word. Dit sal n afskrikmiddel wees.

  8. He-he-he.

    Ai, dat ‘n man se gene darem só kan wys!

    Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

  9. OO, Wat soek my in die aamie, lyk ek stupid? Jy het Oudtshoorn al so sleg laat lyk dat ‘n pislelie nie eens hier kan groei nie. Jy het die SOE aanvraag gepromofeer, waarom tjank jy nou? Werk die stelsels wat jy help implimenteer dan nie? Jou madam Zillle is druk besig met haar skaakbord politiek, en glo my ek weet die advertensie dryf jou graf toe. Jy kan meer oor die strategie op da_kafoefel.com lees onder die hofie “Da_strat_agie’s” . hie-hie-hie. Die verslag was vir die oë van die president, maar nee, jy’s te voorbarig om te skinder en laat elke keer die pap op die grond val. Jy wil maar net nie leer nie. In my dae het ons aanpassings_klas gehad, oorweeg dit.
    Jy’s ‘n algehele opreggeteelde (sic) jhoernaluzt flop. “Ou_grrroooottt_back”
    KwB.

  10. Wie het gesê evangelis Ranger Grebe kan nie dooies opwek nie, Kalle Wye – Bek is terug uit die dode, het nog nie ” brains” gekry nie, maar die bek is nog daar!!!!!

  11. Die S O E is, hopelik besig met sake waarmee die Oudit Komitee ook aangeraak het maar omdat hulle verhoed is om te vergader (laas saamgesit in September 2010) nie tot `n uitslag kon bring nie . Die komitee van 5 is nou verminder tot 2 lede weens bedankings ens. en nie meer `n kworum kan vorm nie. Aansoeke om vakatures is aangevra maar tot hede geen aanstellings gemaak nie. Hoofstuk 166 van “Municipal Finance Management Act 56 of 2003” het betrekking.

  12. OO, hoe laat jy KWB/COMRADE nou op sy bek kry. Die misrabele siel uit die verlede wat alle korrupsie en onbevoedheid bly goedpraat omdat hy nie oor apartheid kan kom nie. Ken jy n goeie priester wat met die man se geestelike versoening kan uithelp, in hemelsnaam, tog net nie Doompie nie

  13. Kallie, I aim to please, so moet liefs nooit naby my staan by ‘n pislelie nie. Oeps, jy was seker nie in die âmie nie…

  14. OO, jy weet ek geniet jou pateetheid, en jou spul, “Afrikaner-Forum (Wit-Forum), OBB en kornuite se eiesinnige twak , selfs jou ‘sublime onvermoë’ en kapabel gebrabbel sorg vir groot genot in Provinsiale en Nasionale kringe.

  15. Kan mens jou nou met jou ‘uie’ hamer op jou ‘uie’ groottoon slaan dat die trane loop?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s