Paulse-saak op 29 Feb in hof

Wes-Kaapse regterpresident stel datum vas

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 23 Januarie 2012. 11h00. Nadat die munisipaliteit gruwelik gefaal het om betyds te reageer op Allen Paulse se hooggeregshofaansoek om die aanstellings van Thandekile Mnyimba (munisipale bestuurder) en Francois Human (direkteur korporatiewe dienste) ter syde te stel, het Paulse se regspan vanoggend tydens ‘n vergadering met die Wes-Kaapse regterpresident ooreengekom dat die aansoek op 29 Februarie aangehoor sal word.

Paulse se verantwoordelike optrede spaar die raad geld, alhoewel…

Enige koste wat uit die aanstellings van Mnyimba en Human voortvloei sal baie waarskynlik deur die raadslede van die ANC, Icosa en die NPP betaal moet word en nié deur belastingbetalers nie.

Advokaat Ismail Jamie verskyn andermaal vir die raad.

OO het sedert Vrydag verskeie navrae aan Mnyimba en Human gerig, en ook aan die raad se prokureur, Hardy Mills van Plettenbergbaai.

Al drie die here swyg.

OO het vanoggend só aan Mnyimba geskryf:

The Municipal Manager
Mr Thandekile Mnyimba
Oudtshoorn

Dear Mr Mnyimba

I note with annoyance that you have failed to respond to each and every enquiry I have made since you took up office on January 3!

Please reply expeditiously and apace, and by return e-mail, to the following:

1) Why was Avontuur & Genote paid R313,267.99 in December? Please provide full details on this payment.

2) Has Mr. Hardy Mills been retained as Council in the Allen Paulse matter? If so, why was an attorney 121km distant appointed?

3) Why were the High Court deadlines to file a notice to oppose, and answering papers, in the Paulse application, ignored?

As Avontuur en Genote goed is vir meer as R300,000 se regswerk, hoekom ‘n prokureur 120km verder gebruik?

Wat ‘n grap!

Wat ‘n fiasko!

Wat ‘n tipiese ANC-maneuver!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Paulse-saak op 29 Feb in hof

  1. Hier sien ek kom n persoon wat se ore net hoor wat hul wil wanneer hul, en basta met die res. Die man gaan nog die dowe oor so gooi dan gaan hy sonder n inkomste sit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s