Raad mis hooggeregshof-keerdatum

Verspilde koste kan derduisende beloop!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 20 Januarie 2012. 17h05. Die raad het versuim om teen vanmiddag se keertyd opponerende stukke by die Wes-Kaapse hooggeregshof te liasseer in die aansoek van Allen Paulse om die aanstelling van Thandekile Mnyimba (munisipale bestuurder), alternatiewelik die aanstelling van Francois Human (direkteur korporatiewe dienste), tersyde te stel.

Paulse het kwart oor vier vanmiddag aan OO gesê dat die raad se advokaat aan Paulse se regsverteenwoordigers gesê dat hy geen instruksies ontvang het om stukke op te trek nie.

Dít nadat Paulse se regsverteenwoordigers Woensdag met die raad se prokureur, Hardy Mills, in gesprek was oor die aangeleentheid en Mills gister met die raad vergader het.

Paulse het ‘n sterk bewoorde brief oor die versuim, aan Mills, aan OO voorgelees.

Mills het nie sy selfoon beantwoord toe OO hom om 16h55 gebel het nie en OO het om 16h59 ‘n stemposboodskap vir Human gelaat om kommentaar te lewer.

Die saak kom op Woensdag, 25 Januarie, voor en die raad se versuim kan belastingbetalers soveel as R60,000 kos.

Paulse se regspan ontmoet Maandag om 08h40 met die Wes-Kaapse regterpresident oor die raad se versuim.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

15 thoughts on “Raad mis hooggeregshof-keerdatum

  1. Ek stem saam, me asking you, Lani n baie welvaarende persoon het jare trug gese toe hy n niemand was. Daar is net 4 maniere om ryk te word sonder harde werk, 1; Erf, 2; Trou, 3; Begin n kerk, 4; Politiek , slegs die eerste is eerbaar en die tweede verskoonbaar. “L Ron Hubbert”

  2. @ Walloon – ek stem saam, Odn lyk rerig nie na ‘n dorp waar God in beheer is nie… @Lani – valse profete word ook dikwels voorgehou as die ware profete – lees maar in die Bybel wat in die laaste dae sal gebeur…. Onthou ons lewe nou in 2012…! @ Fedup – could not have said it more clearly!

  3. Fedup, Thank you, and thank you for having God in your haert. We all need Him, and we need to pray for those that does not have Him in there haert. Have a Blessed day!!

  4. Lani – all well and good, but OM and The council and the Directors remain, thieves, rouges and care-not-less people, who at this very moment are spending ratepayers money – stolen mind you in terms of the law, to invoke the “gods” blessings on their evil administration – you should be addressing your “ministry” to them!

    Give us beleaguered and nearly bankrupt residents a break please!

    PS – I know where I stand with my God, thank you.

  5. Ek lees OO elke dag maar ek praat nie baie nie. Maar ek wil darem net sê, Lani, dat Oudtshoorn nou nie juis vir my lyk na ‘n dorp waar God in beheer is nie.

    Die voormalige munisipale bestuurder en die huidige burgemeester is albei in die hof op klagtes van diefstal; daar is nie geld vir instandhouding nie; die bestuur is vrotsleg… Nee wat, mense is in beheer op Oudtshoorn. En vrotsleg mense op die koop toe.

  6. Red/Ed Julle staar julle so vas in die “raad” want dis julle sensasie van die dag dat julle die hele ding mis kyk. Indien julle kerk toe gaan neem ek aan julle gee julle tiendes vir die kerk, dit staan so in die bybel dis wat jy moet doen, vir die eerste keer saai die munisipaliteit ‘n tiende vir God se kinders. Julle kan dit afmaak net wat julle wil en julle sal aan enige verskoning dink om die Heilige ding ‘n lelike ding te maak. Maar weet net hier is God in beheer nie die mens nie. As God nie inbeheer was nie, sou gisteraand nie gebeur het wat gebeur het nie. Ek was daar, tussen die mense, jy was nie. Matt: 13 vers 57 -Daarop het Jesus vir hulle gesê “‘n profeet word oral gerespekteer behalwe in sy eie tuisdorp” dis wat julle nou doen. Niemand het die mag van God as God dit nie vir hom gee nie en enige iemand kan dit kry as jy net gehoorsaam aan God is en bereid is om dit wat die Here jou vra te doen in Sy Naam met ‘n suiwer hart. Dankie dat ons God ‘n God van liefde is, en daarom word ons gewys dat ons moet bly bid vir die wat ons tee staan. Jesus soek net jou hart en jou liefde en daar is niks monsters aan dit nie.

  7. My mighty word…Is dit nou ons eie Billy Graham amasing??

    Gordon hou van geld gee vir “sekere nomad kerk groepe” veral die met reisende tente….

    Raak wakker mense-

    Blessings from God word nie gekoop met geld nie, geld koop net tydelike “GELUK” van die duiwel en sy slange!!!

  8. Lani

    Jy mis die punt oor die MWC skouspelagtig.

    Jy is welkom om énigiets te glo wat die monsters uit jou bepaalde kas haal.

    Jy is nié welkom om dit in die openbare domein onder die neuse van ander mense te vryf nie.

    Die raad is nié welkom om emmers vol belastingbetalersgeld te gebruik om bepaalde anti-monsterserum te produseer nie.

    Dit val my op dat daar selfs onder die slangolieverkopery stééds pligversuim en vanielje-wanadministrasie aan die orde is!

    Ek moet tog hiérdie punt maak: meen jy dooies kan opgewek word; assosieer jy met sulke voorstaanders, is jou oordeel beduidend verdag – so verdag dat jy nie in ‘n openbare amp behoort te dien nie.

    Vir wié hierdie skoen pas kan dit gerus met oorgawe dra.

  9. Jack Russel, Ek hoop as Jesus kom gaan Hy jou saam op daai ark wil vat, want op die oomblik lyk jou paaidjie maar vaal. As die Here nie die naweek wou laat gebeur het nie en as dit nie in Sy Naam gedoen was nie, dan sou dit nie plaas gevind het nie, dit belowe ek jou!!!! Gister aand het die Hemele oop gegaan met reën wat op mense geval het en nie eers dit het hulle daar weg gehou nie. Kan julle klein mensies nie die grootheid van God in die ding sien nie!!!! Hou op na mense kyk en kyk vir ‘n slag op na God.. Dis nie moeilik nie!!! Ek vra dat Jesus julle sal Bless sodat julle meer liefde van God in julle lewe sal hê!!

  10. Fedup, being out praying to the Man that created you is better then sitting at home having no life. Try to get God into your haert so that you can get rid of all your bitterness towards other people. What you say about other people God will never say about you because He loves you and this is the way you show it to Him. I wish you were there!!!!!!! I will pray for you!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  11. Dis belaglik verby! Enigste uitweg is om jou belasting geld in jou eie beursie te hou! Ten minste sal dit daar nie wan aangewend word nie!!!

  12. Kom ons lag, want huil gaan nie help nie, Dis openlike nalatigheid en gee-nie-n-f….-om houding van die raad gaan hul nog duur kos. Wonder nou hoe moet die klag aanhandig ge maak word.

  13. A total bunch of bleddie idiots, may the responsible councillors pay through their necks!!!

    Donderse jokers!!!

  14. oo
    Wonder ons self-en- nuutgekose geestelike leidsman Raadsheer April nie dalk in die brandende bos vasgeloop het nie.
    Volgende week sponsor die raad seker Ark 2 se bouplanne.
    Wat ‘n klomp narre!!!!!!!!!

  15. Ed, I am Hard(L)y surprised – they are all out praying!

    FOOLS and SPENDTHRIFTS!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s