Moederskap en melktert

Gordon oor die Mighty Word Conference

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 19 Januarie 2012. 14h00. Die standerd vier-klong van Dysselsdorp het pas ‘n mediaverklaring uitgereik oor die Mighty Word Conference.

Hier’s die verklaring, verbatim:

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR DIE KANTOOR VAN DIE
UITVOERENDE BURGEMEETSTER: RAADSHEER GORDON APRIL
Verw. nr. 4/1/12

18 Januarie 2012

Vir onmiddelike vrystelling

OUDTSHOORN WEES GEREED VIR “MIGHTY WORD CONFERENCE”

‘n Vier dae geestelike opwekkings fees naamlik “The Mighty Word Conference”, word aangebied onderleiding van die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Gordon April, en die hele gemeenskap
van die groter Oudtshoorn word uitgenooi om deel te neem aan hierdie verrigtinge.

Die aanbieding was goed gekeur deur die Uitvoerende Burgerlike komitee in ‘n vergadering wat plaas gevind het op die 4de Januarie 2012. Dit vind plaas vanaf die 19de tot die 22ste Januarie 2012 by die Bridgton sport gronde. Die Burgemeester is van plan om hierdie jaar 2012 op ‘n geestelike noot te
begin met God as leiding. Hierdie fees se onkoste word beloop tussen R 50 000 en R 60 000.

“Daar is meer ernstiger sake wat ons dwing om betrokke te raak by geestelike tussentrede en ons moet saam bid en mekaar ondersteun,” so sê rdh April. Die doel van hierdie gebeurtenis is om te help
met vesoening tussen die gemeenskap van die groter Oudtshoorn sowel as die verskillende kerke en die raad.

“Vandat ek die stoel as Uitvoerende Burgemeester betree het, was van my voorneme om my toe te spits op gemeenskaps ontwikkeling programme om die raad na die gemeenskap te neem deur
verskeie kerke binne die gemeenskap te besoek en die voortduring daarvan,” aldus rdh April.

Hierdie dienste sal gelei word deur ‘n bekende plaaslike christelike leier, Evangelis Ranger Grebe. Dit begin daagliks om 18:00 uur en elke dag het ‘n verskillende tema, Donderdag is “How Great is Our
God”, Vrydag is “Love of Jesus” , Saterdag is “Breaking chains” en Sondag is “Power of the Gospel” .

Toegang is gratis, maar die gemeenskap word versoek om eie komberse, stoele, versnaperings en vlae te bring.

-EINDE-

Wat kan ‘n mens nou hieroor sê? Dis moederskap en melktert en bykans onkritiseerbaar.

En OO is tans tog só trots op sy selfbeheersing.

OO kan nie wag vir munisipale mediaverklarings nie – dis so… kinderlik. Ougat.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

13 thoughts on “Moederskap en melktert

  1. Wonder of die R 50 000 en dienste nie net ‘n manier is om geld in te samel vir ‘n sekere persoon se regskoste nie.

  2. OO
    Aan watter kerk behoort die “bekende” geestelike leier?.
    Hoekom nader GA nie die hoofstrroom kerke nie.?
    Hoekom praat hy nie met die organiseerders van die veelrassige optog einde verlede jaar nie?
    Gaan die raad nou ander kerke van geld voorsien vir reklame en klanktoerusting. Indien nie waarom nie?

  3. Hoekom klanktoerusting huur as die munisipaliteit wel oor ordentlike klanktoerusting beskik, of is die klanktoerusting nie meer daar nie, kan wees want dit word mos gereeld gebruik naweke vir disco’s deur amptenare

  4. It must surely be the Executive Mayoral Committee that approved the payment, and not some “Uitvoerende Burgerlike komitee” which committee doesn’t exist?

    In any case there is no council policy which allows for such donation/contribution, only council may approve bylaws/policy and budgets in terms of section160(2) of the Constitution of South Africa.

    The donation is illegal and April can pay it out of his own pocket.

    Benoude katte maak benoude spronge?

  5. Alleycat – die Std 6 klong is net daar sodat “ranger” die klei pot oor sy kop kan breek om ‘n bietjie “sense” in die man se “brein” te slaan!

    Mixing Politics with Religion, and moreover public sanctification of the “blessed” mayor and his “gang of 5” is about as low as the ANC and april can stoop – perhaps they should cap this by following Zuma’s lead – slaughter some or other poor beast to appease their “gods”?

    PS – and then braai it!

  6. As Geloof en poletiek meng is dit gevaarlik, alleycat en investigative public, jul het n punt beet. Engels en die Klong, dalk wil hy nie die boodskap hoor nie, of is dit bemoediging vir die nuwe Munisiepale bestuurder? Ons moet dalk gereed maak vir n “wonder” werk, dalk word Oudtshoorn se raad, so vereenig dat hul n raadsvergadering kan hou, en almal sal kan in vrede saamleef.

    Ek dink dat die paashaas eerder dit sal laat sand en klip laat reen.

  7. Dit wil vir my voorkom dat die “dienste ” in Engels aangebied gaan word. Sal die graad 6 klong dit verstaan of wil hy net gesien word. Praat van skynheiligheid.

  8. OO, as : Die doel van hierdie gebeurtenis is om te help
    met vesoening tussen die gemeenskap van die groter Oudtshoorn sowel as die verskillende kerke en die raad.” moet ek se dis die politici wat versoening benodig, alewig baklei vir poste en sand en klip wegdra. Wat het dit met die bree publiek en belastingbetalers se geld uit te waai

    Mos lekker om andermense se geld te mors op jou eie tekortkominge. Gaan ODN ook vir die burgermeestertjie se Graad Ses studies betaal in die toekoms dmv die hoeveelste eensydige ongemagtigde raadsbesluit ?

    My ervaring was nog altyd dat iemand wat met godsdiens op sy mou loop en homself as bekeerde voorhou, soos die vorige MM,fyn dopgehou moet word en rooi ligte wat lankal flikker – soos sand en klip vir ons vertel. Is die klong se nuutste “truuk” om die teelaarde te skep vir verdere en groter uitbuiting ?

    Besluit self !

    OO sal intussen help dophou en rapporteer todat hierdie Grootpraat ” eerste” burger (tjie) ook aan die pen ry deur sy eie oen en late, of wat se ek ?. Dankie OO, ODN is jou ewiglik verskuldig !

  9. OO – Doesn’t the Council have its own “megaphone” and PR Department?

    Perhaps this is more like “jobs for the boys” ne’?

  10. Lodewyk

    Die R50k gaan vir klanktoerusting, advertensies en bemarking.

    OO het reeds die syfers bekom en die som gemaak en publiseer môre die storie…

  11. As toegang gratis is en die plek aan die dorp behoort waarvoor gaan die R 50 000.00???

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s