Mighty Word Conference

Kul jou hier en kul jou daar en siédaar!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 18 Januarie 2012. 07h15. OO het Maandagmiddag met die evangelis Ranger Grebe gaan gesels terwyl hy en sy “worship team” in die burgersentrum voorberei het vir die Mighty Word Conference wat môre, Donderdag, op die Bridgton Sportgronde begin en tot Sondag duur.

OO wou verskeie goed weet.

Veral watter opbrengs die belastingbetalers kan verwag op die R50,000 wat die burgemeesterskomitee sommer so vir die “projek” bewillig het.

Grebe sê dat hy niks weet van enige geld wat bewillig is nie en het sy verbasing uitgespreek toe OO hom inlig dat die geld vir klanktoerusting, advertensies en reklame is.

OO weet dat T-hemde vir raadslede gedruk word. Vir wie nóg?

Dis nou eenmaal die Vaseline van die Nuwe Suid-Afrika: T-hemde. Druk en dra ‘n T-hemp en jy is politiek paraat ou pêl!

Sonder omhaal van vele woorde, kan OO berig dat slegs Grebe se groep tydens die konferensie sal optree; dit is nie ‘n multi-godsdienstige of -kulturele event soos die speaker vroeër aangedui het nie. Versoening dus só; nie sús nie.

Mighty Word gaan die herlewing wees wat soos ‘n golf oor die ganse Suid-Afrika en uiteindelik die hele aarde spoel. ‘n Wêreldwye wonderwerk. Oudtshoorn, die “Groter Oudtshoorn”, is die uitverkore plek. ‘n Soort “kollektiewe uitverkiesing” dus.

Grebe sê hy ontvang geen geld vir sy poging nie.

Hy het vroeg Desember ‘n opdrag van “die Here” gekry om ‘n “teaching” vir Oudtshoorn te bring. Hy het die burgemeester met dié opdrag genader en die eerste burger was beïndruk en het sy ondersteuning vir die delivery van die teaching gegee.

Hoe hierdie soort ding gebeur en hoe dit manifesteer en wat die uitkomste daarvan sal wees kan Grebe nie sê nie. Ons moet maar wag en kyk, sê hy.

Daar is geen uitkomstes omskryf vir die projek nie. Ons moet maar wag en kyk.

Maar die bediening se “profeet”, Ismail Ajam, ‘n “bekeerde Moslem”, het die meeste woorde ingekry.

Ajam het vertel hoe hy dooies oor groot afstande lewendig kan bid. Hoe hy siekes gesond maak. Altans nie hý nie, maar “die God wat ek aanbid déúr my”.

Ajam het per geleentheid, so sê hy, ‘n vrou wat op Stellenbosch gesterf het met ‘n gebed op Oudtshoorn, in ‘n vreemde roggelende taal wat na swak uitgespreekte Aramees geklink het (hy het die “gebed” vir OO herhaal, maar die redakteur se antieke taalvernufte is aan die verjaar) laat herleef.

OO, alhoewel skepties, het dadelik die ekonomiese impak gesnap en voorgestel dat die provinsie ten minste die plaaslike staatshospitaal sluit en dié geld aanwend vir ander dinge.

OO het selfs gister ‘n brief hieroor aan die Wes-Kaapse minister van gesondheid, Theuns Botha, gestuur:

Beste Theuns

Ek is verheug om uit Oudtshoorn te berig dat die Wes-Kaap, en jou ministerie gesondheid in die besonder, enorme besparings kan maak.

Oudtshoorn se burgemeesterskomitee het R50,000 bewillig om van 19-22 Januarie die “Mighty Word Conference” op Bridgton aan te bied.

Die “profeet” van Mighty Word, Ismail Ajam, het my persoonlik verseker dat hy siekes gesond kan bid en, wag daarvoor, dooies lewendig kan bid!

Vlymskerp soos ek ís, het ek het die ekonomiese impak onmiddelik gesnap!

Ons kan alle staatshospitale en -lykhuise onverwyld sluit en daardie geld elders aanwend!

Dat jy nie meer ‘n ministerie sal hê nie is nie ‘n probleem nie – jy kan plaaslike regering opneem, daar ís nie ‘n minister nie!

Almal wen!

En dít omdat Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, die standerd vier-klong van Dysselsdorp, die dapper stap gedoen het om R50,000 te bewillig vir Mighty Word!

Ek kan my beswaarlik ‘n beter belegging voorstel!

Dat ek nou ooit oor Gordon April gekla het!

Anton was toe al die tyd reg – April behoort ondersteun te word!

Groetnis

Wanneer ‘n mens sterf gaan die hart staan. Asemhaling staak. Dit beteken dat weefsels nie meer suurstof kry nie. Selmetabolisme begin staak, met een belangrike uitsondering: proteolitiese ensieme hou nog vir ‘n tyd aan om te werk. Hierdie ensieme breek selintegriteit af, veral die integriteit van die selwande. Selle begin dus disintegreer.

Die menslike spysverteringskanaal bevat byna ‘n kilogram bakterieë, wat ook voortgaan om hul ding te doen wanneer die gasheer sterf. Hulle vorm gasse wat die dermkanaal opblaas, soms tot so ‘n mate dat die kadawer se buik kan oopbars. (Dit is hoekom jy soms in CSI-episodes sien dat die coroner die slagoffer se buik prik.)

Bloed stol na die dood, en wanneer dit later weer vloeibaar word is die integriteit van die rooiselle geheel en al daarmee heen en kan hulle nie meer suurstof vervoer nie.

Vir ‘n menslike hart om ‘n gestaakde sirkulasiesisteem eiehandig weer aan die gang te kry is ‘n saak van onmoontlikheid – iemand móét aktief KPR toepas om die hart te help om weer die bloed aan die vloei te kry. Geen gestorwe persoon, wie se hart reeds gaan staan het, se hart kan genoeg energie opwek om ‘n volwassene se nagenoeg 70ml/kg bloed, wat tot stilstand gekom het, weer aan die sirkuleer te kry nie. Die energie wat nodig is om weer die sirkulasie aan die gang te kry is goed bekend uit verskeie eksperimente. Geen menslike hart kan soveel energie opwek nie.

Wanneer die inhoud van die bloed se tri-ammonium fosfaat finaal verminder as gevolg van die agteruitgang van die hart se pompvermoë verdwyn kognitiewe vermoëns en die opgepotte herrineringe wat in die hippocampus van die brein gebêre is na waar dit vandaan kom – in die niet. En dís fináál!

Die belastingbetalers van Oudtshoorn is R50,000 armer omdat die standerd vier-klong van Dysselsdorp, wat op 3 Februarie weer in die hof verskyn op klagtes dat hy van belastingbetalers gesteel het, onnosel en naiëf genoeg is om sy kwynende politieke statuurtjie met die duur produkte van slangolieverkopers te probeer blink vryf.

R50,000 vir mense wat meen dooies kan opgewek word!?

Oudtshoorn word deur mamparas regeer.

Die enigste wonderwerk wat hier ter sprake is, is die standerd vier-klong se truuk om R50,000 in die niet te laat verdwyn. Byna soos daai opgepotte herinneringe…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

13 thoughts on “Mighty Word Conference

  1. nou wa is DA raadslede e n pieter Retief en res van sy kamakazi DA mentors nou

  2. Fedup! God will handle them, if they have done wrong, just get yourself ready!!!!!!

  3. Lani – I am afraid, and with the greatest of respect to your religious convictions, that the fraud, corruption, mismanagement, nepotism and general disinterest in the residents and our town by the incumbent OM Council and Management is a MAN MADE COCK UP – PERIOD!

  4. Hierdie hele ding word nie deur mens gemaak nie maar deur die Here, dis hoekom satan nie sy weg hier gaan kan kry nie. Julle het nie ‘n idee hoeveel mense bid vir die naweek om te gebeur nie. Hierdie is nie ‘n mens gemaakte ding nie maar ‘n God gemaakte ding. Kom Oudtshoorn waar is julle harte met Jesus daarin, hierdie dorp kannie meer sonder die Here nie en hier is te veel mense wat kwaad is vir die Here. Hy saai nie verwoesting nie maar die duiwel doen.

  5. Lani en Nico, ek is eerlik as ek se dat jul geloof respekteer . Ek wil net se dat selfs die satan die bybel gebruik het om Jesus te versoek. Ek vertrou geen geestelike leier wat politiek praat nie en nog minder n politiekus wat geloof ge(/mis)bruik nie.

  6. As dit R50 000.00 kos om mense se harte vir die Here te kan gee is dit maar min geld. Moenie met die Here se mense spot nie en moenie die Here se mag onderskat nie. Hierdie naweek gaan die Here aan die woord wees, Hy gebruik net ‘n eenvoudige mens om dit deur te gee. En nie eers Satan se mense gaan dit kan stop nie. Almal wat so baie het om te sê, kom ons kyk of ons julle daar gaan sien. In Jesus se Naam daag ek julle uit!!!!!!!

  7. YES JOSS, THE DEAD BEING REFERRED TO HERE ARE POSSIBLY THE WALKING DEAD, OTHERWISE REFERRED TO AS COUNCILORS.

  8. Die standerd 4 klong is nou regtig skerp, eintlik veel skerper as ‘n minora blade. OO gee Gordon die eer en respek wat hom toekom, wie het nou daaraan gedink dat jy dooies kan opwek wat oor ‘n week of twee op die payrol van die munisipaliteit kan wees , om nie te praat van stemme vir die volgende verkiesing nie. Ek is regtig nie ongelowig nie en glo in wonderwerke, maar as iets op Oudtshoorn gebeur waarby Gordon en sy makkers betrokke is moet mens begin wonder. Moontlik kan daar herlewing wees by die dooies wat daagliks te duurste daar in die burgersentrum rondsluip, sal moet wag en sien.

  9. Ranger Grebe moet maar die dooies op Oudtshoorn los want daar is alreeds so groot behuisingsnood en met die bankrot munisipaliteit is daar alreeds nie geld vir die wat lewe op Oudtshoorn nie. Grebe moet liefs konsentreer op die uitdryf van duiwels by die amptenare en raadslede wat hulle skuldig maak aan bedrog, diefstal en leuens. Miskien sien ons eersdaags ‘n ander Raad wat goed is vir Oudtshoorn en sy mense. Is bereid dat die bedrag van R 50 000.00 betaal word as die munisipaliteit kan bespaar op die miljoene wat gemors en gevat word.

  10. Beste Nico, ek salueer jou oortuigings. Die feit van die saak is egter dat ons eeue lank baklei het vir die “separation of church and state” – en vir goeie rede ook. Gaan ons vir die Muslem gemeenskap ook R50,000 bewillig? En die Buddhiste? Nee. Elke oortuiging kan vir sy eie finansies reël, en die punt is dat die munisipaliteit moet fokus om sy werk te doen. Dis al wat ons vra.

    As hierdie profeet wél verder kan sien as die sekulêre inwoners, is ek seker die gelowiges sal nie skroom om sy pogings finansieël te ondersteun nie. Ek, met my belasting, wil egter ons strate uit die dood sien opstaan. Dis al.

  11. Perhaps Ranger Grebe needs to break his clay pots over april’s head and knock some sense into this irksome character.

    What a load of mumbo jumbo – if the mayor and his gang of 5 and the council spent more time doing their jobs than kowtowing to so called “messengers of the gods” with their rash promises of absolution and “blessing”, things might improve in Oudtshoorn.

    I resent the mayor’s largess with our taxes and moreover his opportunistic public sanctification of his person.

    This is nothing more than a diversion tactic from the real truth of what goes on in the OM “administration” and to-boot, a great opportunity for a free party and T shirt, plus the bonus of a ratepayer funded ANC party-political rally and electioneering drive, all cloaked in a hedonistic ceremony!

    “Religion is the opium of the masses” is so true in this case!

    April, you will need more than Ranger Grebe’s blessing when the OM’s coffers run completely dry and the town collapses – I trust that he has similar contacts in the banking and loans business as with his divine connections?

  12. Meneer OO, As die bekeerde Profeet waarlik n wedergeboorte gehad het, kan hy doen wat hy beweer,maar slegs in die Naam v Jesus Christus! Deur Sy Naam kan ons vrymaak en bind en groter wonders as Hy doen, Hy het dit persoonlik aan sy volgelinge belowe! Al wat nodig is is die geloof so groot soos n mosterdsaad, daarmee kan ons berge verskuif, wat natuurlik n ‘geestelike strekking ‘het! Deur geloof in ons enigste Messias,Jesus Christus ,Seun van die lewende Skepper God YHWH, is alles menslik moontlik! Opwekking van dooies inkluis—-wat natuurlik ook geestelike betekenis het nl wedergeboorte! Die sekulere wereld van ons tyd glo nie hierdie dinge nie omdat hulle geestelik blind is, skille oor die oe.AGV bou ons Babel-torings van verwarring!
    Ek saluut Ranger Grebe met sy gehoorsaamheid en inisiatief, ons mense het dit bitter nodig!
    Die R50000, is n interessante verwikkeling! Sommige mense kan darem maar nie n ”gap” miskyk nie ne!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s