Duiwelswerk onder die SOE se neus

SOE, en minister, word geminag deur April en kornuite

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 17 Januarie 2012. 10h45. OO het vanoggend die betaling van meer as R313,000 aan Avontuur en Genote onder die aandag van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, gebring:

Die minister van plaaslike regering
Mnr Anton Bredell
Wes-Kaap

Anton

Die aangehegde brief aan Marika Muller van die SOE verwys.

Ek herinner jou dat jy ‘n verpligting het itv a106 van die munisipale stelselswet om ongerymdhede soos wat in die brief beskryf word te ondersoek.

Hierdie bepaalde aangeleentheid het onder die neus van die SOE plaasgevind en dié beduidende skuilplek is jou nou nie meer beskore nie – jy sal sélf iets moet dóén!

Ek verneem spoedeisend van jou watter stappe jy doen om wanadministrasie op Oudtshoorn in die algemeen; en die Avontuur en Genote vergryp in die besonder, aan te spreek.

Hier is die brief aan Muller…

The Head of Communication
Ms Marika Muller
SIU

Dear Ms Muller

The payment of R313,267.99 to Avontuur en Genote on December 9 is a matter of grave concern.

The SIU Report of July 18, 2011 contains perverse references to Avontuur en Genote and the firm’s practices.

References to contraventions of sections 3 and 4 of the Corrupt Activities Act and/or offences of fraud and/or theft; and of various sub-sections of section 173 of the MFMA is made and it is concluded that “these contraventions constitute criminal offences and had significant implications in terms of losses and/or prejudice to the Municipality”.

That any payment whatsoever could have been made to April en Genote within 146 days of such scourging finding is discombobulating.

That the CoGTA seconded Acting Municipal Manager, Mpho Mogale, he of Nokeng tsa Taemane ill repute, requested and authorised the payment unilaterally, is incomprehensible and can only translate into complete and utter and wilful disregard for law and order generally, and for the SIU in particular.

The matter is more exigent for the fact that Mogale informed the Western Cape Minister for Local Government, Anton Bredell, on November 1 that Oudtshoorn had instructions from the SIU to implement the SIU Report by November 30.

Only the most fastidious mental discipline can assay to avoid the consclusion that the SIU is of no force and effect in Oudtshoorn.

Your comment, by expeditious return email, will be appreciated.

OO kan maar net hoop dat lesers ag slaan op die verstandsverstommende vegrype op Oudtshoorn.

En OO benadruk dat alhoewel hierdie vergrype onder die hand van die ANC voorkom, die provinsiale DA-regering – en, inderdaad, die DA sélf, wat ‘n meerderheid stemme op hom verenig het op 18 Mei 2011 – nie ‘n vinger verroer om die allerbeklaagste wanadministrasie aan te spreek nie!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

41 thoughts on “Duiwelswerk onder die SOE se neus

  1. * wonder * as jy dan so ongelukkig is, hoekom lees jy OO, koop vir jou die SARIE of Huisgenoot, sal baie beter vir jou ” stress” vlakke wees. Op OO is dit so dat as jy jou wil uitgee vir ‘n toffie moet jy bereid wees om gekou te word. Sterkte moet net nie jou polse kou nie.!!!

  2. En daar laat jy dit klink asof ek korrupsie en wanadministrasie goedkeur, jy gaan sover om my ‘n lecture daaroor te gee (asof dit die waarheid is) ek is nou so moeg om 1 ding oor en oor te verduidelik, lees maar trug en kyk of jy dalk die keer kan agterkom waaroor ek ongelukkig is, as jy nie regkom nie, lees weer en weer, try bietjie begrip ook bysit, ek belowe ek sal jou ‘n goue sterretjie voor jou kop plak as jy dit regkry….

  3. * wonder * jy is reg ek is ‘n afrikaner en ‘n baie trotse afrikaner daarby en nie skaam daaroor nie, net soos daar baie anderkleuriges is wat ook trotse afrikaners is. Ek is ook nie rassisties nie en gee glad nie om wie die land of dorp regeer nie, solank dit eerlik, sonder korrupsie en hepsug tot voordeel van die gemeenskap gedoen word. Die feit is egter dat daar tans te veel korrupsie in plaaslike regering en nasionale regering plaasvind wat die land jaarliks miljoene rande kos. Ek ondersteun dit as enige iemand en dit sluit OO in, korrupsie en vermorsing van geld openbaar want weet jy dit is juis die anderkleuriges en arm mense wat die meeste ly en vernietig word op die langduur. Skoon administrasie is tot voordeel van almal en selfs Zuma verkondig ‘n oorlog teen korrupte amtenare.

    Dink jy dit is goed en tot voordeel van die land en sy mense dat die staat en plaaslike owerhede net belasting en dienste verhoog, die mense kap met alle soorte belasting denkbaar om hulle boeke te laat klop aangesien daar geld verdwyn het of wanadministrasie van miljoene plaasgevind het. Wie is die mense wat moet ten duurste betaal ek , jy en al die armes.

  4. Joss en Sadrick ek het op die site kom leer wat eensydige berigewing is, daar waar ek vandaan kom tel die verslaggewer se opinie nie, hy moet net die storie oordra, hier op OO is dit net Drewan se opinie wat tel, as hy se spring op ‘n donkie al sou julle ook gebreekte bene he julle spring, dit herinner my aan die Eugene Terb lanche van ouds, al verskil I.p.v ‘n geweer in die hand het hy ‘n pen waarmee hy dink hy kan anderskleuriges vernietig, laat Eugene vir jou ‘n les wees Drewan, sulke ouens kry mens gewoonlik met hul onderbroeke op hul enkels (somtyds met ‘n groot gat in) en dis nog erger, so doen en se nou wat julle wil, laat loop oor jul afrikaner-harte ek is seker julle wil he dat oudtshoorn julle hoor…

  5. ” wonder ” ek gee vir Afriforum krediet want hulle verdien dit vir die manier waarop hulle ongeregtigheid teenoor die Afrikaners beveg. Soos ” Sadruid” te reg sê is jy eensydig en weet jy nie altyd wat die waarheid en selfs die feite is nie. Ek stel voor dat jy die plaaslike biblioteek nader en oplees in onder andere die Grondwet, Munisipale Stelsels Wet asook die Munisipale Sisteme Wet verder kan jy moontlik gaan kers opsteek by die Departement van Mannekrag oor die Wet op Verblyfreg en moontlik as jy nog tyd het die Arbeidswet. Dit behoort jou taamlik besig te hou en jou verskriklike baie te help met jou vermoë om redelik en subjektief deel te neem aan gesprekvoering op OO sonder om jou naam plank te maak. Groetnis

  6. Dis rerig ‘n riem onder die hart dat julle jul belange so ten alle koste wil beskerm, maar soos gewoonlik dwaal julle van die punt af en glo reeds al die nonsens wat aan julle voorgeskryf word deur iemand soos Drewan (dit spreek boekdele) nou se ek vir julle ek gaan nie nog verder Hanna-hanna met julle nie, julle is veels te lief om kleinlik en barbaars te raak, so ek gaan myself red van julle, ek het my mind opgemaak soos wat julle s’n opgemaak is teenoor anderskleuriges, in my opinie is Drewan ‘n GROOT RASSIS wat nie objektief kan skryf Oudtshoorn en sy probleme nie, hy bevorder Afrikaner-regte en die ek sal als in my vermoe doen om ‘n stokkie voor sy “skryfwerk” te steek, totdat hy besluit hy sal nie die wereld deur spierwit-afrikaneroe kyk nie (dis seker niks) maar ek hoef seker ook nie toe te kyk hoe hy dit aan die publiek as die waarheid verkoop nie, so dis die punt, ek stel nie belang wat enige 1 van julle (sy skoothondjies) verder te se het nie! @Drewan, ry grootkraal toe (dai brein van jou makeer die vars lug) jy is mos after all die groot “investigator” en gaan vra by die boer wat die storie daar is, dan ry ‘n ent verder tot by die skool en lyster hulle kant, dan kom jy trug dorp toe en bel vir Donald Grant (dis investigative journalism) en dan stel jy ‘n storie saam, (ek twyfel of jy dit sal kan doen want jy’t nog nooit so baie kante gehad nie, in jou stories is daar net 1 kant en dis jou kant, moenie laat ek jou werk vir jou doen nie!

  7. “wonder” ek het als gelees wat jy met jou oopenbare onderhoud geskryf het, jy kan maak soos jy dink Mr Bredell doen, maar dra die gevolge nes hy. Dit is duidelik dat jy hou van wat jy hier lees nie, en daar is keusses vir jou gegee. Nerens het ek eeninge voorkeur gelees , in al OO se artiekels , vir boere nie as ook geen afkeur in enige rasse/ inkomste/ industieele groep nie. Ek het wel afkeur raak gelees teenopsigte van swak diens, self verryking uit gemeenskps fondse, as ook uibuiting van die aremes van Oudtshoorn. Ek kan nie die selfde van jou geskryf se nie, feite klink soms eensydig en subjektief maar is nie. Opienie is n reg wat nie te luidkeels oopenbaar gemaak moet word nie wat dis gewoonlik eensydig en subjektief en klink ook so.

    “woner” ek het self n blog en as dit oopenbaar is kan jy nie enkelinge block nie al wil jy, ek mag dom wees maar sal graag wil leer hoe!(kom wys my) Die storie waarvan jy so praat, vertel ons asb, maar hou by die feite, en hou ingedagte feite kan getoets word. Soms moet jy navors voor jy goed uit basuin.

  8. Joss daar gee jy alweer vir Afriforum te veel krediet, dit kos net 1 mens om Afriforum van stryk te bring so Afriforum het nie die kapasiteit om vir ‘n movement so groot soos die ANC ‘n bedreiging te wees nie, Julius Malema kan net sing dan hardloop hulle grondwet hof toe, hy sing nog net…

  9. OO – jy moet Afriforum dophou , hier kom ‘n ding wat die politieke partye op Oudtshoorn bedreig, vernaamlik die ANC wat gedink het hulle kan doen net wat hulle wil. Afriforum is daar ter beskerming en uitbouing van burgerregte, soos vervat in die Grondwet van die Afrikaners en die Afrikaanse gemeenskap.

  10. Goeie goed vat tyd Mnr die redakteur, treat dai 2 calls asof dit moontlik jou laaste sal wees…

  11. *wonder*

    Jy sal moet wikkel, Vanessa! Twee amptenare het my al vanoggend voor 8 gebel!

    Hou OO dop!

  12. Ongelukkig kan jy nie jou “inligtingsbronne” verseker nie, ek sal dit my missie maak om die saak vir julle warm te maak totdat jy besluit jy los jou in my opinie “rasistiese agenda”, nee jy kan my nie irriteer nie dis veels van ‘n sterk emosie om te mors op iemand van jou kaliber, ek sien jou as “wanadministrasie” en elke landsburger het ‘n plig om dit te beveg, so Mnr die redakteur met jou gaan ek my burgerlike plig nakom, ek sal sorg dat al tyd dat jy ‘n rede sal he om by die munisipale-kantore te kom is as jy en jou gevolg jul munisipale-rekeninge gaan betaal, ek sal dit my missie maak om te keer dat jy geen kommentaar uit ‘n amptenaar kry wat te se nog van ‘n onderhoud, dan het jy ten minste genoeg tyd om vir die armes van Oudtshoorn ook te werk, dalk raak jy mens tussen hulle.

  13. *wonder*

    Ek het geen plig om jou verkeerd te bewys of te vermaak nie.

    As OO jou irriteer, moenie lees nie; as OO jou teleurstel, maak vrede daarmee… En moenie lees nie.

    Eenvoudig!

    Ek het nog niemand “geblok” nie – maar die munisipaliteit het mý geblok, en daai Nokeng Mpho het my die raadsaal verbied.

    Die munisipaliteit lek soos ‘n stukkende sif; my inligtingsbronne is veilig, dankie.

  14. Mnr die redakteur, eerstens het ek stellings gemaak en dit was jou plig om my verkeerd te bewys, wel JYHET NIE, tweedens is jy berig daarvoor dat jy diegene “block” wat nie aanklink van by jou nonsens nie, is dit die paadjie wat ons besig is om te loop? In my opinie is Afriforum daar om afrikaner-regte te bevorder, ek het glad nie ‘n pyn daarmee nie want persoonlik dink ek net soos OO geniet hulle meer aandag as wat hulle verdien, dan kom ons trug na die punt waar jy se “amptenare moet respek verdien” dan se ek nou vir jou al sou die amptenare ook als volgens die boek doen sal hulle jul respek nooit he nie want jy en jou gevolg het in my opinie geen respek vir anderskleuriges nie, julle vertoon asof julle al mense in Oudtshoorn is wat belasting betaal, nee julle is nie!! Jy vra my van die grootkraal-storie? Ag asb Mnr die redakteur JY HOU JOU BLIND!! Jy weet goed waarvan ek praat, en nee dis nie feite wat jy navors, dis bespiegelinge wat jy uitmaak as feite want jy en jou gevolg glo dat net die ergste uit anderskleuriges kom, nou se ek vir jou Mnr die redakteur, jy kon my nie tevrede stel nie, (en O jy kan seker wees dat ek OO gaan lees tot jy doen wat jy na bewering gewoonlik doen en mense block), ek gaan dit my missie maak dat jy nie 1 sin vir kommentaar uit Oudtshoorn munisipaliteit kry nie, (dalk gaan jou hande begin jeuk om verder as dit te krap) dalk George munisipaliteit, (dan gaan jy veel harder moet werk) ek gaan seker maak dat jy misken word as die “media” en elke deur vir inligting by Oudtshoorn munisipaliteit in jou gesig toeklap!! Lekker dag verder..

  15. *wonder*

    Jy vra antwoorde…

    1. Hoekom berig jy oor die bewerings asof die mense reeds skuldig is, jy gaan sover om jou uit te laat daaroor en jou veragting vir die in individue uit te spreek, noem jy dit objektief??

    Ek berig die feite wat ek navors. Ek meen respek moet voortdurend verdien word en politici en amptenare moet dit maar tussen die oë vat as hulle hulle aan wanadministrasie skuldig maak.

    OO is nuus met méning, in die volle sin van die woord. As jy net die nuus wil lees, sonder mening, is OO nie vir jou nie.

    (2). As ek die woord Oudtshoorn hoor sou ek dink dat jy die hele gemeenskap van Oudtshoorn dek en ongeregtigheid “uitkrap”, dis ‘n leuen?

    Ek stel OO se doelstelling mos onomwonde: Om gevrektheid en wanadministrasie bloot te lê.

    As jy meen jy kry nie die nuus wat jý wil lees op OO nie, lees ‘n ánder nuusbron!

    (3) Jy beweer jy fokus op politiek (ek koop dit nie) want as jy my se jy fokus op politiek kan ek vir jou vra hoekom hou jy dan nie die onderskeie departemente verantwoordelik oor plaas-uitsettings en kry hulle voor stok oor hul dan sal nalaat om hul plig na te kom nie??

    Ek kan net berig wat ek weet!

    (4) Hoekom word daar gejuig oor die koms van afriforum?

    AfriForum het seker net soveel bestaansreg soos die Jeugliga en die Vroueliga?

    AfriForum het reeds ‘n massiewe impak en is welkom, soos enige ander organisasie wat wanadministrasie pak.

    (5) hoe strek jou berigewing sover as die munisipaliteit, wil jy vir my se in die hele Oudtshoorn is dit al plek waar politiek plaasvind?

    Ek kies om net die munisipaliteit te dek. My prerogatief.

    (6) dis nou tyd dat jy erken dat jy nie vir Oudtshoorn berig nie maar vir ‘n sekere groep mense in Oudtshoorn?

    Ek berig vir wie my ook al wil lees en aanvaar geredelik dat nie almal my wil lees nie.

    (7) Antwoord asb al my vra genommerd, en asb los die vae antwoorde van jou en se dit soos dit is, ek glo nie ek is enigsins ondydelik in dit wat ek vra nie?

    So gemaak.

    (8) hoe op dees aarde kon jy nie by die grootkraal-storie uitkom nie (ek vra dit weer want jou vorige antwoorde is nie voldoende nie)?

    Ek ken nie die Grootkraal-storie nie.

    Ek kan nie oral uitkom nie.

    Vertel my, dan ondersoek ek.

  16. 1. Hoekom berig jy oor die bewerings asof die mense reeds skuldig is, jy gaan sover om jou uit te laat daaroor en jou veragting vir die in individue uit te spreek, noem jy dit objektief?? (2). As ek die woord Oudtshoorn hoor sou ek dink dat jy die hele gemeenskap van Oudtshoorn dek en ongeregtigheid “uitkrap”, dis ‘n leuen? (3) Jy beweer jy fokus op politiek (ek koop dit nie) want as jy my se jy fokus op politiek kan ek vir jou vra hoekom hou jy dan nie die onderskeie departemente verantwoordelik oor plaas-uitsettings en kry hulle voor stok oor hul dan sal nalaat om hul plig na te kom nie?? (4) Hoekom word daar gejuig oor die koms van afriforum? (5) hoe strek jou berigewing sover as die munisipaliteit, wil jy vir my se in die hele Oudtshoorn is dit al plek waar politiek plaasvind? (6) dis nou tyd dat jy erken dat jy nie vir Oudtshoorn berig nie maar vir ‘n sekere groep mense in Oudtshoorn? (7) Antwoord asb al my vra genommerd, en asb los die vae antwoorde van jou en se dit soos dit is, ek glo nie ek is enigsins ondydelik in dit wat ek vra nie? (8) hoe op dees aarde kon jy nie by die grootkraal-storie uitkom nie (ek vra dit weer want jou vorige antwoorde is nie voldoende nie)?

  17. *wonder*

    Jy’t gevra wie ek wil hê moet regeer en ek het geantwoord.

    Wat wil jy nog weet?

    Vra en ek antwoord – duidelikheidshalwe: nommer jou vrae, asb.

  18. En jy Mnr die “redakteur” het nie 1 van die vrae geantwoord na my satisfaksie nie, ek het vir jou ‘n hele dag gegee om dit te doen, ek glo nie hulle “steel” elke dag by die munisipaliteit nie, so ek se nou vir jou Mnr die “redakteur” jy en jou volgelinge v eroordeel en bevind niemand skuldig van nou af nie, want jy en jou gevolg is NIKS beter nie, en ek doen ‘n beroep op al wat munisipale amptenaar om OO te misken as media, julle hoef hom nie te antwoord nie, ek kan amper smeek dat julle dit asb nie moet doen totdat Drewan besluit om sy agenda agteruit te skuif en rerig oor Oudtshoorn vir Oudtshoorn wil berig, hy moenie dit wat vir hy en sy buddies om die braaivure regklink as storie kom publiseer nie, laat hy trug gaan en leer wat dit is om objektief te wees, tot dan hoef julle nie sy navrae te antwoord nie, laat hy en sy volgelinge met mekaar speel.

  19. Mnr die redakteur om aansoek by jou te doen vir enige betrekking, hoe groot ook al sal ek myself dan degrade, en my denkvermoe aansienlik moet krimp, trug na die punt onder bespreking, jy se jy het nie tyd nie, wil jy vir my se in al die tyd het jy net tyd om na die munisipaliteit te gaan??? In oudtshoorn wat so klein is? Jy’t nie tyd vir enige iets anders nie (dit spreek boekdele van jou vermoe Mnr die redakteur, hou vas aan OO asof jou lewe daarvan afhang, want iewers anders sal jy nie by “redakteur” uitkom nie) en ek het ‘n vermoede jy gaan nie eens fisies tot by die munisipale gebou nie..????

  20. *wonder*

    Wie is die “boere van oudtshoorn”? (sic)

    Wil jy vir my kom werk?

    Dan kan jy alles dek waarby ek nie kan uitkom nie.

    Ek skryf oor Oudtshoorn se politiek – op Verwoerdplein en sy sateliete. Ek het nie tyd vir ander stories nie. Nie omdat ek nie belangstel nie; ek kan eenvoudig nie daarby uitkom nie.

    “Ons mense”(?) se helleroordag plundering van die stasie kon ek ook nie dek nie, byvoorbeeld.

  21. Nee Mnr die redakteur, jy skryf oor dit wat die klomp boere hier op die site happy hou en ek het ‘n spesmaas om wil amper glo dat hulle die finansiele inspuiting agter die hele site is, is ek reg Mnr die redakteur? Jy skryf nie vir Oudtshoorn nie, in my opinie skryf vir die boere van oudtshoorn, en net soos jy voel dis jou reg om korrupsie bloot tye le (en ek glo dis almal van ons sin) net so siek maak jou onregverdigheid my, dit kan jou nie skeel wat met die armes gebeur nie, en laat ek jou se Mnr die redakteur die dat jy se jy skryf oor “politieke-vergrype” is ‘n skuilbos, als is vir politiek, die grootkraal-insident is maar 1 van vele wat ek noem, die departement van onderwys is daar betrokke, maar weet jy hoekom sal jy nie met die punt van jou nael daar krap nie, want daar is ‘n boer betrokke, in die oe van jou en jou volgelinge is dit reg, maar laat ek jou se, ek verafsku dit, so moet glad nie gemaklik raak nie want weet jy ek sal ‘n manier vind om die onreg wat ons mense aangedoen word te verpolitiek en JOU verantwoordelik hou vir die berigewing daarvan, after all is jy mos ‘n “skrywer” vir “Oudtshoorn”??

  22. “wonder”

    Wie ek wil sien regeer?

    Mense wat Oudtshoorn se belange bo eie-belang en party-belang stel.

    Eenvoudig.

    Ek skryf oor die politieke vergrype op Oudtshoorn. Dis dit. As jy oor ander goed wil weet, lees ‘n ander medium.

  23. * wonder * ek dink die redakteur moet nou maar jou stokkielekker vir jou gee want jy is nou besig om al jou poppe uit die kot te gooi, lyk my jy hou daarvan om moord te gil totdat jy jou sin gekry het.

  24. Redakteur lyk my hier het ‘n ” wonder” werk gebeur en is daar tog ‘n dooie opgewek, wys jou jy moet nooit twyfel dat die dae van wonderwerke verby is nie. Hou aan om die publiek in te lig oor wat aangaan by die munisipaliteit aangesien dit ons belasting geld is wat vermors word. Wat op plase gebeur is niks met ons te doen nie dit is per slot van sake die plaas eienaar se grond en sy geld daarvoor is daar genoegsame instansie wat genader kan word as ‘n persoon voel dat hy benadeel word. STERKTE

  25. @Fedup, I could’nt agree with you more and personally I can’t disagree with anything you’re saying, and will help fight corruption wherever I can, cause that money belongs to the poorest of poor, @Josh, weet jy om eerlik te wees, jy klink nou soos ‘n seuntjie wat vir die eerste keer na ‘n rugby-wedstryd toe gaan, heel opgewonde solank iemand anders die punte in jou naam aanteken, ek is besig om met die redakteur ‘n “onderhoud” voer en voor jy jouself nie identifiseer het nie sit nou mooi stil in die hoekie en luister tot ek se ek is fedup van die redakteur se ontwykende antwoorde okay? Mnr die redakteur wat is die rede dat jy nie berig het oor die grootkraal-storie nie, dis ‘n hele gemeenskap wat benadeel word deur 1 boer, kinders word ontwrig en ontneem v an stabiliteit, wat op dees aarde kan die rede wees dat jy nie berig het oor dai ongeregtigheid nie??

  26. Wonder – If I could chip in – I believe the town should be run by competent and qualified people of unimpeachable integrity.

    I care not what their political affiliations are, but regretfully in RSA today, most public servants elevated to “high political office” can rarely meet these simple standards and fail dismally as managers and custodians of the voters / ratepayers interests.

    ANC, DA et al, whomever, all magically transform when they are voted in, and believe their sole goal is the preservation of their post, the supremacy of “the party” and a “what can I get out of this” attitude.

    Until we have an unbiased Town council who labour tirelessly and transparently for residents and ratepayers and run our Town’s financial affairs as a “proper” business – and not their private piggy bank – we doomed to bankruptcy in Oudtshoorn.

    Taking the politics and thereby “politicians” out of local Council structures has been mooted, but don’t hold your breath!

    Again I say – to hell with politicians!

  27. * wonder * jy is reg ek is nie die redakteur nie, maar een van die volgelinge wat daagliks so in vervoering is na wie jy so graag verwys in jou kommentaar. Jy hoef nie my kommentaar te lees of te antwoord nie dit is tog jou goeie reg, net soos dit die redakteur se reg is om jou te antwoord en ook my reg is om jou te antwoord as ek nie met jou kommentaar of aanval op die redakteur tevrede is nie. DEMOKRATIESE LAND

  28. @Joss, weet jy dit is rerig nie my skuld as jy kies wat jy wil lees nie, moet my net nie nader met dit wat jy wil lees en dit so draai asof dit die waarheid is nie, heel aan die begin het ek gese dat geensins korrupsie en wanadministrasie goedkeur nie en sal my daarteen uitlaat as ek dit te hore moet kom, ongelukkig is jy nie die redakteur van die site nie en ek is vandag net tevrede met antwoorde van sy kant af, hy is so ontwykenkend op my vrae soos wat hy beweer amptenare op syne is, om trug te kom na sy antwoord, Mnr die redakteur om vir my te se jy skryf is ‘n klap in enige joernalis of verslaggewer wat sy sout werd is se gesig, nee Mnr die redakteur jy skryf nie, jy jag…daar is ‘n verskil, ‘n skrywer is iemand wat objektiwiteit aan die dag le, jy sal objektief nie erken as dit jou in die gesig staar nie, so ek vra weer, wie sal jy wil sien regeer Mnr die redakteur?

  29. “wonder”

    Ek skryf. Iemand anders gee geld. Iemand anders kos. En so aan…

  30. En ek wil nie graag he jy moet wonder wie ek is wat jou al die vrae vra nie, ek is Vanessa (bly te kenne) want weet jy Mnr die redakteur te lank wonder ek oor die agenda wat jy dryf so laat ons heeltemal in die lig wees met/oor mekaar…moet nou nie te lank vat om my vrae te antwoord nie, ek mag straks doen wat jy doen en jou nie ‘n kans gun nie, ek mag straks net begin dink jy is skuldig aan dit waarvan ek jou verdink.

  31. Wonder, dit klink of jy die korrupsie en wanadministrasie wat die belastingbetalers jaarsliks miljoene rande kos goedpraat. Dit klink of jy dink dit is reg dat geld wat aangewend moet word vir die inwoners van Oudtshoorn deur raadslede en amptenare gemors kan word. Haal die oogklappe van jou oë af en sien hoe Oudtshoorn verval onder die bestuur van Oudtshoorn Munisipaliteit en sy Raadslede.Die inwoners en OO se ondersteuners sal tervrede wees met enige amptenaar of raadslede wat verantwoordelik en eerlik optree, ongeag taal, kleur, ras of geslag, solank daar opgetree en gehandel word in belang van die dorp en al sy inwoners. OO hou aan om korrupsie en wanadministrasie te openbaar asseblief !!!!!!!!

  32. Solank daar net nie van jou verwag word om ‘n hand in jou sak te steek of ‘n uur van jou tyd af te knyp nie Mnr die redakteur?? Want jy is so slim en is so besig om te krap maar deur die gekrap kon jy nog nie uitfigure dat al sou daar nie korrupsie en wanadministrasie wees nie, sou die geld wat aan munisipaliteite toegeken word steeds te min wees om in almal se behoeftes te voorsien, dus waar my plig as mede-burger, NGO’s en die tipe van instansies inkom, nou vra ek jou Mnr die redakteur, gestel jy kry reg wat jy wil bereik met jou “gekrap”, wie sou jy wil sien regeer vir Oudtshoorn? Jou berigte basuin dit mos daagliks uit dat nie die ANC of DA breins of integriteit het om dit te doen nie, nou wil ek by jou weet wie jy dink die geskikte party/kandidaat sal wees?

  33. “wonder”

    Ek reken daar kan na die behoeftes van Oudtshoorn se inwoners omgesien word as wanadministrasie ons dorp nie ondergrawe nie.

  34. Jy Mnr die redakteur wil voorgee jy is vir reg en geregtigheid, wel laat ek jou se, dit kos nie ‘n genius om te sien dat jy besig is met ‘n heksejag nie, reg is reg en verkeerd is verkeerd, hoekom krap jy dan net sover as die munisipaliteit? Jy se jy is nie ‘n mondstuk nie, wel wat noem jy jouself en die volgelinge wat daagliks so in vervoering is oor jou gekrap, as dit van jou afhang sal daar geen anderskleurige in ‘n pos in die munisipaliteit wees nie want jy het seker gemaak hulle is agter tralies of hulle skuldig is of nie, SIES Mnr die redakteur, jy reageer soos ‘n opperste rassis en dan beweer jy jy is vir reg en geregtigheid, siende dat jy so vrae vra en krap voel ek dit genope om vandag vir jou ‘n vraag te vra, as jy klaar “gekrap” het, wat doen jy en jou volgelinge om oudtshoorn te uplift, wat doen julle om die in nood te help, want sekerlik is dit mos nie net die plig van die munisipaliteit nie, dit is ‘n plig wat rus op die skouer van elke mede-oudtshoorniet wat by magte is om te help, so wat doen jy en jou volgelinge om die in nood te help??

  35. “wonder”

    OO is niemand se mondstuk nie; OO publiseer wat OO oopkrap.

    OO weet nie van lesers wat met alles saamstem wat OO berig nie. OO sou verwonderd en teleurgesteld gewees het as almal altyd ad idem was met sy berigte.

  36. Korrupsie en wanadministrasie kan geensins goed gepraat word nie en moet ten alle koste uitgeroei word, wat my bietjie dwars in die krop steek “geagte-redakteur” van die site is hoe julle dit doen, en dan wil ek half ‘n beroep op die MM en lede van Oudtshoorn-munisipaliteit doen om julle navrae te ignoreer soos wat Bredell doen, want jy en jou volgelinge vind mense skuldig lank voor ‘n hof dit kan doen, daar is iets soos ‘n bewering dan is daar skuldigbevinding, die moment jy navraag doen oor ‘n bewering en iemand antwoord nie gou genoeg na jou sin nie is daardie persoon skuldig in die oe van jou en jou volgelinge, waneer moet daar gewerk word as jy heeldag gelukkig gehou wil wees? Jy beweer jy is die mondstuk vir die “mense” en sal daarom “korrupsie” beveg, watter mense praat jy van? Want jy kyk sekerlik die in nood mis, jy hou jou blind vir die barbaarse manier waarop mense op plase behandel word, jy hou blind vir plaas-uitsettings en skole wat gesluit word ten koste van arm kinders, nou vra ek jou weer “geagte redakteur” wie is die mense vir wie jy ‘n mondstuk is???

  37. People are difficult to govern because they have too much knowledge.
    Lao-tzu, The Way of Lao-tzu

    This is my warnning to the councilors.
    To be conscious that you are ignorant is a great step to knowledge. Knowledge is of two kinds. We know a subject ourselves, or we know where we can find information on it.

  38. Kan ons nie iemand kry wat verantwoordelikheid kan neem om enige kriminele klagtes teen hierdie gespuis by die polisie te le nie. Daar sal aan iets effektief gedink moet word om hierdie arrogansie te stop.

  39. Kom ons kyk hoe die selfopgelegde plankslaner van die Weskaap hierop gaan reageer of gaan hy weereens ontwykend wees ?
    Is Zille oor hierdie indringende navraag ingelig asook die hoofstroom media ? Hoe anders gaan ons vuur onder hierdie hoogsbetaalde klonge maak ? En dit nogal met ons eie geld !
    Die uurglas vir hierdie outjie se politieke toekoms loop vinnig uit !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s