Die naakte, verskriklike feite

Oudtshoorn het nie geld oor nie

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 17 Januarie 2012. 13h35. Oudtshoorn se infrastruktuur is R2.635mj werd.

Dis R2,635,000,000.

Daarvan is slegs sowat 60% nog diensbaar.

Om dié 60% in stand te hou sal R10m per jaar kos.

Oudtshoorn hét nie dié geld nie.

Daarom kan paaie nie herstel word nie.

Daarom is daar kragonderbrekings soos voorverlede Dinsdag.

Daarom bars waterpype in serie – hier; dan 50m verder; dan 50m verder…

Daarom was Toekomsrus, Nepon (waar arm mense bly) en Riemvasmaak (waar die armste mense bly) gister sonder water in meer as 40 grade Celsius – want die hooftoevoerpyp was stukkend.

Oudtshoorn het tans R2.2m nodig om bepaalde paaie oor te doen. Daar is vir dié uitgawe begroot; maar daar is nie geld nie.

Oudtshoorn het tans R4m nodig om bepaalde paaie te rehabiliteer. Daar is vir dié uitgawe begroot; maar daar is nie geld nie.

Leengeld en toewysings word afgewag.

Maar Oudtshoorn het nie geld nie.

Tog word daar tans onderhandel om ‘n direkteur se kontrak te beëindig – sodat ‘n politieke rekening met ‘n nuwe aanstelling betaal kan word. Dit kan soveel as R3m kos en daar word tans gereken die raad kan met R950,000 wegkom. Die direkteur voel ánders.

Oudtshoorn is deur dommerds vernietig.

Bruin dommerds.

Wit dommerds.

Swart dommerds.

ANC dommerds.

DA dommerds.

Dommerds van uitskot partytjies.

Dis tyd om op te staan…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

11 thoughts on “Die naakte, verskriklike feite

  1. The sad thing is good capable officials that are willing to make a stand against corrupt activities are removed from office. And are replaced with weak (puppy dog) officials that are willing to bend with the “winds of change” to serve their corrupt masters.

    It is all about robbing the coffers to feed the monster….

  2. @Joss, nee moet glad nie gerus raak oor my nie, sommige van ons moet mos werk vir ‘n lewe, @Alleycat weet jy ek is verbaas dat jule so lank kon uithou, julle kan mos eintlik net 2 ordentlike sinne praat dan kry julle dai diep verlange na stront in die geval wys jy dit met jou toiletpapier-stories en OO, Drewan ek hoop jy werk aan ‘n nuwe naam vir die site?? Jy kan sommer ‘n klein kompetisietjie tussen julle opmaak, ek is seker die ouens sal nie skaam wees nie, verkieslik iets wat by julle beeld pas (wat julle uitdra) solank die naam net nie voorgee dat julle vir Oudtshoorn is nie want dis ‘n leuen!

  3. Alleycat gelukkig het ” wonder ” bedaar nadat OO vir haar bye gesê het en is nou weer rustig, geniet seker maar die stokkielekker.

  4. Wonder, toilet papier is op “special” by Checkers. Gaan kry bietjie toe en vee af.

  5. Geagte redakteur, “julle” is die vir wie jy jou naels afkrap, en “my mense” is die oor wie julle nie ‘n duit omgee nie, en moet asb nie vir my se jy krap vir oudtshoorn nie want jy doen nie, jy krap vir ‘n uitgesoekte groep mense!!

  6. * wonder* ek wil nie onsimpatiek klink oor die mense wat van plase afgesit word nie, maar soos ek sê is daar genoegsame wetgewing en organisasies wat hulle beskerm of moet ek sê behoort te beskerm, daar is dan ook verskeie faktore wat baie keer aanleiding gee dat ‘n persoon se dienste beëindig word en hy moet trek van ‘n plaas af. Ek wil ook nie beweer dat dit nie gebeur dat mense sonder rede van plase afgesit word nie, maar is dit iets wat deur die regte departement ondersoek en hanteer moet word.
    Wat by Oudtshoorn Munisipaliteit gebeur raak elke inwoner aangesien dit ons belastinggeld is wat vermors raak deur verkeerde besluite. Geld wat die Raad en amptenare op ‘n eerlik en verantwoordelike manier moet gebruik en waarvoor daar rekenskap gegee moet word. Kyk hoe lyk dit in ongeveer elke Munisipaliteit in ons land waar die gemeenskap daagliks in opstand kom oor korrupsie, wanadministrasie en swak dienslewering wat die verantwoordelikheid van die plaaslike owerheid is.Gaan ons op Oudtshoorn dan langer toekyk dat ons dorp verder agteruit gaan en ons ook een van die dorpe raak waar daar geen basiese dienste gelewer word nie omdat daar geen fondse is nie. Hoeveel word jaarliks onnodig gespandeer op regskostes, skeidings pakkette en mense wat met betaling vir maande geskors word en dan agterna ‘n skeidingspakket ontvang of net weer sy werk hervat. Hoeveel arm mense kon nie met hierdie geld wat onnodig vermors is gehelp gewees het nie.

  7. *wonder*

    Wie is “julle” en wie is “ons mense”?

    Korrupte politici en amptenare “misbruik álmal”!

  8. @Jack, weet jy jy bevestig half wat ek vermoed het, ek wil dit net uit ons liewe redakteur se pen sien, eerstens dink ek moet die naam verander word want jy sien ek het geen probleem as hy krap nie, inteendeel ek sal hom aanmoedig as hy regverdig is, jy kan nie se “Oudtshoorn online” maar jy krap net sover as die dorp nie, Oudtshoorn begin nie by die polisie-kollege en eindig by die bult voor jy die afdelingsraad kry nie, ek sou dink dat hy teen die tyd al tot ‘n lugfoto van Odn sou he om te kyk waar hy oral kan krap, jy sien liewe Jack ek is geensins verbaas oor jou kommentaar nie, want jy sien ek, jy en die redakteur weet dat julle yntlik nie ‘n duit omgee of die armstes van armes lewe en of hulle dood nie, net soos al die jare gebruik en misbruik julle hulle net om julle eie agendas te dryf, nou jy sien liewe Jack, in my opinie is die site niks anders as ‘n boere-beweginkie in eie reg nie, en dis ‘n klug om dit Oudtshoorn Online te noem, ek sal vir die redakteur en sy volgelinge baie meer respek he as hulle wil se wie hulle wil wees, toe het ek nou gedink ek gaan my lyf nou die “wonderwerk” hou wat jy dink ek is dan sal ek dit so uit perporsie wil blaas (en ek maak dit my missie) om te boikot dat enige amptenaar by die munisipaliteit vir julle inligting gee, so het julle mos niemand om mee te speel nie, en die redakteur kan skryf ( o nee laat hy gerus voortgaan, hy se mos hy kan skryf) maar die moment hy die bewerings afmaak as feite hulle hom en julle so hard moet slaan met ‘n laster-eis dat hy nie weet of hy kom of gaan nie, en die moment as niemand hom antwoord nie gaan julle in die duister bly en moet julle ook hang aan bewerings, totdat hy vir ‘n kursus gaan in objektiwiteit sal dit my agenda wees, julle het lank genoeg ons mense misbruik, SIES julle is niks beter as korrupte amptenare!!

  9. Almal die OBV, Agri-Forum sal hierdie vergaan van ons dorp moet stop. Ons sal moet wakker wees vir verhoogde belastings hierdie jaar en dit met hand en tand beveg. Ons belastingbetalers kan n ie betaal vir skelms en onbevoegdes nie. Ons belasting is reeds hoog en baie mense sukkel. Burgerlike bewegings sal Oudtshoorn moet oorneem en die slegte politici weg jaag. Die meeste politici is deesdae ouens wat werkloos is en ja baas vir sy salarisie. Die trots om n politieke verteenwoordiger van jou kies afdeling te wees het met die ANC regime verdwyn.

  10. OO dit is verstaanbaar en voor die handliggend dat Oudtshoorn se infrastruktuur in ‘n patetiese toestand is en dat die munisipaliteit nie geld het vir die herstelwerk nie. Dit is ontstellend dat die politieke leiers nie kon sien dat jy nie nie net onbevoegde persone kan aanstel en dan weer binne ‘n paar maande van hulle onslae moet raak teen groot koste ( miljoene) nie. Het hulle werklik gedink die skatkis gaan nie opdroog nie , een van die dae sal hulle vir hulle skuldeisers ” I OWN YOU ” briefies moet gee. Wanneer gaan die Raadslede besef hulle kan nie na elke Raadsvergadering lekker eet en drink nie.Dit hulle nie meer wanbestuur en korrupsie kan bekostig nie want een van die dae is hulle sonder werk en ‘n inkomste. Die uurglas het leeg geloop en tyd vir omdraai is lankal verby om Oudtshoorn van ondergang te red, die vraag is net wanneer.

  11. Keep all paid public representatives ACCOUNTABLE of hul moet hul goetertjies vat en LOOP, eerder die aftog blaas !
    Eise teen hul gaan nog lank na hul publieke fiasco’s opspraak maak, hou OO dop !!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s